Gister breek ons die ou boekrak in ons TVkamer uit.Ons woon al 30 jaar in hierdie huis en het die huis gekoop met die einste rak.Dus is dit omtrent al veertig jaar oud.Daar was ‘n effense oomblik van hartseer en nostalgie,maar die vooruitsig op meer ruimte en iets nuuts,het my gou opgebeur!
Nadat die hele spul uitgebreek is en die stof effens gaan lê het,sien ek ‘n opgevoude papiertjie tussen die splinters en hout lê.
Ek herken dadelik die skrif as dié van my middelste dogter,toe sy klein was.Ek lees en die trane rol sommer….sy is duisende kilometers van hier af in ‘n vreemde land,maar ‘n vergete briefie van ‘n langvervloë kindertyd het haar vir ‘n oomblik styf teen my aangedruk…

Ag dit is so kosbaar!
LikeLiked by 1 person
Ja Dirkie…dan besef mens eers hoe gou die tyd verby gegaan het en hoe mens elke dag moet waardeer!
LikeLiked by 1 person
Dit sou my ook met ‘n traan gelaat het…
LikeLiked by 1 person
En nou is die nes baie ver.
LikeLiked by 1 person
Heeltemal té vêr!
LikeLike
Ag dis spesiaal!
LikeLike
Ag kostelik… ek is seker jy gaan dit raam vir jou studeer kamer…. soms vind ons uit dat tydkasules in boekrakke sit en nie in die grond nie… ne 😉
LikeLiked by 1 person
Ons het die hele boekrak leeggemaak en die papiertjie het iewers tussen die hout ingeval…dis amper soos in ‘n fliek…iets van iemand wat jare later gekry word en ‘n storie kan vertel.
LikeLiked by 1 person
Ja dit het ‘n fliek gevoel
LikeLiked by 1 person
ontroerend mooi, perdebytjie!
wat een kostbaar kadootje, zomaar verstopt tussen de spleten.
moet je niet snel nog wat uitbreken?? 😉
LikeLiked by 1 person
Alles is uitgebreek…geen verdere skatte😞😄
LikeLike
Leuk!
Zonnige groet,
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer,Rob!
LikeLike
Dit moet jy raam!
LikeLiked by 1 person
Dit gaan ‘n spesiale plekkie kry!
LikeLiked by 1 person
Dis so spesiaal !
LikeLiked by 1 person
Dankie!
LikeLike
Ai moeder! So spesiale geskenkie jare vantevore spesiaal vir jou weggesteek om nou te ontdek!
LikeLiked by 1 person
Ja en dis amper moedersdag!
LikeLike
Dit is te pragtig en dan nog so spesiaal na amper 40 jaar!. Ek kan my indink dat jy ekstra verlang veral omdat sy so ver weg is ook.
LikeLike
hoe een kapotte kast zo’n mooie herinnering in de vorm van dit briefje terug naar boven kan laten komen.
LikeLiked by 1 person
Dit was ‘n heerlike verrassing!
LikeLiked by 1 person
Zeer mooi !
LikeLiked by 1 person
Baie dankie!
LikeLike
Kosbaar
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het!
LikeLike
Begrijpelijk dat de tranen beginnen te rollen zeker als de kinderen zo ver uitgeweken zijn.En de tijd die vliegt.
LikeLiked by 1 person
Die tyd het heeltemal te vinnig gevlieg,hoor!Dankie dat jy kom lees het.
LikeLike
Shoe… drome vlieg ver! 😉
LikeLiked by 1 person
Ja,drome van lank gelede.Dankie vir inloer.
LikeLike