Droogte…

is ‘n hartseerding!Suidelike Afrika is in die wurggreep van ‘n erge droogte en ons as stadsmense kom dit nie werklik agter nie.Ons koop steeds ons stukkie vleis en groente in die winkel,drink ons bier,wyn en melk en is salig onbewus van die werklike erns van die saak.

Waar dit werklik op die been sny en mens tot besinning skud,is wanneer jy by die wildeperde van die Namib ‘n draai maak.Hier is oorlewing ‘n felle stryd.Tans is daar glo net 160 oor en in die laaste drie jaar het geen vulletjies oorleef nie.Die hienas slaan ook toe en vreet die verswakte perde.

Daar is vrywilligers wat help om die perde van voer te voorsien,asook ‘n fonds waar mens geld kan skenk.

Ons was vier jaar gelede daar en ek het al oor die perde geblog.Ek plaas weer foto’s vir my nuwe blogvriende.

_B0O3927b_B0O4286b_B0O4257bIMG_3873_B0O4138b_B0O4058b_B0O3973b_B0O4024b_B0O4020b_B0O4064b

Hierdie pragtige diere,wat vir baie jare die woestyn kon troef,is tans in groot moeilikheid!

Lees gerus die verhaal van die perde hier: https://perdebytjie.wordpress.com/2012/01/20/die-wildeperde-van-die-namib/

 

42 Replies to “Droogte…”

  1. Baie mooi foto’s Dina. Met hierdie jaar se erge droogde sukkel die perde nog meer. Hulle word gevoer maar dit is nog steeds te min. Hoop maar net, ‘n paar van hulle sal oorleef om hul gene in beter jare weer voort te sit.

    Liked by 1 person

    1. Dis waar…wanneer daar weer te veel roofdiere is en die kos raak minder,kry hulle weer swaar…dis heeltyd ‘n fyn balans.Mens moet nooit die natuur se maniere bevraagteken nie.”There’s method in the madness!”

      Liked by 1 person

  2. Baie hartseer om dit te hoor. Weet jy miskien wat van Barberton se wilde perde geword het? Hul het op n stadium ook n reddingspoging daar gedoen, Dis darem nie lekker om sulke pragtige diere te sien wegkwyn nie. Jy het n paar mooi fotos geplaas. Egte perde-maniere!

    Liked by 1 person

  3. Dit gaan heel goed met hulle en hulle bly min of meer in die omgewing van Kaapsehoop.Daar is blykbaar so 200 en sterftes van perdesiekte kom gereeld voor.Blykbaar het sommige ‘n goeie weerstand daarteen opgebou.Dis interessant om te sien hoe goeie gene op die end,keer dat uitwissing plaasvind…natuurlike seleksie op sy beste!

    Like

  4. My dogter hulle het so ‘n groot tv skerm teen die muur waarop hulle fotos die hele tyd wissel. Sien toe daar ‘n pragtige fo0t van wildeperde. Sy vertel toe dit is in die Namib en so ‘n pragtige gesig om te sien. Hoop werklik hulle oorleef.

    Liked by 1 person

  5. wij zagen de grote droogte toen wij op rondreis waren doorheen zuid afrika! vreselijk om zien hoe bv heel wat rivieren poederdroog stonden!
    ik hoop dat er heel snel verandering in komt, perdebytjie, voordat het uitdraait op een échte catastrofe! 😥

    Liked by 1 person

    1. Daar is dele wat nou heelwat reën gekry het en aan die ooste van die land in Durban omgewing spoel hulle weg…heelwat mense is dakloos gelaat.SA het altyd twee uiterstes…te droog,te nat!Ons weet egter dat water altyd skaars is…van kleinsaf geleer om nie te mors nie.

      Like

  6. Hulle klink omtrent soos die apies. Kom en gaan waar daar water en kos is. Te pragtig Dina en die mooiste foto’s ooit! Dis ‘n jammerte dat hulle so sukkel om te oorleef. Laat my wens ek was ‘n biljoenêr sodat ek kon help. Ek hoop hulle oorleef. Dankie vir die deel. ♥

    Liked by 1 person

  7. Aw, horses are men’s good friends. Thank goodness there are people who give some helping hands. Really, we city people are slow in being aware sometimes, especially when it comes to nature.

    Liked by 1 person

  8. Droogte is iets verskrikliks wat ‘nmens nie sommer kan verduidelik nie.
    Droogte vreet jou tot in jou siel. Dis nie net dat jy jou eie salaristjek gaan verloor nie, dis mense en diere in jou sorg wat van jou afhanklik is. Skape wat honger en dors blêr, wat jy nie net kan verkoop nie omdat hulle te maer is, omdat jy heeltyd hoop op reën. Dis mense wat moet salarisse kry, wat jy nie net kan laat gaan nie, waarheen gaan hulle?
    Mag God ons land genadig wees.

    Liked by 1 person

    1. Julle wat na aan die aarde leef,weet presies wat dit is!Het julle darem genoeg reën gehad? Ek kyk altyd na Bredasdorp wanneer hulle die weervoorspelling lees.

      Like

      1. Ons het reën gehad waarvoor ons baie dankbaar is. Omdat ons grond mos maar vlak is, het ons nodig om gereeld reën te kry. Die reënseisoen het nou eers begin, so ons is vol verwagting. Ons het ‘n goeie somer agter die rug. Baie om voor dankbaar te wees!

        Liked by 1 person

  9. Dis die pragtigste diere, en die kontras met die barre woestyn laat dit nog meer uitstaan.

    Hierdie droogte byt hard, en soos jy se, baie stedelinge gaan aan asof hulle van geen sout of water weet nie. Ek ry elke oggend deur Waterkloof oppad werk toe, en moet gereeld draaie ry om die strale van die sproeiers op die grasperkte te mis. Sies vir hulle!

    Liked by 1 person

Leave a reply to Thomas Pannenkoek Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +