SAPS..minus die S.

Vir die lesers wat nie weet nie,SAPS staan vir South African Police Service.

Gister gaan die uwe en Gogo,my huishulp,polisiestasie toe om net twee ID-afskrifte te laat waarmerk vir haar polis wat nou gaan uitkeer.Daar gekom,staan daar ‘n plaat polisievoertuie…die klein VW-Gholfies…die wêreld vol geparkeer.Lyk of daar ‘n groot byeenkoms is.Nietemin parkeer ek my karretjie styf tussen ‘n vangwa en ‘n Gholfie.

Gogo gaan sit in die ry en ek hang buite rond…gril my dood vir die stoele waarop duisende sitvlakke daagliks van een kant na die ander,voortskuif in die ry!Daar is net drie mense wat saam met haar wag.By die toonbank is ‘n sersant besig om ‘n verklaring af te neem.’n Ander ou sit en skryf stadig in ‘n groot boek met sulke vuilgevatte haasore.’n Derde een sit en staar in die niet met ‘n stapel goed voor hom.Die stempel waarvoor die drie in die ry gekom het,lê op ‘n onbemande toonbank!

Buite hang ‘n polisievrou met dik grimering en ‘n volronde agterstewe,doelloos rond.Sy vra waarvoor ons daar is en ek beduie ons missie.Later kyk sy op haar horlosie en sien …oh,lunch break is over…skommel stadig die vertrek binne en gaan sit by die stempeltoonbank.Ek sug van verligting,want die ry het nog nie ‘n aks beweeg nie en die een ou voor Gogo,sit al meer as ‘n uur en wag en hy begin al kook onder die kraag!

Polisiemama vind egter ‘n leêr wat sy moet teken,belangriker as diens aan die publiek..en skommel weer uit die vertrek buitentoe.Die stempel lê steeds onbeman!Sy kom verby my en ek vra haar vreeslik mooi of sy nie net gou die drie mensies wat wag,kan help nie.”Just now” is die antwoord en sy verdwyn by ‘n deur in,om nooit weer tevoorskyn te kom nie.

Intussen het een van die drie wat saam met Gogo wag,buitentoe gekom vir vars lug en ons tweetjies leun teen die muur en ontleed die situasie van die flinke dienslewering.’n Konstabel kom verby en vra aan my geselsmaat waarvoor hy daar is.Die uniformman beduie daar is ‘n karavaan twee meter van ons af,weggesteek agter ‘n groot wit kontrepsie,wat lyk soos ‘n ou watertenk.Wragtag,daar sit ‘n tante en sy tjap tjop-tjop almal se papiere wat gewaarmerk moet word…daar was toe nie eers iemand in die ry nie.Handig as niemand die plek kan sien nie né!

Ek stoom die kantoor binne en vertel vir Gogo en die ander ou wat nou al amper twee ure wag,van my “vonds”!Ek vra toe die tannie in die karavaantjie,waarom daar nie eers ‘n papiertjie geplak is teen die wit kontrepsie om die plek aan te dui nie…haar ontwykende antwoord: “Elkeen kry ‘n uur op ‘n dag ‘n beurt om hier te stempel en dis nou my uur”.

Ek kan nie glo dat die fris polisiemama nie vir my gesê het van die karavaantjie nie.Ek en sy het tien minute lank ‘n vriendelike gesprek gehad reg by die wit kontrepsie,wat lyk soos ‘n ou watertenk.Gemeenheid,of oor ek haar tyd opgeneem het in “lunch hour”?

Ek slaan my hande saam en rol my oë…SAPS minus die S!

 

47 Replies to “SAPS..minus die S.”

  1. Met my reise vir die reunie is ons darem 1 keer gestop en daar is gera vir bestuurslisensie en die registrasie skyfie op die motor is nagegaan .Ons is gevra om versigtig te ry en weer laat gaan toe die elekroniese stelsel motor en ons papierwerk bevestig het.

    Liked by 1 person

    1. In my storie het ek nie eers vertel nie,dat my en die polisiedame se gesprek gegaan het oor dienslewering!Ek het gesê ek hoor daardie polisiestasie is bekend vir goeie diens,toe stem sy saam en verwyt dat “they don’t want to commend us”…ek weet nou nog nie wie “they” is nie en wat de hoenders sy bedoel het nie!Wel…”I shall not recommend them to anybody”!

      Liked by 3 people

    1. Haha..as ek in die gevangenis beland het,sou dit nag wees om daar te probeer uitkom,met sulke diens!😂😂
      Hierdie laat my dink aan jou storie met die bankdiens en jou ervaring in een of ander Afrikaland.

      Liked by 2 people

        1. O ja ek onthou nou dit was Senegal!
          Ek dink nie my sjarme sal my kan red nie…te oud en lelik!😜😜
          Ek is bly julle gaan SA besoek.Dis ‘n wonderlike land met wonderlike mense,maar ongelukkig ook met groot seerplekke en baie hartseer.Hopelik sal julle net die mooi beleef.

          Liked by 1 person

  2. Ooooo jy moes vir my gevra het Hier het ons sulke polisie waens wat by groot inkopieplekke staan en as jy baie ongelukkig is, is daar een voor jou. Dit werk baie goed Tog as jy vir iets anders stasie toe moet is dit nag!

    Liked by 1 person

  3. Oooo hoe verlang ek nou na die wagtende rye by polisiestasie! Voor my vertrek was daar duisende goed wat afgehandel moes word. Die een dame wat my opn stadium gehelp het het aanbeveel dat ek die papiere self in Pretoria moet gaan aflewer en weer haal anders gaan dit nooit daar uitkom nie! Dis nou haar eie posvervoer van belangrike dokumente wat net nie Pta bereik nie! Hier by SA ambassade gaan dit nie baie flinker nie! Tragies!

    Liked by 1 person

        1. Of magsug…al die mense in die ry was swart,die polisiedame en almal agter die toonbank ook….dus was dit nie ‘n rassistiese ding nie,maar “ek sal julle laat wag,want ek kan”!

          Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +