Dis die klein dingetjies..

wat ons soms ontglip.As jy egter stil sit en rondkyk om jou,gebeur daar nogal baie.Ek het een middag net op die houtplatvormpie voor ons huisie gesit en die volgende waargeneem,sonder om ‘n voet te versit:

IMG_4292
Laaste blommetjies voor die ysige winterkoue.
IMG_7399
Wie sou kon dink dat ‘n nare plantjie soos ‘n dubbeltjie,so ‘n mooi blommetjie het.Toevallig was daar ‘n veertjie ook verstrengel in die ruwe blare.(Tribulis zeyheri).
IMG_4194
Met uitgerafelde toiingrige vlerkies,geniet sy die laaste strale van die skraal middagsonnetjie.
IMG_6741
Nog ‘n klein besoekertjie op my stoep,is liewe klein baardmannetjie.Dis ‘n piepklein voëltjie,slegs 10cm en weeg 9-13g.(Scaly-feathered Finch).
IMG_6745
Baardmannetjie se nes.Duidelik nie deur hom gebou nie…soms trek hulle in ander voëls se neste in.Hierdie lyk soos ‘n koringvoël se nes,maar die paartjie het dit oorgeneem!Hul eie nessies is rond met ‘n klein tonneluitgang.
IMG_4253
Sommer net verras deur hierdie pragtige wesentjie.
IMG_7515
Gemsbok Komkommer(Acanthosicyos naudinianus)
IMG_4205
Nog ‘n besoekie van die pragtige dame.
IMG_7510
Gemsbokkomkommer van naby.
IMG_4202
Hierdie mooi outjie was die toppunt van ‘n heerlike middag op ‘n stoepie in die Kgalagadi!

 

Advertisements

57 thoughts on “Dis die klein dingetjies..”

    1. Dis nogal ‘n groterige ding,amper soos ‘n nartjie.Ek het nie een oopgesny nie,maar ek neem aan dis seker iets soos ‘n komkommer.Dis definitief voedsel vir diere.Heel waarskynlik het die Boesmans dit ook geëet,soos die bekende tsammas,wat amper soos ‘n waatlemoentjie lyk.Sal moet gaan oplees en jou laat weet.

      Liked by 1 person

    1. Dit word verskriklik koud in die Kgalagadi.Dis semi-woestyn en die uitstraling in hierdie groot oop area,is baie groot.Dus is die verskil in dag en nag temperature baie groot.Sekerlik nie so koud soos Europa nie,maar -7grade in ‘n tent,is nogal bitter!

      Liked by 1 person

      1. Hehehehe ek het intussen op die internet gaan kyk en die twee mense is toe nie julle nie maar die vrou se foto’s lyk vreeslik na jou styl… ek het net gedink julle vervaardig ook sulke boeke/programme vir ‘n maatskappy… maar ek vrek mos voor ek vra!

        Liked by 1 person

      2. Ek het gedink iewers is ‘n misverstand!Ons doen ons fotografie bloot as ‘n stokperdjie en verkoop niks.Miskien moet ek ook gaan kyk waar jy gekyk het….lekker lag ek nou hierdie keer regtig vir jou…”koes”!

        Liked by 1 person

  1. Hans du Plessis “vertaal” Psalm 8: “Dasie ‘n lantie so ver of woes gelee, Jirre sos die sandland wat U vir my kom gjee. Want selfs in hierie droë annerlikheit groei die gemsbokkomkommer van U heerlikeit.”
    Nou weet ek uiteindelik hoe lyk die gemsbokkomkommer!

    Liked by 1 person

  2. ​

    On Tue, May 31, 2016 at 3:11 PM, Perdebytjie se nes wrote:

    > perdebytjie posted: “wat ons soms ontglip.As jy egter stil sit en rondkyk > om jou,gebeur daar nogal baie.Ek het een middag net op die houtplatvormpie > voor ons huisie gesit en die volgende waargeneem,sonder om ‘n voet te > versit: ” >

    Liked by 1 person

    1. Mens kan dit eet.maar ek het dit nog nooit geproe.Omdat dit wild groei in meestal beskermde gebiede,is dit nie vrylik beskikbaar nie.Blykbaar het dit ‘n piesang ondertoon en dit maak heerlike konfyt.

      Like

  3. Wow, dankie vir jou pragtige stoep-sit-fotos. Daardie duwweltjie het ons as kinders duiwels drêk genoem. Die dorings is klip hard en steek baie seer. Ons moes hul altyd uitskoffel. Ons het die stingels dan in trosse op draad gehang en gesê vrêk jul duiwels drek. Die baard voëltjie is klein en dan maak hy so n deurmekaar nes. Is dit n versamel voëltjie?

    Liked by 1 person

    1. Nee hy is nie ‘n versamelvoeltjie nie,maar mens kan hom maklik verwar met hulle.Hy is egter baie kleiner en soms maak hy gebruik van ander voels se neste.Hierdie nes lyk vir my na ‘n koringvoel se nes,maar hy en vroutjielief het dit oorgeneem.Hul eie nessies is bolvormig en het ‘n kort ingangstonnel aan een kant.

      Like

  4. Bewus lewe, as mens dit onthou kry mens soveel terug. Lekker stewige springkaan 🙂 Oe, sal ek nou graag in die veld wil sit as in ‘n gebou! Moet ongelukkig voorberei vir ‘n gesprek netnou, en die heerlike son gaan my net vaak maak.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s