Klein parmant

Ek het ure lank die pylstertrooibekkies dopgehou en my gedaan gesukkel om hulle af te neem.Dis veral die mannetjies wat so opvallend is en daar is heeltyd ‘n geveg van een of ander aard…tipies man!

IMG_6862
Pylstertrooibekkie(Shaft-tailed Whydah)sit vir geen oomblik stil nie!
IMG_6779
Wanneer hy wel sit,gee hy vir rooikopvink(Red-headed Finch) ‘n vuil kyk.
IMG_6418
Skoert hier,dis MY boom!
IMG_6802 copy 2
Daar gaan hy alweer..tsk tsk..rustelose knapie!
IMG_6410
Snaakse balletjie??
IMG_6876
‘n Man se vere moet darem reg gepluis word!
IMG_6795 copy 2
Gou weer ‘n draai vlieg,dat die dames my kan sien!
IMG_6833
Wie kan dan nou nee sê vir so ‘n spoggerige kêrel?
IMG_6382
Meisies,kyk mooi…

 

31 Replies to “Klein parmant”

  1. Dis baie mooi fotos van die kaartmannetjie. Ons het in ons tuin een gehad wat met sy vaal wyfies daar gebly het. Ons het ook heelwat van die rooikop vinke gehad en hy het gereeld sy stert kom swaai by die voerbakke. Dan het hy en sy wyfies eers klaar geëet voordat die ander voëls ook mog eet. Ons het hom die “sheriff” gedoop, omdat hy sy lyf so trondgooi. Hy het later so “mak” geword dat hy by die skuifdeur kom lawaai maak het as die kos te laat uitgesit word. Ons het heelwat fotos van die ou spulletjie besig om al bakleiend te eet.

    Liked by 1 person

    1. Jy moet bietjie foto’s opsit..dit sal lekker wees om te sien.Miskien was dit ‘n koningrooibekkie,want hulle is bekend vir erger agressie as die pylstertrooibekkie.Mens kan hulle maklik verwar.

      Liked by 1 person

      1. Dis moontlik. Ek moet toegee dat ek nie veel van voëls weet nie. Ek sal bietjie krap op Moby Dick (dis my eksterne hardeskyf wat letterlik duisende fotos ophet) dan sal ek dit vir jou inboks.

        Liked by 1 person

  2. Hierdie klein voeltjies en hul koningrooibekkie-nefies verstom my altyd met hul manhaftigheid – het selfs al gesien hoe hulle mainahs ore aansit, en dit wil gedoen wees!

    Jou aksiefotos is so skerp Dina!

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +