Dis die klein dingetjies..

wat ons soms ontglip.As jy egter stil sit en rondkyk om jou,gebeur daar nogal baie.Ek het een middag net op die houtplatvormpie voor ons huisie gesit en die volgende waargeneem,sonder om ‘n voet te versit:

IMG_4292
Laaste blommetjies voor die ysige winterkoue.
IMG_7399
Wie sou kon dink dat ‘n nare plantjie soos ‘n dubbeltjie,so ‘n mooi blommetjie het.Toevallig was daar ‘n veertjie ook verstrengel in die ruwe blare.(Tribulis zeyheri).
IMG_4194
Met uitgerafelde toiingrige vlerkies,geniet sy die laaste strale van die skraal middagsonnetjie.
IMG_6741
Nog ‘n klein besoekertjie op my stoep,is liewe klein baardmannetjie.Dis ‘n piepklein voëltjie,slegs 10cm en weeg 9-13g.(Scaly-feathered Finch).
IMG_6745
Baardmannetjie se nes.Duidelik nie deur hom gebou nie…soms trek hulle in ander voëls se neste in.Hierdie lyk soos ‘n koringvoël se nes,maar die paartjie het dit oorgeneem!Hul eie nessies is rond met ‘n klein tonneluitgang.
IMG_4253
Sommer net verras deur hierdie pragtige wesentjie.
IMG_7515
Gemsbok Komkommer(Acanthosicyos naudinianus)
IMG_4205
Nog ‘n besoekie van die pragtige dame.
IMG_7510
Gemsbokkomkommer van naby.
IMG_4202
Hierdie mooi outjie was die toppunt van ‘n heerlike middag op ‘n stoepie in die Kgalagadi!

 

Advertisements

Stokkies..

die stokstertmeerkat staan vroegoggend kiertsregop en bekyk die omgewing vanaf die hopie grond net buite sy gaatjiehuisie.Die outjie moet eers die wêreld goed bespied,want nare jakkalse,katte van alle soorte en selfs die skerpklou gevleueldes van die lug,kan sy kersie vinnig snuit!

IMG_4472_edited-1
Terwyl hy sy pensie warm bak in die vroegoggend son,maak hy seker dat geen gevaar dreig nie.
IMG_4464_edited-1
Kyk eers regs….
IMG_4432_edited-1
Dan weer links…
IMG_4439_edited-2
Draai die lyfie honderd-en-tagtig grade regsom…die voetjies bly stewig geplant.
IMG_4433_edited-2
Dan weer honderd-en-tagtig grade links om.
IMG_4503_edited-1
Sussie Graatjie staan op die flanke en help vir Stokkies om vroegtydig gevaar te bespied.

Stokstertmeerkatte leef in groepe van 5 tot 40,maar gewoonlik 8 tot 15.Dis ‘n baie sosiale diertjie en eintlik is dit nie ‘n goeie idee om hom as troeteldier aan te hou nie.Leef hoofsaaklik van insekte en ander ongewerweldes,maar sal ook reptiele en voels eet.

Hul status is tans bedreigd in sekere areas,veral waar droogte heers en wanneer hulle opgemerk word,moet dit aangemeld word.Hulle is egter nie op die lys van erge bedreiging nie en kom steeds wyd verspreid voor in Suidelike Afrika.

Wat sien ek daar..?

Na ‘n wonderlike twee weke in die Kgalagadi-Oorgrenspark,is ek weer terug om  die wonder van daardie ongelooflike plek,met julle te deel.

Dis ‘n omgewing wat immer verander.Dis nooit dieselfde nie.Verlede jaar toe ons daar was,was dit bitter warm en kurkdroog en die rooi sandduine was amper kaal.Hierdie keer was dit ‘n totale verrassing…na genoeg somerreën,is die veld oortrek met gras en plante. Oral is blomme en nog enkele skoenlappers wat die naderende byt van die winter tot dusver oorleef het.

Die diere is vet en gesond en om elke draai staan troppe rooihartbeeste,springbokke en blouwildebeeste…om nie eers te praat van koning leeu en sy vrouens nie!

Ek skop af met my gunsteling dier…die stille atleet van die vlaktes.

IMG_7250_edited-1
Wat sien ek daar…seker weer ‘n boomstomp!
IMG_7276_edited-1
Toe nou nie!Die pragtige kat verskyn uit die gras.
IMG_7273_edited-1
Hy kom al nader,teen die middagson.
IMG_7268_edited-1
Die jagluiperd is die vinnigste landdier en kan ‘n spoed van tot 70 kilometer per uur handhaaf oor kort afstande.Honderd kilometer per uur is ook al gemeet!
IMG_7278_edited-1
Hier is hy in sy volle glorie…die mooiste kat op aarde!

(Hierdie blog is veral vir Hanneliese en Wolfie).

 

Droogte…

is ‘n hartseerding!Suidelike Afrika is in die wurggreep van ‘n erge droogte en ons as stadsmense kom dit nie werklik agter nie.Ons koop steeds ons stukkie vleis en groente in die winkel,drink ons bier,wyn en melk en is salig onbewus van die werklike erns van die saak.

Waar dit werklik op die been sny en mens tot besinning skud,is wanneer jy by die wildeperde van die Namib ‘n draai maak.Hier is oorlewing ‘n felle stryd.Tans is daar glo net 160 oor en in die laaste drie jaar het geen vulletjies oorleef nie.Die hienas slaan ook toe en vreet die verswakte perde.

Daar is vrywilligers wat help om die perde van voer te voorsien,asook ‘n fonds waar mens geld kan skenk.

Ons was vier jaar gelede daar en ek het al oor die perde geblog.Ek plaas weer foto’s vir my nuwe blogvriende.

_B0O3927b_B0O4286b_B0O4257bIMG_3873_B0O4138b_B0O4058b_B0O3973b_B0O4024b_B0O4020b_B0O4064b

Hierdie pragtige diere,wat vir baie jare die woestyn kon troef,is tans in groot moeilikheid!

Lees gerus die verhaal van die perde hier: https://perdebytjie.wordpress.com/2012/01/20/die-wildeperde-van-die-namib/

 

‘n Briefie in ‘n ou boekrak.

Gister breek ons die ou boekrak in ons TVkamer uit.Ons woon al 30 jaar in hierdie huis en het die huis gekoop met die einste rak.Dus is dit omtrent al veertig jaar oud.Daar was ‘n effense oomblik van hartseer en nostalgie,maar die vooruitsig op meer ruimte en iets nuuts,het my gou opgebeur!

Nadat die hele spul uitgebreek is en die stof effens gaan lê het,sien ek ‘n opgevoude papiertjie tussen die splinters en hout lê.

Ek herken dadelik die skrif as dié van my middelste dogter,toe sy klein was.Ek lees en die trane rol sommer….sy is duisende kilometers van hier af in ‘n vreemde land,maar ‘n vergete briefie van ‘n langvervloë kindertyd het haar vir ‘n oomblik styf teen my aangedruk…

image
Dié briefie het nou ‘n ereplekkie tussen al my kinders se “kunswerkies” en skryfgoedjies van lankgelede!