Stokkies..

die stokstertmeerkat staan vroegoggend kiertsregop en bekyk die omgewing vanaf die hopie grond net buite sy gaatjiehuisie.Die outjie moet eers die wêreld goed bespied,want nare jakkalse,katte van alle soorte en selfs die skerpklou gevleueldes van die lug,kan sy kersie vinnig snuit!

IMG_4472_edited-1
Terwyl hy sy pensie warm bak in die vroegoggend son,maak hy seker dat geen gevaar dreig nie.
IMG_4464_edited-1
Kyk eers regs….
IMG_4432_edited-1
Dan weer links…
IMG_4439_edited-2
Draai die lyfie honderd-en-tagtig grade regsom…die voetjies bly stewig geplant.
IMG_4433_edited-2
Dan weer honderd-en-tagtig grade links om.
IMG_4503_edited-1
Sussie Graatjie staan op die flanke en help vir Stokkies om vroegtydig gevaar te bespied.

Stokstertmeerkatte leef in groepe van 5 tot 40,maar gewoonlik 8 tot 15.Dis ‘n baie sosiale diertjie en eintlik is dit nie ‘n goeie idee om hom as troeteldier aan te hou nie.Leef hoofsaaklik van insekte en ander ongewerweldes,maar sal ook reptiele en voels eet.

Hul status is tans bedreigd in sekere areas,veral waar droogte heers en wanneer hulle opgemerk word,moet dit aangemeld word.Hulle is egter nie op die lys van erge bedreiging nie en kom steeds wyd verspreid voor in Suidelike Afrika.

56 Replies to “Stokkies..”

  1. Of ons of vriende van ons het altyd een as troeteldier gehad, hulle is dierbaar, sjoe maar kan kwaai wees, veral met vrouens.
    Ek was nie bewus dat hull tans bedreigd is nie – dit is hartseer.
    Dankie vir die deel van die foto’s.

    Liked by 1 person

    1. Ek het weer gaan navorsing doen.Hulle is nie bedreigd nie,maar wel in areas waar daar droogte heers,verdwyn hulle.Dis hoekom mens hulle bv moet aanmeld in die Kgalagadi…veral verlede jaar toe dit so droog was.

      Liked by 1 person

  2. Joe hulle was op ‘n stadium amper ‘n plaag tydens die groot jakkals uitroei. Ek weet ook dat baie mense hulle op sig geskiet het omdat hulle gereeld hondsdolheid draers was en eierdiewe by uitstek

    Daar was ‘n reeks op TV wat die wel en wee van ‘n klompie gevolg het

    Liked by 1 person

    1. Hester ek het weer gaan oplees en gesien hulle is nie bedreigd nie…net in sekere areas waar droogte heers en hul habitat vernietig word.Dis darem ‘n verligting.Die verwarring het gekom omdat ons hulle verlede jaar in die droogte geteisterde Kgalagadi moes aanmeld.Hierdie jaar lyk dit beter.

      Liked by 1 person

  3. Ek vrek oor meerkatte…. jy het seker die meerkat gesien wat ek nou die dag op my blog gewys het wat ek en Hanneliese in die begrafplaas reg in die middel van Pretoria gekry het 🙂

    Mal oor jou fotos!

    Liked by 1 person

        1. Ja dis regtig waar Daar is darem ‘n redelike deel waar hulle kan ontsnap na die plase toe maar tog bly baie van hulle in die slag. Aan die ander kant bly ek so lekker dat die selfsug oorneem en ek nie daaraan wil dink nie

          Liked by 1 person

        2. Troos jou daaraan,daar waar julle bly is die habitat nou wel verander,maar ‘n nuwe ekosisteem is in wording.Alles wat daar kan aanpas,sal daar floreer.Moeder Natuur laat haar nie onderkry nie!

          Liked by 1 person

  4. Die meerkatte het sulke intellegente gesiggies. Niks ontgaan die wagte se kraalogies nie. Waar ek groot geword het het ons n randjie gehad waar meerkat gesinne gebly het. Na mate die veld ingeneem is deur beeste en mense wat oral gebou het het hul verdwyn. Die honde was altyd lief om saam veld in te gaan en dan natuurli reguit na die gate toe. Pragtige fotos wat jy hier opgesit het. Dankie ook vir die deel!

    Liked by 1 person

Leave a reply to ekmyselff Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +