Sommer nog ‘n storie

Hy was van kleinsaf ‘n sensitiewe kind.Harde geluide en bangmaakmusiek het hom vreesbevange gemaak.Tog was hy besonder slim en kon al op twee jaar sing en versies opsê,so oulik,dat mens hom kon opvreet.

Sy eerste skooljare het goed gegaan en sy rugbyloopbaan is genadiglik in standerd een kortgeknip,nadat hy sy tong middeldeur gebyt het in ‘n wedstryd!Die slimme kind het gereeld eerste in sy klas gestaan en met redenaars en voordrag het hy goed presteer.Hy het selfs die hoofrol gespeel in sy skooltjie se operette.Praat kon die mannetjie goed doen en het provinsiaal deelgeneem aan redenaarskompetisies toe hy nog op laerskool was.

Sy hoërskoolloopbaan het maar met tiener stampe en stote gegaan en soms was daar maar vreemde siele wat in sy vriendekring rondgehang het.Hy was altyd een van die “uncool”groepie,maar dit het hom nie afgesit nie.Hy kon sy man goed staan en het selfs geveg vir sy afvlerkvriende se reputasies,wanneer dit nodig was.

Na skool het hy nie eintlik geweet wat om te doen nie en vir ‘n kursus ingeskryf,waaroor hy nie seker was nie.Bolangs het alles goed gelyk,maar tekens van depressie het nou al stewig begin kop uitsteek.Soms het hy woedende verse in ‘n geheime dagboek uitgekrap…so erg,dat daar gate in die bladsye was.Van die verse was so intens en hartroerend,dat sy ma wat eendag daarop afgekom het,haar lam geskrik het.Sy het in ‘n totale staat van ontkenning ingegaan en gehoop dinge waai oor.

Tot een Saterdagmiddag…haar foon het gelui en aan haar seun se stem kon sy hoor daar is groot fout.Sy het nie eers geskrik nie,want die wete het withelder voor haar opgevlam!Die leë bottel pille,die stotterende stem,die smekende oë,die jaag na die hospitaal,die maaguitpomp…sy het geweet dit sou eendag kom!Sy pa het onder ‘n boom in ‘n parkie gaan sit en huil en ‘n eed gesweer dat hy almal wat sy seun veroordeel,persoonlik sal bydam.

Sielkundige behandeling,antidepressante,mooi woorde en aanmoediging,was slegs pleisters op ‘n diep etterende wond..die wond van vertwyfeling,selfhaat,verwerping,veroordeling deur ‘n eng godsdienstige samelewing….want hy was gay!Hy het nie gekies om so te wees nie,sy lewe lank gewroeg met die geheim in sy hart en alles probeer om daarvan weg te skram…selfs die ondenkbare selfmoord sou verligting bring en ‘n einde maak aan sy persoonlike hel op aarde.Alles skreeu uit in daardie neergepende gedigte in ‘n vuilgevatte,donkie-oor skryfboek.

Sy ouers het heimlik geweet,maar dit nooit aan hulself erken nie.Sonder omhaal is hy met liefde aanvaar net soos hy is.Sy familie het nie ‘n oog geknip nie en vriende wat hom lank ken het hom net ondersteun met liefde.

Uiteindelik het hy geluk gevind en hy en sy lewensmaat van veertien jaar,is in die eg verbind!

Hierdie is blote fiksie,maar toegewy aan alle gays en twee baie besondere mense.

 

Advertisements

44 thoughts on “Sommer nog ‘n storie”

    1. Dit was ‘n lang moeilike pad wat gelukkig uitgedraai het.Almal se verhaal eindig nie mooi nie…verwerping deur ouers en samelewing,verdowingsmiddels en drank om die pyn te smoor,geslaagde selfmoord….tragies!

      Liked by 1 person

  1. As iemand wat die trotse oom is van ‘n homoseksuele broerskind is ek dankbaar vir jou skrywe. Homoseksuele mense word so lelik afgeknou deur mense wat geen respek vir ‘n ander se leefwyse het nie. Ek is dankbaar dat my nefie, toe hy uit ‘die kas’ geklim het, net liefde en aanvaarding by ons familie gekry het. Ek het baie mense ontmoet wat nie so gelukkig was nie. Fantastiese skrywe!

    Liked by 1 person

  2. My broer se skans teen die emosionele pyn van sy andersheid was om die beurt drank en dwelms. Hy het sy aansienlike erfporsie so deurgebring, plus boonop nog n hoop skuld aangegaan . . . en ek was deel van die oorsaak daarvan.
    Hy het man alleen na ‘n vreemde dorp getrek, homself gespeen van sy verslawings en ‘n nuwe begin loop maak. My broer is meer van ‘n “man” as die meeste wat ek ken, en ek is trots (en ‘n bietjie jaloers) om hom broer te noem. Hy is ‘n yster. Vandag kom ons baie goed klaar, en die verlede is agter ons, maar ek sal altyd ‘n bietjie van ‘n skuldgevoel hê. Ek het twee jaar uitmekaar selfs daaroor geskryf.
    https://korrelkopkahuna.wordpress.com/2009/09/21/as-jou-broer-gebuig-is/
    https://korrelkopkahuna.wordpress.com/2011/09/06/sirkels/

    Liked by 1 person

  3. Jou skrywe vertel ‘n verhaal wat in baie huise afspeel. Nie almal eindig egter so mooi nie. Ek het self ondervinding van ontkenning in so ‘n situasie. Om iets wat mens nie wil aanvaar en in die oë kyk nie, is baie pynlik, maar op die ou end besef mens jy kon die lewe vir jouself lankal soveel makliker gemaak het deur die ‘kannie wees’ situasie aan te pak, daar deur te werk en te aanvaar en rustig veder te geniet wat die lewe en jou mense jou bied. Mens kompliseer alles vir jouself terwyl dit soveel makliker is om alles met ‘n oop gemoed te verwerk. Maar ongelukkig, of gelukkig??? moet mens eers deur die storms van jou lewenswandel woed om te besef……chill tog net en aanvaar en wees jou eie mens…

    Liked by 1 person

  4. Ek moet sê dat ek meer hoop het vir die nuwe generasie se mense en ek glo dat aanvaarding beter gaan kom soos die tyd aangaan. Die seerkry van die ouer generasies se oordeel oor baie dinge was en is regtig so onnodig. My dogter het nou die dag, met die kerk se debatte oor gay-wees, vir my genoem dat sy nie eers geweet het dat die kerk ‘n “probleem” met gay mense het nie. Dit was mos maar altyd so half onder die mat ingevee. Daai ding wat jy van weet, maar nie oor praat nie.(Ek moet ook noem dat ons kerk aanvaar alle mense sonder oordeel, so ons kinders ken dus nie die skeiding van mense volgens mensgemaakte ‘kategorieë’ nie). Maar o jitte – ons het ook ‘n familielid wat baie gelukkig is in ‘n gay verhouding en die oumense bly ook glo dat sy net die regte man moet ontmoet, dan sal dit weggaan. Dis glo sommer net “geite”. Ek wens soms ek kan hulle net so bietjie skud dat hulle kan wakker word.

    Liked by 1 person

  5. Presies soos dit is. Mooi geskryf. My lewensjare gaan al bietjie ver in jare maar die hartseer wat so n mens deurmaak is onbeskryfbaar. Die samelewing is wreed. Tog is dit of daar n ooper gevoel deesdae is van aanvaarding. Daarteenoor is daar steeds duidelike afkeur by baie jong kinders. Alles kom tog maar uit die ouerhuis uit. Noudat ek weer met jonger kinders werk is daar tog duidelike aanvaarding tot op n punt en dan is daar tog ook weer die houding van afkeur of verwerping deur maats ook te bespeur. Ek het trauma-berading met veral tieners gedoen. Verwerping deur maats is meestal die begin en grootste oorsaak van depressie.

    Liked by 1 person

    1. It is Afrikaans.It really doesn’t matter if you cannot follow my blog.I do post a lot of nature photographs though,for which you don’t really need to understand any language.I am any way interested in your blog so I shall follow you!

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s