Die gesig van eensaamheid

Elke oggend stap hy hier verby,somer en winter…die ou geboë grys man.Langs hom stap sy getroue metgesel aan ‘n leiband…’n pragtige Welsh Terrier,jonk en lewendig,maar rustig-gehoorsaam.

Soms stop die man en gesels met verbygangers,meestal onbekendes,wat oor sy pragdier uitvra.’n Hond is altyd ‘n aanknopingspunt,maar dis waar die gesprekke bly,kort,leeg en betekenisloos.

Gewoonlik stap hy afgemete.Soms stap hy stadig.Soms tuur hy oor die oseaan.Soms staan hy sommer net stil.Die hond is altyd getrou langs hom.

Smiddae kom hy weer verby,stap weer afgemete,stap weer stadig,tuur weer oor die oseaan en staan sommer net stil,die hond steeds getrou langs hom.

Wat is die mens tog?’n Vlietende asem wat vir ‘n kort tydjie die aarde bewandel,jonk en vol bravade van die jeug,met ‘n gewaande idee van onsterflikheid.Soos die tyd aanstap,die ontnugtering van ideale wat nie verwesenlik word nie en die harde werklikheid van die lewe met sy volle aanslag,wat mens soms asemloos op die knieë dwing…net platgeslaan!

Die goeie en slegte tye snel verby en voor jy wis,is dit net ‘n herinnering van wat was en al wat oorbly is ‘n verlangende teruggryp na die verlede,soos in die gedagtewêreld van ‘n eensame ou man.

NS.Ek voel sommer vanaand nostalgies,na al die lelike gebeure van die afgelope week.Dit laat my opnuut besef hoe broos en onvoorspelbaar die lewe is.

56 Replies to “Die gesig van eensaamheid”

    1. Ek hoop dis die geval…lekker lag ek vir die Greta Garbo sêding.My ma het dit altyd vir ons gesê in ‘n regte Greta stem…dan het ons geweet ons moet nou skoert en haar uitlos!

      Like

  1. Ik heb een beetje medelijden met de hond.
    Zou hij niet graag eens rennen?
    Heerlijk met zijn snoet in het schuimende water.
    Of muisjes uitgraven ,welke terriër zou dat niet willen?
    Een hondenleven is ook maar kort als je het over tijd hebt.
    Tijd is een heel raar begrip.
    Het heeft vleugels.

    Liked by 1 person

    1. Dis wat ‘n Saterdagaand aan mens doen…bring al die nostalgie en verlangens na wat was,weer tevoorskyn.Ek sal bietjie gaan google vir hierdie vrou se foto’s,dankie Monica.

      Like

  2. In Kimberley by die vis en skyfie kafee wat ons meeste van die maandelikse inkopetogte ondersteun het daar altyd ‘n oorlogsveteraan en sy Basset hond aangekom vir middagete. Die oubaas pynlik netjies in sy step outs en die hond in ‘n tipe kakie onderbaadjie met sy bord, waterbak en bottel in die sysakke. Altyd is ‘n allegaartjie bestel, netjies tussen die twee verdeel en geniet. Die oubaas kry dan ‘n potjie tee en die hond ‘n glas melk in sy waterbak.

    Liked by 4 people

      1. Ek weet nie, want hoe meer herinneringe jy het, hoe groter is die gemis van dit wat jy gehad het? Dis wat my ma gesê het. Op 96-jarige leeftyd het sy al haar tydgenote oorleef en niemand wat saam met haar kon onthou van vervloeë dae nie. Sorrie, dit klink nou negatief.

        Liked by 1 person

      1. Er is een verschil tussen ‘eenzaamheid’ en ‘alleen zijn’. Eenzaamheid is als je echt niemand hebt die om je geeft (zou ik ook geen fan van zijn). Bij het ‘alleen zijn’ kun je echt je gedachten eens ordenen, en daar hou ik wel van.

        Liked by 1 person

  3. Die wêreldgebeure is baie steurend! Ek is ook meestal alleen. Ek doen egter moeite om as ek uitgaan met voetgangers of inwoners langs pad n praatjie aan te knoop. Ek wil nie by die punt van eensaamheid draai nie! Trompie is ook n wonderlike meelewende hond. Hy wag as ons straat oor steek tot ek sê ons moet loop. As hy agterkom dat ek die bult te stadig uitklim sal hy staan en wag tot ek by hom is en dan weer verder snuffel.(hy het n redelike lang lei-band) Sy optrede maak my sommer ekstra lief vir hom.

    Liked by 1 person

  4. Ek verstom my partykeer wanneer ek so oor my lewe terugkyk waar ek orals gaan draai het, en hoe my lewe geloop het. Baie lag…. maar ook baie trane. Wens ek kan daardie oom se lewensverhaal hoor!!

    Liked by 1 person

  5. Op ‘n heel ander onderwerp – ek het geskrik toe die olifant na my staar met die opmaak van die blog. Oor ouer wordende olifante is daar natuurlik baie stories. ten minste as ons olifant met mense wil vergelyk – plooie is nie altys teken van ouderdom nie – in die fleur van sy lewe is ollie reeds goed beplooid!

    Liked by 1 person

  6. Ja ons elkeen het ‘n storie wat ander laat wonder. Ek is baie lief vir my eie geselskap. Somtyds kan iemand eensaam wees tussen ander mense. Interessante woord ‘eensaam’..Lekker gelees aan jou insiggewende woorde Angeltjie

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +