Wat het ons..

hier?

IMG_5950
Wat wikkel,wikkel so tussen die gras…??
IMG_5650
Oepsie..tante leeu kyk skielik op en ons skrik ons dood!Vlak langs die pad in die lang gras vreet sy.Ons het haar amper nie gesien nie!
IMG_5926
Bebloede baard en wange is tekens van ‘n vars vleisie,waaraan sy heerlik smul.
IMG_5940
Siestog,’n arme blouwildebees was die ongelukkige slagoffer!Net sy poot is sigbaar en tante Leeu is so naby,dat net haar oor en skof op die foto inpas!
IMG_6629_edited-1
Die koning kom aangestap en jaag die vrouens weg!
IMG_6552
Kyk eers bietjie rond om seker te maak dat niemand in sy slaai krap nie..
IMG_6554_edited-1
Skud bietjie die maanhare om die klitse en stof te verwyder..hopelik waai ‘n paar bosluise ook die lug in!
IMG_6553_edited-1
Lyk soos ‘n woer-woer.
IMG_6557_edited-1
Maanhare gekam…reg vir aksie!

Niks kom by ‘n Kalaharileeu nie!

Advertisements

55 thoughts on “Wat het ons..”

    1. Dankie Hester.Ons was so gelukkig om hulle in goue lig reg langs die pad te kry! Dis ‘n kans wat mens nie sommer kry nie.Ons kon omtrent hul asems ruik…darem die vensters toe gehou,want die mannetjie was redelik bedonderd😳😳

      Liked by 1 person

    1. Frans,ons gaan baie uit in die natuur en is vreeslik versigtig.Hierdie diere is gewoond aan motors,maar ons vat geen kanse nie…vensters dig toe en lees maar hul lyftaal.Wanneer ons sien hulle hou nie van ons teenwoordigheid,respekteer ons hul spasie en gee pad.

      Like

  1. Sjoe, hierdie mannethie leeu het een van die pragtigste gesigte. Daar is mense wat se hulle lyk almal eenders maar die een het ‘n besonderse gesig. As ek nie geweet het hy dink aan my as kos nie, het ek maper gesê hy lyk liefdevol. Pragtige fotos Perdebytjie

    Liked by 1 person

    1. Dankie Wolfie…jy moet sien hoe sy oë verander.Ons het bietjie geskrik vir die ou.Een oomblik lyk dit of hy hom nie aan ons steur nie en die volgende oomblik word sy oë so wreed en geel.Dis dan wanneer jy nie meer vir hom kyk nie en maak dat jy wegkom!

      Liked by 1 person

  2. Pragtige foto’s van ‘n pragtige dier. Ek moes twee keer kyk om te sien wat aangaan op die eerste foto, hehe. Ek sit nou en wonder waar die woord maanhare vandaan kom. Sal moet gaan lees.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s