Wat sien ek daar..?

Na ‘n wonderlike twee weke in die Kgalagadi-Oorgrenspark,is ek weer terug om  die wonder van daardie ongelooflike plek,met julle te deel.

Dis ‘n omgewing wat immer verander.Dis nooit dieselfde nie.Verlede jaar toe ons daar was,was dit bitter warm en kurkdroog en die rooi sandduine was amper kaal.Hierdie keer was dit ‘n totale verrassing…na genoeg somerreën,is die veld oortrek met gras en plante. Oral is blomme en nog enkele skoenlappers wat die naderende byt van die winter tot dusver oorleef het.

Die diere is vet en gesond en om elke draai staan troppe rooihartbeeste,springbokke en blouwildebeeste…om nie eers te praat van koning leeu en sy vrouens nie!

Ek skop af met my gunsteling dier…die stille atleet van die vlaktes.

IMG_7250_edited-1
Wat sien ek daar…seker weer ‘n boomstomp!
IMG_7276_edited-1
Toe nou nie!Die pragtige kat verskyn uit die gras.
IMG_7273_edited-1
Hy kom al nader,teen die middagson.
IMG_7268_edited-1
Die jagluiperd is die vinnigste landdier en kan ‘n spoed van tot 70 kilometer per uur handhaaf oor kort afstande.Honderd kilometer per uur is ook al gemeet!
IMG_7278_edited-1
Hier is hy in sy volle glorie…die mooiste kat op aarde!

(Hierdie blog is veral vir Hanneliese en Wolfie).

 

44 Replies to “Wat sien ek daar..?”

  1. Hy kyk jou sommerso reguit in die (kamera)oog. Dis darem ongelooflik hoe vinnig die veld kan herstel met ‘n paar druppels reën – die dankbare aarde het my pa dit altyd genoem. Ek hoop jy het lekker uitgespan en nog hope fotos geneem!

    Liked by 1 person

  2. Hello Perdebytjie, my Hollandse vriend beskryf die fotos meer dramaties mooi as wat dit in Afrikaans gaan klink. Maar wat my vanuit ‘n persoonlike hoedanigheid opgewonde maak – ek dink ek het pas my nuwe Theme ontdek – ek is op 2010 maar nie meer lank nie. Tyd om op te hou om in 2010 te lewe. 2014 hier kom ek!

    Liked by 1 person

  3. Fantastiese beskrywing en fotos!!!! Ek en Hanneliese gaan van 29 Junie af weg vir ‘n week… dalk kan ons jou ook kom verras met foto want ons gaan in ‘n natuur reservaat slaap!

    Dankie vir die opdra aan my en Hanneliese, ek voel sommer baie spesiaal!!!!!!!

    Liked by 2 people

        1. Ek was so lanklaas in daardie omgewing…jy sal my maar moet verras met ‘n goeie vertelling,wanneer julle terug is.Ek sien baie uit daarna…natuurlik ‘n foto ook van die wolf daar in die natuur!

          Liked by 1 person

  4. Hallo Bytjie😙 ons het die klap van jou vlerkies gemis!! Asemrowende foto’s baie dankie!! Groot waardering ook van my kant af…ek voel lekker bederf met die bederf wat Moeder Natuur julle laat beleef het. Die gras op die foto’s lyk of daar blinkertjies oor gestrooi is…..pragtig!!!! As ek moet kies tussen die katte in die natuur, kies ek koning leeu met sy indrukwekkende maanhaar en ‘n swart puma of panther is kort op die koning se hakke!!!

    Liked by 1 person

        1. Dit byt jou ore af,veral as jy kamp of in een van die boskampies se tente is.Die boskampe is vreeslik afgerem,maar word een vir een oor gedoen.Gharagab val uitmekaar en dit was nogal ‘n uitdaging om te stort!😬😬Urikaruus is pas heropen en Grootkolk is nou gesluit vir totale oordoen.Gharagab is volgende.Wonderlike nuus!

          Liked by 1 person

Leave a reply to giselzitrone Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +