Nog ‘n townshipstorie.

Gogo is besig om wasgoed op te hang.Skielik hoor sy ‘n gerammel in die grondpad langs haar tuinmuur.Nuuskierig loer sy oor en sien ‘n man,redelik onvas op sy voete,die straat afkom met ‘n trollie-asblik op sleeptou.

Sal die ou nie wraggies tot by haar muur kom en die asblik begin uitgooi,net daar op haar sypaadjie nie!Sy protesteer heftig,maar hy skel haar en gaan ewe vermakerig voort om hope en hope aartappelskille,plastiek en ander gemors uit die drom se stink maag te tiep.Hy slinger weg en kom ‘n ruk later met ‘n kleiner asblik terug en begin smalend dit ook uit te gooi.Teen hierdie tyd kook Gogo se bloed,maar die ou dreig haar dat sy suster wat ‘n Nyanga(toordokter)is,haar sal toor,dat sy binne in haar huis doodgaan!Gogo sê vir hom dat sy nie aan toordokters glo nie en dat dit pure bogtery is.

Voor die ongeskikte morsjors verder kan praat,stap twee gemeenskapsleiers op hom af.Hulle het gesien wat hy doen en beveel hom om dadelik alles op te tel.Daar is ‘n duidelike bordjie waarop ‘n boete van duisend rand aangedui is,maar almal weet dat niemand in ‘n township dit sal betaal nie,want as jy sê jy het nie sulke geld nie,wat kan dan gebeur?Die tronke is te vol en die polisie te besig met erger dinge as morsjorse wat sommer onder die kennisgewingbordjie tip en vir ‘n encore die bordjie ook uittrek en as ‘n stutpaal vir ‘n sinkmakoekoe,saamvat!

Die ou protesteer heftig,maar een van die manne pluk ‘n lat van die naaste boom af en begin dit betekenisvol rondswiep.Hulle stap saam met hom na die huis waar hy die trollieblik gebêre het en forseer hom om dit weer na die plek van bemorsing,te stoot.Intussen het die skare aangegroei en almal loop en koggel en skel agter die oortreder aan.’n Uur later is alles opgetel en skoon en ons morsjors is nou sommer nugter gesweet!Natuurlik kan hy nie nalaat om vir Gogo die skuld te gee vir sy eie vieslikheid nie..tsk,tsk!!

Advertisements

27 thoughts on “Nog ‘n townshipstorie.”

    1. Hier het ons ‘n reuse stryd teen rommelstrooiers,Rob.Niemand word vasgevat nie en as dit nie is vir enkele mense wat soms ‘n dag reël om vuilgoed op te tel nie,is die meeste mense se houding maar stink,hoor!Rommelvrye groete vir jou.

      Liked by 1 person

    1. Dit was nie eers sy vuilgoed nie.Iemand het hom betaal om dit weg te gooi en toe drink hy die geld uit nog voor hy die goed weggegooi het!Ek geniet altyd Gogo se stories.Omdat ek soms by haar huis kom,weet ek hoe dit lyk en kan ek my inleef in haar wel en wee.Dankie vir inloer,Sophia.

      Liked by 1 person

    1. Ja en almal hier is skuldig…op die hoek skaars ‘n kilometer van ons af,is die oop stuk veld al ‘n meter diep onder bourommel…as mens daar verby ry,voel dit of jy deur ‘n tonnel ry,so hoog is die vuilgoed weerskante opgestapel.Ons sukkel al twee jaar met die eienaar en die munisipaliteit,maar daar gebeur net mooi niks!Tans bly daar mense in ‘n ou krot en niemand kry hulle daar uit nie…suggg.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s