Nog woestynbewonertjies

Mens wonder dikwels of voëls ook in die woestyn voorkom.Wel,tot my verbasing vind ons die volgende veervolkies ook op ons woestynuitstappie:

IMG_0740_edited-1Die Woestynspekvreter (Tractrac Chat)woon op die duine en gruisvlaktes van die Namib.Dié parmantige klein voëltjies raak heel mak naby mense en kan redelik maklik gefotografeer word as mens net vinnig genoeg is!

IMG_0780_edited-1Hierdie enetjie het gefladdervlieg op dieselfde plek,toe kon ek hom vasvang met my lens.

IMG_0825_edited-1Hierdie knapie lyk baie soos die spekvreter,maar dis ‘n Namiblewerik.(Gray’s Lark)

IMG_0862_edited-1Ek is gek oor verkleurmannetjies,dus plaas ek nog ‘n paar aksiefoto’s.

IMG_0874_edited-1

IMG_0881_edited-1

IMG_0875_edited-1

Die interessantste en mooiste van al die woestyndiertjies,is die Palmatogeitjie (Palmato Ghecko).

IMG_0701_edited-1Hierdie diertjie is heel deurskynend en mens kan sy ingewande van buite af sien,selfs die eiertjies,wanneer die wyfie dragtig is!Let op die gewebde toontjies,om makliker op die sand te beweeg._B0O3017Hulle is nagdiere en die son is dodelik.Net ‘n paar sekondes sonlig kan hul einde beteken! As jy een uitgrawe om te besigtig,moet hy heeltyd in skaduwee gehou word._B0O3014Hy beskik nie oor ooglede nie en moet sy ogies lek om dit skoon en vogtig te hou.

(Laaste twee foto’s geneem deur manlief)

Hierdie pos is spesiaal vir Thomas Pannenkoek,wat eerder die natuur,as lelike skepe in ‘n hawe, wil sien…LOL!

 

 

 

Advertisements

55 thoughts on “Nog woestynbewonertjies”

    1. Oe,jy gaan dit vreeslik geniet.Jy sal sien dis maklik om sulke foto’s te neem,want jy is by die diere…mmm…miskien so bietjie oefen om dit skerp te kry en onthou,jy moet bereid wees om op jou maag in die sand rond te kruip!

      Liked by 1 person

  1. Ag die geitjie is te deirbaar. Weet jy elke keer as ek een sien wens ek dit wil my troetel dier word… hoe kan mense vir iets so cuuuute gril… en die goetjies kan nie eers mense seer maak nie, so ek verstaan nie hoe mense bang is vir die klein engeltjies is nie

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s