Dis weer hierdie tyd…

van die jaar,wanneer duisende jong seuns veldskool toe gaan om oornag in mans te verander.

Gogo,my getroue huishulp,is baie vies oor die hele besigheid.Haar tweede oudste seun,Thabo,moet hierdie naweek inklok by die kamp.Gogo is die enigste broodwinner in haar uitgebreide familie van twaalf.Haar oudste seun werk ook,maar soos die geld inkom,spandeer hy dit op fênsie klere en skoene!Dus rus die totale betalingslas van hierdie veldskool op haar skouers.Dis net so R5000 per kop in die organiseerder se sak!

G’n mens weet wat sy uitgawes is nie,want die stomme kinders slaap merendeels in die veld,nakend,net met ‘n kombers om die lyf en beslis nie met gourmet etes op die spyskaart nie…

Verder mis Thabo die halfjaareksamen,want hy word uit die skool gehaal vir die tradisionele gebeurtenis.Gogo wou nie hê hy moet gaan nie,maar daar is soveel druk van haar werklose broer en haar ma,asook uit die gemeenskap,dat sy nie anders kon as om te swig nie.Werklose boetie sal Thabo se chaperone wees…slyp sy tande om sy nefie te sien swaarkry!Gogo moes natuurlik vir sy “verblyf” ook betaal….grrrr!

Dis ‘n groot geheim wat op hierdie veldskole gebeur en daar word ook nie oor gepraat nie.Al waarvan die publiek hoor is die baie sterftes wat elke winter op hierdie veldskole plaasvind…almal weet ook hoekom,maar dis polities onkorrek om dit by name te noem.Afgesien van die inleiding(lyding) in die mannewêreld in,waaraan hierdie seuns in die koudste maand van die jaar blootgestel word,is die kersie op die koek…die besnydenis!Tradisioneel is dit sommer met ‘n skerp klip en later ‘n mes gedoen en sepsis en verminkte geslagsdele was en is steeds baie se voorland.

Dis maar eers onlangs dat stemme begin opklink het,omdat soveel jeugdiges jaarliks sterf.Die regering wend darem ‘n poging aan om dit te reguleer.Gogo moes ‘n dokterssertifikaat vir Thabo kry om aan te dui hy is gesond.Skynbaar gaan daar ‘n dokter???teenwoordig wees,wat ook elke dag die seuns se gesondheid monitor.

Ten spyte hiervan,gebeur lelike dinge steeds.Verlede week het ‘n hartseer pa ingebel na ‘n bekende radiostasie en vertel dat sy seun HIV besmet teruggekom het!

Ek verstaan nog steeds nie die mens se behoefte om swakkeres of nuwelinge te inisiëer nie.Dit gebeur heeldag in alle samelewings…ontgroening in koshuise,groentjiekonserte in skole,inlywing van nuwe spelers in sportspanne,gesuipery en vernedering van bruidegomme by rampartytjies….

Dit hoort nie meer in vandag se samelewing nie!

29 Replies to “Dis weer hierdie tyd…”

  1. Met een krop in de keel gelezen.
    Het vernederen van zwakkere mensen, ik kan het onrecht niet verdragen. Vernederen van bruiden of bruidegommen, het is een ziekte die ook bij ons is overgewaaid. Zolang het ‘leuk’ blijft, ook voor de betrokkenen, niet erg (al zou ik er niet aan meedoen), maar niemand, echt niemand, verdient het om vernederd te worden.

    Liked by 2 people

    1. Hierdie is ‘n baie teer saak in SA,Paul.Die veldskole is ‘n tradisie by die verskeie inheemse groepe in SA.Ons weet nie wat werklik daar gebeur nie,maar die feit dat kinders sterf,maak dit vir my bitter!

      Liked by 2 people

  2. Tog is daar tekens dat die tye aan verander is. Ek weet waar hierdie veldskole onder beheer van ouers was. Klem is gelê op kultuurwaardes en besnydenis is deur dokter waargeneem en die oorsprongklike gesondheidsredes en huidige voordele is verduidelik Ontberings is gebruik om karakter ontwikkeling en selfwaarde uit te bou.

    Ontgroening word ongelukkig ook uitgebuit deur sekere wanaangepaste elemente en gaan meestal oor venedering en onderwerping in plaas van verwelkoming, inburgering of onafhanklikheid

    Ek weet ten minste van een Afrika geval waar ma vooraf gevra het vir skriftelike veiligheidswaarborg wat universiteit nie wou gee nie. Die geval het sy vier jaar kursus voktooi met twee bewapende wagte wat hom oral vergesel het en die universiteit se besware is uit die hof gelag!

    Liked by 1 person

  3. Ik duid” like” aan omdat je dit vreselijk gebeuren in de schijnwerper zet.Zulke barbaarsheden zouden in deze maatschappij moeten bestraft worden zonder pardon.We zijn nu 2016 en moeten beter weten

    Liked by 1 person

    1. In Afrika werk dinge ongelukkig anders.Mens moet hier grootword om dit te verstaan.Die kompleksiteit van ons samelewing is onverstaanbaar vir buitestaanders.Dit verg lang gesprekke en verduidelikings waarvoor ons nie in hierdie klein spasie plek het nie.

      Liked by 1 person

  4. Moet gogo nie nog ‘n groot fees gee wanneer haar seun terugkom en nou ‘n man is nie? Het met iemand gesels oor die fees waarheen ons as gesin genooi was en wat daar gebeur het.

    Liked by 1 person

      1. Ja, ons was soos adelstand behandel. Daar was apart in haar huis vir ons tafel gedek en bedien. Bettie, ons huishulp het ‘n pragtige krale kopstuk tot byna op die grond aangehad. Het nie veel van die verrigtinge verstaan nie…. maar ek weet vir eers mag sy en haar seun geen kontak maak nie… nie eers oogkontak nie. Iewers gedurende dié tyd is hy na haar toe gebring. Die seuns het ook net sulke kralegoedjies aangehad.

        Liked by 1 person

  5. As ek Gogo is, stuur ek die hele lot in hul peetjie in Dina. Niemand het die reg om haar of Thabo te dwing om aan hierdie nuttelose en simpel ‘tradisie’ deel te neem nie. Jy is reg, dinge soos hierdie hoort glad nie meer in die samelewing nie. Die groot bedrag geld wat sy moet uithaal is ook belaglik.

    Liked by 1 person

    1. Die ergste is dat dit SES weke lank is…ek betaal Thabo se skoolgeld en hy mis sy halfjaar eksamen plus al die skoolwerk!!Dit kom waarskynlik uit die dae toe die kinders nie skool gegaan het nie en vir twee maande so besig gehou is.Gogo het terugvoer gegee en ek sal ‘n blog daaroor doen.

      Liked by 1 person

      1. Nee, dis sommer nonsens Dina! Sy skoolwerk behoort eerste te kom. Nie die simpel en nuttelose tradisie wat hom niks in die sak gaan bring nie. Ek dink Gogo moet haar voet stewig neersit.

        Liked by 1 person

Leave a reply to Sonel Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +