‘n Heerlike dag…

op ‘n bootvaart in Walvisbaai se hawe.Deel 1.

IMG_0283_edited-1
Eerstens spring ‘n rob op die boot en maak almal nat met sy groot lyf.
IMG_0661_edited-1
Die skipper op die boot begin fluit en doer kom hy aan!
IMG_0660_edited-1
Hy lyk soos ‘n groot vragvliegtuig …daar wag ‘n vissie op die boot!
IMG_0644_edited-1
Sy lyf lyk miskien groot,maar hy weeg maar net tussen drie en vyf kilogram.
IMG_0428_edited-1
Hy parkeer homself op die boot se dek,skaars ‘n meter van my af.
IMG_0399
My lens is te lank,maar ek kyk diep in sy oog!
IMG_0402_edited-1
Nog bietjie nader…sy geriffelde keelvel lyk soos spaghetti.
IMG_0418_edited-1
Nou ‘n mooi kopskoot!

Die pelikane in Walvisbaai is gewoond om agter die bote aan te vlieg en met vissies bederf te word.Dis ‘n heerlike geleentheid om hierdie interessante geveerdes van naby te sien.

 

45 Replies to “‘n Heerlike dag…”

  1. Daardie gevogelte is behoorlik mooi van lelikgeit! Ek hou van jou beskrywing “soos ‘n groot vragvliegtuig” – hy het my ook aan ‘n ou Hercules laat dink. Fantastiese foto’s wat perfek sou pas by ‘n rukkie terug se foto-uitdaging hier op die blogs: “Detail”.

    Liked by 1 person

  2. Ai maar dit is die pragtigste foto’s Angeltjie!!!! Wat ‘n belewenis moes dit net nie gewees het nie. Jare terug was ek op die Sarie Marais boot in Durban se hawe. Ek het nie geweet ons is op die rit wat uit die hawe gaan nie. Ons moes wag vir die groot bote om die hawe binne te gaan voor ons kon terug gaan. Die golwe was soos berge weerskante van die boot. Die jellievisse was deurskynend in die reuse walle water. Dankie vir die deel van jou mooie foto’s

    Liked by 1 person

    1. Ek hou nie vreeslik van die dorp nie,maar daar is die ongelooflikste strandmeer,wat ‘n wêreld Ramsargebied is.Duisende flaminke en watervoëls kom hier voor.Dis net fantasties.Dankie vir die kompliment,Hester.

      Liked by 1 person

      1. Sowaar, ek het nie daaraan gedink dat Walvis verklaar is tot Ramsargebied nie. Ek ken nie eintlik daardie deel van Namibië so goed nie. Ons het rondgekuier van die Oranjerivier tot in Etosha, beide ook Ramsargebiede, maar dit was in die laat sestigs, vroeë sewentigs nog voordat die konvensie gesluit is.

        Liked by 1 person

        1. Daar is tans groot uitbreidings in die hawe.Nuwe kaaie word gebou,Sjinese het uraanmyne in die omgewing gekoop,nuwe winkelsentrum gaan op,daar is geweldige vervoer van goedere en die baai lê vol skepe.Ontwikkeling het hierdie stil wêrelddeel ook ingehaal.

          Liked by 1 person

  3. Bliksem… mooiste pelikaan fotos wat ek nog gesien het. Wat my altyd beindruk is hoe massief die pragtige pelikaan is… ek was nog altyd ‘n bewonderaar van pelikane al het ek nog nooit een in die wild gesien nie

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +