Dis die klein dingetjies..

wat ons soms ontglip.As jy egter stil sit en rondkyk om jou,gebeur daar nogal baie.Ek het een middag net op die houtplatvormpie voor ons huisie gesit en die volgende waargeneem,sonder om ‘n voet te versit:

IMG_4292
Laaste blommetjies voor die ysige winterkoue.
IMG_7399
Wie sou kon dink dat ‘n nare plantjie soos ‘n dubbeltjie,so ‘n mooi blommetjie het.Toevallig was daar ‘n veertjie ook verstrengel in die ruwe blare.(Tribulis zeyheri).
IMG_4194
Met uitgerafelde toiingrige vlerkies,geniet sy die laaste strale van die skraal middagsonnetjie.
IMG_6741
Nog ‘n klein besoekertjie op my stoep,is liewe klein baardmannetjie.Dis ‘n piepklein voëltjie,slegs 10cm en weeg 9-13g.(Scaly-feathered Finch).
IMG_6745
Baardmannetjie se nes.Duidelik nie deur hom gebou nie…soms trek hulle in ander voëls se neste in.Hierdie lyk soos ‘n koringvoël se nes,maar die paartjie het dit oorgeneem!Hul eie nessies is rond met ‘n klein tonneluitgang.
IMG_4253
Sommer net verras deur hierdie pragtige wesentjie.
IMG_7515
Gemsbok Komkommer(Acanthosicyos naudinianus)
IMG_4205
Nog ‘n besoekie van die pragtige dame.
IMG_7510
Gemsbokkomkommer van naby.
IMG_4202
Hierdie mooi outjie was die toppunt van ‘n heerlike middag op ‘n stoepie in die Kgalagadi!

 

57 Replies to “Dis die klein dingetjies..”

  1. Dis pragtige goedjies. Die komkommertjie ken ek glad nie. Hoe lyk dit van binne? Ek neem aan dis nie net kos nie, maar ook ‘n bron van water soos wat hierdie tipe plante gewoonlik in die dorre streke is?

    Liked by 1 person

    1. Dis nogal ‘n groterige ding,amper soos ‘n nartjie.Ek het nie een oopgesny nie,maar ek neem aan dis seker iets soos ‘n komkommer.Dis definitief voedsel vir diere.Heel waarskynlik het die Boesmans dit ook geëet,soos die bekende tsammas,wat amper soos ‘n waatlemoentjie lyk.Sal moet gaan oplees en jou laat weet.

      Liked by 1 person

    1. Dit word verskriklik koud in die Kgalagadi.Dis semi-woestyn en die uitstraling in hierdie groot oop area,is baie groot.Dus is die verskil in dag en nag temperature baie groot.Sekerlik nie so koud soos Europa nie,maar -7grade in ‘n tent,is nogal bitter!

      Liked by 1 person

        1. Hehehehe ek het intussen op die internet gaan kyk en die twee mense is toe nie julle nie maar die vrou se foto’s lyk vreeslik na jou styl… ek het net gedink julle vervaardig ook sulke boeke/programme vir ‘n maatskappy… maar ek vrek mos voor ek vra!

          Liked by 1 person

        2. Ek het gedink iewers is ‘n misverstand!Ons doen ons fotografie bloot as ‘n stokperdjie en verkoop niks.Miskien moet ek ook gaan kyk waar jy gekyk het….lekker lag ek nou hierdie keer regtig vir jou…”koes”!

          Liked by 1 person

  2. Hans du Plessis “vertaal” Psalm 8: “Dasie ‘n lantie so ver of woes gelee, Jirre sos die sandland wat U vir my kom gjee. Want selfs in hierie droë annerlikheit groei die gemsbokkomkommer van U heerlikeit.”
    Nou weet ek uiteindelik hoe lyk die gemsbokkomkommer!

    Liked by 1 person

  3. ​

    On Tue, May 31, 2016 at 3:11 PM, Perdebytjie se nes wrote:

    > perdebytjie posted: “wat ons soms ontglip.As jy egter stil sit en rondkyk > om jou,gebeur daar nogal baie.Ek het een middag net op die houtplatvormpie > voor ons huisie gesit en die volgende waargeneem,sonder om ‘n voet te > versit: ” >

    Liked by 1 person

    1. Daar was ‘n boom en ‘n bos by die stoepie van ons chalet en ek het stilgesit en alles het daarheen gekom.Ek moes net opstaan vir die blomme en Gemsbokkomkommer…lekker lui!

      Like

    1. Mens kan dit eet.maar ek het dit nog nooit geproe.Omdat dit wild groei in meestal beskermde gebiede,is dit nie vrylik beskikbaar nie.Blykbaar het dit ‘n piesang ondertoon en dit maak heerlike konfyt.

      Like

  4. Wow, dankie vir jou pragtige stoep-sit-fotos. Daardie duwweltjie het ons as kinders duiwels drêk genoem. Die dorings is klip hard en steek baie seer. Ons moes hul altyd uitskoffel. Ons het die stingels dan in trosse op draad gehang en gesê vrêk jul duiwels drek. Die baard voëltjie is klein en dan maak hy so n deurmekaar nes. Is dit n versamel voëltjie?

    Liked by 1 person

    1. Nee hy is nie ‘n versamelvoeltjie nie,maar mens kan hom maklik verwar met hulle.Hy is egter baie kleiner en soms maak hy gebruik van ander voels se neste.Hierdie nes lyk vir my na ‘n koringvoel se nes,maar hy en vroutjielief het dit oorgeneem.Hul eie nessies is bolvormig en het ‘n kort ingangstonnel aan een kant.

      Like

  5. Bewus lewe, as mens dit onthou kry mens soveel terug. Lekker stewige springkaan 🙂 Oe, sal ek nou graag in die veld wil sit as in ‘n gebou! Moet ongelukkig voorberei vir ‘n gesprek netnou, en die heerlike son gaan my net vaak maak.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +