Trap..trap…

suutjies!

Die duine en woestyn hier rondom Swakopmund,huisves ‘n skat van lewe.Op die oog af lyk dit soos groot hope sand op ‘n gruisvlakte,met ‘n paar bossies hier en daar.Moenie glo nie,klim uit jou voertuig,sit jou bril op,neus teen die grond en soek,soek…totdat jy kry!

IMG_0975_edited-1
Kyk in die middel van die foto of jy dit kan sien.
IMG_0977_edited-1
Nog bietjie nader…sien jy dit nou?
IMG_0934_edited-1
Oepsie…die eienaar van die ogies,peul uit die sand uit!Hierdie slang se ogies sit bo-op sy kop,hy grawe homself in die sand in en bespied die omgewing…dus,kyk waar  jy sit of trap!
IMG_0926_edited-1
Hy staan bekend as ‘n “sidewinder”(Bitis peringueyi)omdat hy sywaarts oor die sand beweeg teen ‘n spoed van tot 18 kilometer per uur.
IMG_0853
Op een van die min bosse,kry ons hierdie outjie.(Chamaeleo namaquensis)
IMG_0893_edited-1
Bekkie gaan oop…
IMG_0894_edited-1
Tongetjie kom effens uit…
IMG_0895_edited-1
Nog ‘n bietjie…
IMG_0896_edited-1
Skiet blitsig vorentoe…heel uit die foto uit!!
IMG_0907_edited-1
Tong skiet terug met ‘n maaltyd vasgevang!Kyk hoe lekker kwyl sy mondhoeke.

Die les wat ons leer:Moenie met jou voertuig,quadbike,motorfiets of voete,oor  bosse ry of trap nie.Die heel beste is om daardie speelgoed tuis te los en suutjies te trap in hierdie fyn wonderwêreld wat skaars sigbaar is!

77 Replies to “Trap..trap…”

  1. Very good shots. Wouldn’t come too close to that snake though. 🙂
    Chameleon is also very good. Used to have similar ones in kenya. The three horned kind. Do you have them too? Cheers. Brian

    Like

  2. Ek is seker as jy op ‘n plek kom dan sê al die diere. Haai ouens, Dina is hier rise en shine dis tyd vir ‘n foto sessie! Ek verbeel my daardie eerste foto is hoe manna moes gelyk het.

    Liked by 1 person

  3. Ek het eers na die fotosgekyk, sonder om jou kommentaar te lees en wonder so in my stilligheid waarom jy 2 identiese fotos geplaas het en waarom jy nie ‘n nader makro-foto van die sand geneem het nie… Ek lees die kommentaar met slang saam en skielik ondergaan die sand ‘n metamorfose na puik fotos! Daardie laaste foto van jou sou sekerlik die prys gewen het by WordPress se weekly photo challenge: Details. Nou goed daar is nie ‘n prys nie, maar nie-amptelik ken ek hom toe.

    Liked by 1 person

  4. Nope, ek gaan nie uit die kar uitklim nie!!! Die fotos is soos altyd pragtig maar ek gaan verby dankie. Soos my kleinseun sou sê “tanks but no tanks.”

    Liked by 1 person

  5. Pragtig,pragtig, pragtig. Jy het die verkleurman se tong en vang darem vinnig en raak geneem. Hoe naby was jy? Het hy jou nie uitgekyk nie? Kan my voorstel dat een oog op jou was en ander een op gogga. Die slang is ook besonders. Hoe het jy hom raakgesien? Sjoe, dis nou n klom vrae!

    Liked by 1 person

    1. Ineke,ons was op ‘n georganiseerde woestyntoer.Dit neem so 3tot 4 ure in die oggend en die persoon wat ons uitneem,het drie viertrekvoertuie,waarmee hulle in die duine digby Swakopmund,op vasgestelde roetes ry.Die bestuurders,wat ook gidse is,soek die diertjies en vertel mens alles.Die trapsuutjies is so gewoond aan die voertuie,want hulle kry lekker geteelde meelwurms by die toerleier en dis dan wat mens heerlik met jou kamera kan speel!Dit help natuurlik om mense op te voed en te laat besef die woestyn beskerm sensitiewe lewe.

      Like

  6. beautiful images and sentiments – I couldn’t agree with you more about treading carefully, always, since nature is all around us, even (especially) under our boot soles!

    Liked by 1 person

  7. Daai tong! Wat was jou kamera spoed en lens… gits… ek weet nie wat die terme is op Afrikaans nie.
    What were your camera settings? Shutter speed? Did you have it in sport mode so you could take a sequence? 😉
    Great photos!!

    Liked by 1 person

    1. AJ ek skiet met ‘n Canon EOS 80D en 100/400 lens.Ek neem net op Av en sit my Fstop op 4.5,ISO op 400(om my agtergrond te blur).Dan is daar ‘n stellingAF(Automatic Focus) wat ek stel om AI servo te wees.Dit help om die fokus vinnig te hou op bewegende voorwerpe.Dan stel ek ook my Drive funksie na high speed multishot.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +