Augustusmaand…

is vir my die mees besondere maand van die jaar.Wanneer die klomp windorreltjies(windchimes vir diegene wat nie die woord ken nie)onder die lapa se dak,vrolike liedjies op verskillende toonhoogtes begin uitkletter,weet ek…die maand van wind is hier!

Tydens die wintermaande,is ons tóé onder ‘n rookkombers van natuurlike veldbrande,gestigte veldbrande,uitlaatgasse van fabrieke en motors,rook van steenkoolvure uit die townships en kragstasies op die oostelike hoëveld.Selfs die voëls kug soggens vroeg uit benoude borse en lewer rasperstem-voëlgesange.Die lug is grys en lê soms soos ‘n swaar stink verekombers oor Gauteng.

Augustusmaand se winde pluk daardie vuil verekombers van die landskap af en werp dit iewers heen,om ‘n pragtige kristalhelder blou lug bloot te lê,waar mens en dier weer vrylik kan asemhaal!

Augustusmaand is ‘n maand van ontwaking.Hoewel soms nog bitter koud,is daar ‘n duidelike gevoel van die son wat begin skuif en dae wat langer word.Wanneer mens fyn kyk,sien jy klein knoppies op boomtakke,wagtend om uit te stulp in vars liggroen jong blaartjies.Teen die einde van die maand is daar selfs orals bloeisels sigbaar.

Augustusmaand is ‘n maand van reuke.’n Skielike varsheid word in die lug bespeur,gevolg deur effense klankies van hoendermis,beesmis en kompos,wat deur ywerige tuiniers in beddings ingespit word.Soms kan laasgenoemde bietjie oorweldigend raak,maar dit dra by tot ‘n ingehoue opgewondenheid oor iets besonders wat wag.

Augustusmaand is die maand van bolle en knolle.Orals stoot affodille,tulpe,ixias,renonkels en freezias hulle koppies uit na die son.Die verskeidenheid van geure,veral van freezias,is soos opium vir die siel.

Augustusmaand is die maand van verjaarsdae.Ek ken maklik twintig mense wat hierdie maand verjaar.In ons gesin alleen is daar drie.Dis vir ons ‘n maand van vreugde en partytjies en samesyn.

Augustusmaand is ook ‘n maand van herinneringe en hartseer.Herinneringe aan ouers en vriende wat nie meer hier is nie.Hartseer oor die tyd wat so vinnig verby snel.

Augustusmaand is ‘n nuwe begin.Die wind waai al die ou spinnerakke uit mens se kop uit,waai bedompige winterkamers skoon,waai die as van veldbrande uit sentraal Afrika suidwaarts en laat dit saggies oor Suid-Afrika neersif…moeder natuur se eie balsem van vrugbaarheid oor hierdie dorre land van ons.

Augustusmaand is….

45 Replies to “Augustusmaand…”

  1. Lieve Diana
    Wat een knappe ode aan de maand augustus. Ik moet altijd luidop lezen dan versta ik bijna alles, zoals jij deze woorden ook wel zal begrijpen. Je beschrijvingen zijn zo ECHT en gemeend! Ik wens je nog een fantastische augustusmaand toe, met veel frisse wind…

    Liked by 3 people

      1. Ek en liefie het begin dat in Aug, ook in die maand getroud. Pa, oom, liefie en vriende EN woefies verjaar in die maand. Dis ‘n lekker maand lyk dit my.

        Liked by 1 person

        1. Ek veronderstel met al ons opmerkings plaas nogal druk op nou maar ek verseker jou dit raak nie afgesaag nie. Ek het maar ‘n verhalende streep in my – self al plaas ek fotos is daar beskrywing of storie

          Liked by 1 person

  2. Ik moet ook alles hardop lezen om het te begrijpen maar ik doe het graag.
    Je geeft zo.n mooie beschrijving van wat je ervaart.
    Bollen in augustus….😄
    Das een beetje aan de late kant, binnenkort ga ik hier weer bollen poten op de kale plekken in de tuin.
    In deze tijd is het meeste uitgebloeid .
    De hortensia moeten nog wat kleur brengen maar de zomer is over zijn hoogtepunt.
    Dan is het grappig te lezen dat de tulpen bij jullie de kop opsteken.
    Hier staat de herfst voor de deur. Mijn favoriete seizoen vanwege de prachtige kleuren en het mooie licht.
    Het ziet er naar uit dat we nog een indiansummer krijgen.
    Groeten uit Haaksbergen.

    Liked by 1 person

  3. mal oor jou beskrywing van Augustus Angeltjie!! en dit is presies soos jy beskryf!! ek het ook ‘n paar verjaarsdae in Augustus onder andere my eerste man en my jongste, enigste witkop, dogter. dankie vir lekker lees Angeltjie 🙂

    Liked by 1 person

  4. Dit is ‘n pragtige positiewe uitkyk op ‘n maand waarop meeste van ons wens die wind wil gaan lê. Dankie, hopenlik kyk ek in die gevolg meer genadiglik na die windmaand.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +