is ‘n hartseerding!Suidelike Afrika is in die wurggreep van ‘n erge droogte en ons as stadsmense kom dit nie werklik agter nie.Ons koop steeds ons stukkie vleis en groente in die winkel,drink ons bier,wyn en melk en is salig onbewus van die werklike erns van die saak.
Waar dit werklik op die been sny en mens tot besinning skud,is wanneer jy by die wildeperde van die Namib ‘n draai maak.Hier is oorlewing ‘n felle stryd.Tans is daar glo net 160 oor en in die laaste drie jaar het geen vulletjies oorleef nie.Die hienas slaan ook toe en vreet die verswakte perde.
Daar is vrywilligers wat help om die perde van voer te voorsien,asook ‘n fonds waar mens geld kan skenk.
Ons was vier jaar gelede daar en ek het al oor die perde geblog.Ek plaas weer foto’s vir my nuwe blogvriende.
Hierdie pragtige diere,wat vir baie jare die woestyn kon troef,is tans in groot moeilikheid!
Lees gerus die verhaal van die perde hier: https://perdebytjie.wordpress.com/2012/01/20/die-wildeperde-van-die-namib/
Baie mooi foto’s Dina. Met hierdie jaar se erge droogde sukkel die perde nog meer. Hulle word gevoer maar dit is nog steeds te min. Hoop maar net, ‘n paar van hulle sal oorleef om hul gene in beter jare weer voort te sit.
LikeLiked by 1 person
Ja,die genepoel is baie klein as daar na bewering net 160 oor is!Dit sal bitter hartseer wees,want dis een van die aantrekkingskragte van Suid-Namibie.
LikeLike
Droogte, regen, kou of warmte het is ongelijk verdeeld.
Vriendelijke groet,
LikeLiked by 1 person
Ja,dit kom in siklusse vanaf die vroegste tye en dis maar hoe dit is.Mens kannie teen die natuur veg nie.Dankie vir inloer,Rob.
LikeLiked by 1 person
Ek het met die omgewingspraatjie gehoor dat droogte die roofdier laat vinniger aanteel omdat daar soveel swak dier is om te eet…
LikeLiked by 1 person
Ek het ook al so iets gelees, ja
LikeLiked by 1 person
Dis waar…wanneer daar weer te veel roofdiere is en die kos raak minder,kry hulle weer swaar…dis heeltyd ‘n fyn balans.Mens moet nooit die natuur se maniere bevraagteken nie.”There’s method in the madness!”
LikeLiked by 1 person
Dis net di9e heel beskaafde mens wat die heel tyd inmeng!
LikeLiked by 1 person
Mooi fotos, ek het nou eers gaan oplees oor die perde
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n besondere verhaal…as jy al daar was…mens kan nie glo dat hulle in so ‘n omgewing kan oorleef nie!
LikeLiked by 1 person
Mens vergeet dat alle perde eens op ‘n tyd wild was. Honde en katte ook. Mense nog steeds 😀
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam,veral oor die mense!!
LikeLiked by 1 person
Baie hartseer om dit te hoor. Weet jy miskien wat van Barberton se wilde perde geword het? Hul het op n stadium ook n reddingspoging daar gedoen, Dis darem nie lekker om sulke pragtige diere te sien wegkwyn nie. Jy het n paar mooi fotos geplaas. Egte perde-maniere!
LikeLiked by 1 person
Dit gaan heel goed met hulle en hulle bly min of meer in die omgewing van Kaapsehoop.Daar is blykbaar so 200 en sterftes van perdesiekte kom gereeld voor.Blykbaar het sommige ‘n goeie weerstand daarteen opgebou.Dis interessant om te sien hoe goeie gene op die end,keer dat uitwissing plaasvind…natuurlike seleksie op sy beste!
LikeLike
Adembenemend, die foto’s.
Wij dromen er al jaren van om eens naar Zuid Afrika te reizen, en volgend jaar is het eindelijk zover.
In afwachting wordt ook jij gelezen in Vlaanderen :).
LikeLiked by 1 person
Dis wonderlik…jy kan nog teruglees op my blogs vir baie meer info,veral oor Namibië en wildtuine in SA.
LikeLike
Het wordt een georganiseerde rondreis, maar toch zal ik eens rondneuzen in je weblog om meer over je prachtige land aan de weet te komen.
LikeLiked by 1 person
Lovely pictures 🙂
LikeLiked by 1 person
Thank you for visiting my blog!
LikeLike
Pragtige foto’s, maar jis dis hartseer 😦
LikeLiked by 1 person
Die perde het al voorheen swaar getrek,maar daar is altyd mense wat sorg dat hulle deur die krisis kom.Ons hoop maar dat hulle hierdie keer ook oorleef,want hul getalle is baie min!
LikeLiked by 1 person
My dogter hulle het so ‘n groot tv skerm teen die muur waarop hulle fotos die hele tyd wissel. Sien toe daar ‘n pragtige fo0t van wildeperde. Sy vertel toe dit is in die Namib en so ‘n pragtige gesig om te sien. Hoop werklik hulle oorleef.
LikeLiked by 1 person
Ons hou maar duim vas!
LikeLike
Hoop dat het gauw wat regent bij jullie voor de natuur,de dieren,mensen en zeker de paarden.
LikeLiked by 1 person
Ons is al ‘n hele ruk in ‘n droogtesiklus en dis kommerwekkend.Ons hoop dat dinge sal beter word.
LikeLike
wij zagen de grote droogte toen wij op rondreis waren doorheen zuid afrika! vreselijk om zien hoe bv heel wat rivieren poederdroog stonden!
ik hoop dat er heel snel verandering in komt, perdebytjie, voordat het uitdraait op een échte catastrofe! 😥
LikeLiked by 1 person
Daar is dele wat nou heelwat reën gekry het en aan die ooste van die land in Durban omgewing spoel hulle weg…heelwat mense is dakloos gelaat.SA het altyd twee uiterstes…te droog,te nat!Ons weet egter dat water altyd skaars is…van kleinsaf geleer om nie te mors nie.
LikeLike
vergeet ik nog te vertellen hoe prachtig ik jouw foto’s vind! 😉
LikeLiked by 1 person
Baie dankie,ek waardeer dit en geniet jou pragfoto’s ook geweldig!
LikeLike
Is waar wat jy se van stadsmense… dis eintlik hartseer dat stadsmense so min betrokke is en so min bewus is van wat werklik aangaan. Die arme perde en dit is SO mooi.
LikeLiked by 1 person
Omdat ons so van die werlikheid verwyder is,is dit moeilik vir ‘n stadsmens om hom in te dink in die droogte,want alles is dan nog net soos voorheen…kos op die rakke…net duurder.
LikeLiked by 1 person
Hulle klink omtrent soos die apies. Kom en gaan waar daar water en kos is. Te pragtig Dina en die mooiste foto’s ooit! Dis ‘n jammerte dat hulle so sukkel om te oorleef. Laat my wens ek was ‘n biljoenêr sodat ek kon help. Ek hoop hulle oorleef. Dankie vir die deel. ♥
LikeLiked by 1 person
Dis verstommend hoe vêr hulle daagliks moet stap om gras te kry…dis nou wanneer dit nie so droog is nie.Tans word hulle gevoer.
LikeLiked by 1 person
Ag, dis dierbaar dat die mense daar soveel omgee vir hulle. Dit troos darem baie. 😀
LikeLiked by 1 person
Aw, horses are men’s good friends. Thank goodness there are people who give some helping hands. Really, we city people are slow in being aware sometimes, especially when it comes to nature.
LikeLiked by 1 person
Droogte is iets verskrikliks wat ‘nmens nie sommer kan verduidelik nie.
Droogte vreet jou tot in jou siel. Dis nie net dat jy jou eie salaristjek gaan verloor nie, dis mense en diere in jou sorg wat van jou afhanklik is. Skape wat honger en dors blêr, wat jy nie net kan verkoop nie omdat hulle te maer is, omdat jy heeltyd hoop op reën. Dis mense wat moet salarisse kry, wat jy nie net kan laat gaan nie, waarheen gaan hulle?
Mag God ons land genadig wees.
LikeLiked by 1 person
Julle wat na aan die aarde leef,weet presies wat dit is!Het julle darem genoeg reën gehad? Ek kyk altyd na Bredasdorp wanneer hulle die weervoorspelling lees.
LikeLike
Ons het reën gehad waarvoor ons baie dankbaar is. Omdat ons grond mos maar vlak is, het ons nodig om gereeld reën te kry. Die reënseisoen het nou eers begin, so ons is vol verwagting. Ons het ‘n goeie somer agter die rug. Baie om voor dankbaar te wees!
LikeLiked by 1 person
Ek is bly om dit te hoor…skoon jaloers op daardie mooi wêreld van julle!
LikeLike
Dankie. Ons kry ook maar ons erge droogtes, maar was baie gelukkig die laaste tyd.
LikeLiked by 1 person
Dis die pragtigste diere, en die kontras met die barre woestyn laat dit nog meer uitstaan.
Hierdie droogte byt hard, en soos jy se, baie stedelinge gaan aan asof hulle van geen sout of water weet nie. Ek ry elke oggend deur Waterkloof oppad werk toe, en moet gereeld draaie ry om die strale van die sproeiers op die grasperkte te mis. Sies vir hulle!
LikeLiked by 1 person
Gelukkig het ons vandag hierdie heerlike deurdringende reën!Ek is so dankbaar daarvoor,al is dit ysig koud.
LikeLiked by 1 person