Dis weer hierdie tyd…vervolg.

Vooraf:https://perdebytjie.wordpress.com/2016/06/11/dis-weer-hierdie-tyd/

Gogo het kom terugrapporteer en ek was aangenaam verras.Behalwe vir die feit dat Thabo en die honderdduisend (eergister oor die nuus is hierdie getal genoem…skrikwekkend hoeveel jongmense in S.A, is en om te besef min van hulle gaan eendag werk kry!)seuns vanoor die hele S.A.hierdie winterveldskole bywoon,is daar kampe vir die dogters ook.

Haar dogter is ook nou daar.Sy het my bietjie ingelig oor wat hulle doen en dit klink vir my na sinvolle inlywing in die grootmenslewe.Hulle is gehuisves in ‘n nuutgeboude kompleks met badkamer- en kombuisgeriewe.Elkeen bring sy eie matras en twee komberse en elke dag word alles opgevou,gebere en skoongemaak.Hulle leer kosmaak,kry lesings van hoe om in ‘n respekvolle samelewing te funksioneer,leer hoe om hulleself te handhaaf en natuurlik ook die lesse van die blomme en die bye.Verder leer en oefen hulle tradisionele danse en aan die einde van die tyd kom die mammas en geniet dit om saam met hul dogters te sing en dans in hul tradisionele drag.Dan word daar word kos gemaak vir al die mammas wat van veraf kom en dis een groot kuier en gesellige samesyn,al ken hulle mekaar nie eers nie.Natuurlik word foto’s ook geneem en Gogo het belowe sy sal vir my een gee,wat ek dalk hier sal plaas.

Gogo vertel ook,dat die seuns se veldskool heeltemal gereguleer word.Die regering het uiteindelik wakker geskrik en daar is vreeslike streng reels waaraan die aanbieder onderwerp word.’n Span dokters het byvoorbeeld die eerste dag elke seun ondersoek en daar is steeds elke dag ‘n voltydse dokter aan diens.Verder is daar ‘n inspekteur wat enige tyd daar kan instap om te kyk of alles reg verloop.Gogo wil haar doodlag,want sy vertel dat die ou wat altyd die veldskool aanbied,’n groot,dik man was.Met al die nuwe regulasies het hy vreeslik gewig verloor van al die stres!Sy reken ook hy gaan dit nie weer aanbied nie,want die maklike geld wat hy elke jaar gemaak het,word nou uitgegee aan dokters,ordentlike behuising en kos!

Ek is so verlig om dit te hoor en ek hoop dat dieselfde regulasies landwyd toegepas word by ander veldskole.Dit het in so ‘n geldmaakeuwel ontaard en dis bemoedigend dat hierdie mense vasgevat word!

Advertisements

25 thoughts on “Dis weer hierdie tyd…vervolg.”

  1. Dis verrassende goeie nuus dat die regering nou inspring met regulasies. Sou dit nou ooe die hele land geld? Die dogterskampe klink anper soos ‘n “finishing school”, ook ‘n baie goeie idee. Dankie vir die lekkerlees informasie.

    Liked by 2 people

    1. Ek dink die regering het orals begin ingryp.Hulle het juis gesê mense moet laat weet waar onwettige skole is.Die dogterskampe klink vir my ook baie oulik.Gogo kla net dat dit te lank is(6weke)Die kinders verloor baie skoolwerk en mis halfjaareksamen.Sy reken egter dit gaan ook verander na ‘n korter tydperk.

      Liked by 1 person

      1. Ek dink dit kos die ouers ook baie geld. Ek het in die boek Die swerfjare van Poppie Nongena gelees hoeveel geld bestee word aan bokke wat geslag en bier wat gebrou moet word, nuwe klere en komberse vir die kinders, plus die reisgeld wat betaal moet word om op ‘n bepaalde plek bymekaar te kom. In die boek is beskryf hoe haar kinders ‘n jaar van skool moes mis, omdat hulle te laat was om in te skryf en buitendien niks opsy kon sit om die skoolgeld te betaal nie. Tradisies is ‘n goeie ding, maar verg partykeer te veel van mense wat dit werklik nie kan bekostig nie.

        Liked by 1 person

  2. Ek dink dit gaan stadigaan end kry.Die regering behoort stappe te neem dat dit net in vakansietye mag plaasvind.Ek betaal Thabo se skoolgeld en ek glo nie hy kan dit bekostig om so lank uit die skool te wees nie!

    Like

    1. Daar is natuurlik nog baie ruimte vir verbetering…eerstens moet die tyd verkort word en kinders mag nie uit die skool gehou word nie.Altwee Gogo se kinders het hul eksamen gemis en VIER skoolweke!!Niemand kan dit bekostig nie!

      Liked by 1 person

      1. Duidelik is daar. Ek is net bly om te hoor hul word goed behandel en dat daar ordentlike toesig en dokters is. Met daardie verbeterings kan daar net nog meer verbeterings bykom en ek stem. Hulle kan dit eerder in skoolvakansies hou en vir ‘n korter tydperk en daardie gelde is belaglik. Ek sou sê as hulle so iets wil doen, moet hulle dink aan die ouers wat dit nie kan bekostig nie. Nie almal van ons werk vir die gavamunt nie. 😛

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s