Ek haat globalisering!

Soveel dinge het verander,vandat die mens mobiel begin raak het.Skaars ‘n eeu gelede was ‘n motor en vliegtuig nog vreemde rygoed.Toe ek ‘n kind was,was Jan Smutslughawe(intussen verander na Johannesburg Internasionaal en nou bekend as Oliver Tambo Internasionaal)net ‘n klein geboutjie in ‘n oop veld vêr buite Johannesburg.

Daar was bitter min vlugte buiteland toe en die enkele binnelandse vlugte was beperk tot Kaapstad en Durban met melktreinstoppe op Bloemfontein en Kimberley.Ek onthou my eerste vlug was in ‘n Dakota…so ‘n skuins vliegtuig op die nat koue aanloopbaan…vêr gevlieg…Kimberley toe!Ek was omtrent so drie jaar oud.Dit het ‘n geweldige indruk op my gemaak,veral toe die huise soos pophuisies uit die lug gelyk het.

Later is die lughawe vergroot en dit was ‘n heerlike Sondagverdryf om in die lughawerestourant (die enigste een en baie grênd )te gaan eet en te kyk hoe die vliegtuie opstyg en land.Lugwaardinne en vlieëniers het status gehad,want dit was ‘n hemelse werk en passasiers was spesiaal en besonders,want dit was nie elkeen beskore om te vlieg nie,veral nie oorsee nie!

Ek onthou hoe ons na skyfievertonings van familie en vriende se oorsese toere genooi is en aan die gelukkiges se lippe gehang het,terwyl hulle vertel van vêrre lande en vreemde kulture.

Nou in die hede,is mense wêreldwyd binne sekondes in verbinding.Om te vlieg is nie meer snaaks nie en enige lughawe is soos ‘n besige treinstasie…niks romanties of besonders meer nie.Jongmense soek avontuur,gesinne immigreer na beter weivelde en gemeenskappe verander en voel bedreig deur nuwe inkomelinge met ander gewoontes en kulture.Onrus begin broei en rassisme steek kop uit.

Bomme word geplant om mense vreesbevange te maak.Groepe wil die wêreld beheer op hulle voorwaardes.Waar vreemdes nou meerderhede word,word bestaande ou kulture onderdruk en met politieskorrektheid gedwing om stil te bly en indringers terwille te wees.Die hele wêreld is besig om sienderoë te verander…binne ‘n kort tyd!

My hart is vanaand baie seer…twee van my kinders het vandag..toevallig op dieselfde dag..die niet in verdwyn!Een is vanmiddag twee-uur vort en die ander een vertrek vanaand sewe-uur.Hulle het groener weivelde gaan soek.Ek haat globalisering,want dit skeur families uit mekaar en bring net hartseer.

Môre voel ek weer beter….

Advertisements

44 thoughts on “Ek haat globalisering!”

    1. Dankie Hester!Gelukkig kan mens maklik kommunikeer,soos jy daar sê.My pa het in 1936 na SA immigreer,vanaf Nederland.Daar was geen telefoon of lugpos nie,net ‘n posboot wat vier weke heen en terug gevaar het.Dit moes baie erg vir hom en sy familie gewees het!

      Liked by 1 person

  1. Ons het in n ander wêreld grootgeword, maar dis die kern van evolusie, Dinge verander en jy moet aanpas of uitsterf. Ek is baie jammer vir jou maar ek dink dis baie van ons tydgenote wat nou hierdie dinge saam ervaar. Bly hulle hier dan is jy altyd angstig. Sou ek wou dat my kinders hier woon? Eintlik nee.
    Sou ek sou dat hulle Europa of Engeland toe? Ook nee want die groot probleme lë om die draai.So daar bly min plekke oor helaas. Maar die grootste ding is om jou geld te beveilig dit maak nie saak waar jy woon nie.As ons jonger was het ek verseker vir n groenkaart aansoek gedoen, My dogter het maar die probleem is S A dokters en spesialiste nie daar kan praktiseer tensy hulle van vooraf eksamen skryf nie.
    Die keuses is uiters moeilik – ons ouers het dit nie veel gehad nie. maar hulle het weer ander probleme ervaar.
    Ek is net bly ek is nie meer n kleuter nie.
    *drukkie*

    Like

    1. Dankie vir die drukkie.Ek weet al hierdie dinge,maar dit bly erg,veral as ek sien hoe hartseer hul ouma en my ander twee kinders was.Ouma weet sy gaan hulle nooit weer sien nie.Dis so finaal.

      Like

  2. Sterkte
    Angst voor geweld ligt tegenwoordig overal op de loer.
    Ik herken de romantiek van een klein en overzichtelijk vliegveld.
    De vreugde van verre en spannende reizen is verdwenen.
    De meeste vluchten gaan goed, heel goed.
    Maar die enkele keer dat er iets misgaat blijft langer hangen.

    Gelukkig brengt onze techniek ook videoboodschappen, emailberichten en meer. Veraf wordt daardoor toch weer dichterbij.

    Vriendelijke en opbeurende groet,

    Liked by 1 person

    1. My kinders se lewens is gereduseer tot elkeen een tas vol klere en ‘n handbagasie met elektronika…ek dink dit was vir hulle ook bevrydend op ‘n manier…vry van al die aardse goed wat mens soms so vashou.Nou is eenvoud hul voorland.

      Liked by 1 person

  3. Ai, sterkte. Dis swaar. Ek dink dis altyd moeiliker vir die mense wat agterbly want hulle voel die leemte meer terwyl die wat weggaan besig is met nuwe ervaringe. Ons ouers kry oor swaar met die dat ons ver woon. My oupa en ouma aan my Ma se kant het altwee met hulle ouers uit Nederland na Suid-Afrika geïmmigreer toe hulle jonk was. Hulle het dieselfde vertel van ‘n bootreis en kommunikasie per baie stadige pos.

    Liked by 1 person

  4. Gelukkig met vandag se tegnologie kan mens goed kontak behou Dina. Ek hou nie daarvan om jou hartseer te sien nie. Wens ek was daar om jou net ‘n drukkie te gee. Jy is reg oor die wêreld en mense wat so verander het. Dit is maar hartseer. Ek dink aan jou. ♥

    Liked by 2 people

  5. Hou in gedagte ons voorouers het ook land verlaat en Suid-Afrika toe gekom (destyds kolonies). Die verskil tussen toeka se dae en vandag is mens kan daagliks kontak hou bv Skype of as die oomblik aanbreek op die ystervoël klim en binne 24 uur is mens weer bymekaar. Maar ek weet wat jy bedoel, ons het dit aan ons ouers gedoen (net tydelik in werks hoedanigheid) en nou hoekom kuier ons in Switserland? Toerisme? Glad nie dit nie, net om by die kinders te wees.

    Liked by 1 person

  6. Ek huil saam met jou. Myne gaan net oor die bult en ek huil al weke aan mekaar. Hoe erg moet dit nie vir julle wees nie!

    Ja, in die ou dae was die lughawe iets uit ‘n ander wêreld. Nou is alles agter glas, ‘n stad op sy eie.

    Liked by 1 person

  7. Ek voel ook soos jou oor globalisering. Altyd gedink dit moet erg wees as jou kinders oorkant die see gaan bly…. en nou lyk dit my staar dit ons ook in die gesig. Sterkte daar!!!

    Liked by 1 person

  8. Ai Bytjie ek voel jou seer. So baie sterkte vir die verlang. My jongste dogter was vir vier en ‘n half jaar in London. Gelukkig is sy nou al ‘n paar jaar terug, maar haar hart verlang steeds terug. Dit was ‘n wonderlike ervaring en voorreg wat sy kon geniet. Ek onthou hoe ek verlangend na elke boeing gekyk het en gewens het daai groot voël bring my kind terug!!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s