Twee uiterstes

Tot verlede Woensdag was dit nog krimpkoud hier in Swakopmund.Die ysige suidewind het oor die koue Benguelaseestroom   getier en ons in jasse en serpe ingedwing!Soggens was die vensters toegewasem en misvingers het klewerig aan alles geklou.

Dagbreek op Donderdag maak ons die gordyne oop,geen wasem,geen mis,geen nattigheid!Toe weet ons …hy is hier…Oompie Ooswind!Eers het hy stadigies sy lui-warm asem oor alles begin blaas,net om ons mak te maak vir wat kom.Teen die middag buig die palmbome om,die meeue stoei teen die wind en die lug is een groot rooi stofbal!

Die hitte wat van die woestyn af walm,brand die neusgate,dring deur die digste vensters en laat mens en dier soos afkop-hoenders rondlê.Stof dring deur alles en elke happie kos het ‘n lagie natuur bo-op.Dit help nie om te vee nie,die stof warrel net in die lug op om dan jou neusgate te verstop en jou met niesbuie en erge sinus te laat.

Die heerlikste van Oosweer,is die ongelooflike laatmiddae en aande,waar mens in die middel van die winter tot laat ‘n doppie kan kap langs ‘n braaivleisvuurtjie.Dan het die wind gaan lê en net ‘n salige louwarmte bly oor.

Ek het al voorheen hierdie verskynsel verduidelik,maar doen dit weereens vir my nuwe lesers:Wanneer dit baie koud word in die binneland,vorm daar ‘n aflandige trog van lug,wat dan oor die warm woestyn afsak,ontaard in ‘n dor warm wind en in die proses stof en sand saamwaai,wat dan uiteindelik in die Atlantiese oseaan beland.Dit kan ‘n week tot twee weke aanhou.

IMG_0086
Duidelike tekens..die branders sukkel teen die Oostewind en die misbank lê diep agter oor die see!
IMG_0097
Laatmiddag..al wat leef en beef loop op die strand rond en sommige dapperes waag dit in die ysige water!
IMG_0098
Skielik wemel dit van die sportiewes,wat die heerlike weer benut.
IMG_0103
Tandem na sononder.
IMG_0111
Stofwolk oor die oseaan,sorg vir ‘n pragtige oranje sonsondergang.

Die temperatuur is tans net 31 grade C..beter as gister se 34!Teken dat die weer begin draai na “normaal”!

 

48 Replies to “Twee uiterstes”

      1. Ek het al gehoor van die wind wat sulke stof aandra. Klink amper soos die Vrystaat – my man het altyd gesê op winderige dae in die Vrystaat moet jy buite staan met ‘n bokseil, dan kan jy vir jou ‘n plaas vang.

        Liked by 1 person

  1. Die Weskus se weerpatroon het my nog altyd gefasineer. As ek die weerkaart bekyk na die aandnuus kan ek nie help om te glimlag wanneer ek wonder hoe die arme onderwysers in Walvisbaai “winter” en “somer” aan die kinders moet verduidelik nie!

    Liked by 1 person

  2. Twee uiterstes, ek bibber voor die kaggeltjie en jy kap ‘n dop langs die braaivuurtjie. 1879 km 17 uur en 45 minute se ry. Tog bring die blogs ons bymekaar in ‘n oogwink erens hoog in die lug waar ons nie kan sien nie 🙂

    Liked by 1 person

    1. Ongelooflik om so daaraan te dink,Monica.Ek gaan egter vanaand ook by ‘n kaggelvuurtjie moet sit.Die oosweer is eensklaps verby en dis weer vrek koud…ongelooflik om te dink ek het gister met ‘n kortbroek en sandale geloop.Vanoggend,koud,mistig en klam😵😬🍷🍷

      Liked by 1 person

  3. Baie mooi fotos en beskrywing was ook besonders. Doerie tyd toe ek Swakopmund besoek het het ons woestyn ingery vroeg oggend en die misbank het binneland in gelê. Die gids het toe verduidelik dat net in daardie misbank deel is daar nog bietjie plantegroei. Agter misbelt- net sand. Dankie vir die deel, 31-34grade in winter is nogal heel warm.

    Liked by 1 person

  4. Ons het ook al Swakopmund in al sy verskillende “buie” eervaar. Eenkeer, baie jare gelede, het ons saam met my ouers daar gekamp by Myl 7 êrens as ek reg onthou. Daai dae was daar baie min ontwikkel en daar was net sand orals in die kampterrein – niks gras nie. Die oostewind het ons uitmekaar uit gewaai! Dit laat my dink aan Laurika Rauch se liedjie “Die Ballade van Jakob F de Beer” waarin die wind ook so vinning draai.

    Liked by 1 person

        1. Ons het 8jaar terug hierheen gevlug weg van die mensdom,maar nou is die hele mensdom hier!Ek kan nie glo hoe dit ontplof het in so ‘n kort tydjie nie.Ek is eintlik sommer vies daaroor…alles te doen met uitbreiding van Walvisbaai se hawe,invloei van Sjinese,hulle het myne gekoop hier in die omgewing…dus is hier baie ontwikkeling.

          Liked by 1 person

  5. Ik geniet ervan om zo door je berichten te kuieren
    Krimpkoud zeg je zal wel heel erg koud zijn denk ik
    Ik (ek) zeggen ze bij jullie woon in België (en ja ik wil echt wel meer weten van jullie taal) en nu is het hier voor half september uitzonderlijk warm zo juist 44 graden in de zon

    Liked by 1 person

Leave a reply to monicahaddad01 Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +