Gevaar uit die lug!

Die geveerdes by die watergat kan vir geen oomblik hul waaksaamheid verslap nie,want vanuit die lug kan edelvalk enige oomblik afswiep en een van hulle se lewens kortknip!

IMG_5221
‘n Eskader Kelkiewyne(Namaqua Sandgrouse)kom aangevlieg.
IMG_5225_edited-1
Hulle doen eers ‘n verbyvlug om te sien of alles wel is.
IMG_7085
Hulle sien nie vir Edelvalk(Lanner Falcon),waar hy die omgewing bespied vanaf ‘n lekker hoogte nie.
IMG_6704
Vlekkie,die gevlekte sandpatrys(male Burchell’s Sandgrouse) kom in vir ‘n gevaarlike landing.
IMG_5249
Hy wikkel en skommel heen en weer en mik vir die regte sitplekkie.
IMG_5284
Amper daar..maar hou orals dop vir die gevaar!
IMG_5320
Vlekkie maak sy borsvere,wat spesiaal aangepas is om water te absorbeer,vol water.Hy vlieg netnou na die kleingoed om vir hulle water te gee uit sy eie ingeboude verewatertenk.Dis gewoonlik die pappa se werk.
IMG_5233
Nog ‘n mannetjie gevlekte sandpatrys(male Burchell’s Sandgrouse) daal neer.
IMG_6032
Oepsie,hier kom ‘n ding!
IMG_6017
Edelvalk(LannerFalcon) swiep ondertoe teen die spoed van wit lig!
IMG_7100
Die spulletjie by die watergat gil en skreeu benoud en laat spaander vir die vale!
IMG_5240
Vroutjie gevlekte sandpatrys(female Burchell’s Sandgrouse)kry met moeite haar dik lyfie die lug in.
IMG_6715
Tortelduifie vlug ook!

Gelukkig is niemand hierdie keer deel van Edelvalk se brekfis nie,maar moet nooit te gerus wees nie!

Ons het ‘n paar vangste gesien,maar dit gebeur so blitsvinnig,dat die vrou wat die kamera beman…bevrou…heeltemal te stadig was!

Advertisements

36 thoughts on “Gevaar uit die lug!”

    1. Ek het naderhand die valkie jammer gekry,want hy moet verskeie blitsaanvalle loods voordat hy tref…partykeer geen vangs vir ‘n hele oggend nie en dan is daar nog ander roofvoëls wat ook in sy slaai kom krap!

      Liked by 1 person

    1. Hierdie is by Lijersdraai geneem,Dries.Cubitji Quap is ook ‘n wonderlike watergat vir voëlaksie,maar ongelukkig baie mense,want dis naby Nossob.Lijersdraai en Polenswa was hierdie keer ongelooflik met selfs witkruissperwers wat gejag het.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s