Vir Toeka-Tokkel:Safari

Ek haal ‘n ou brief van my LitNet dae aan,wat op 11 Augustus 2008 verskyn het as Bokomo-brekfisbrief.Ek hoop julle geniet hierdie stukkie uit my verlede.

Junie 2008

Ek het onlangs die voorreg gehad om deur Botswana na Zambië te reis. Ons was vier persone met twee voertuie. Ek kan nie beskryf watter ervaring dit was nie. Al wat ek weet is dat mens met ander oë na die wêreld kyk as jy so ‘n reis meegemaak het.

By die Kazungula-grenspos tussen Botswana, Zambië en Zimbabwe het die poppe al begin dans! Ons moes met ‘n pont oor die rivier waar die Chobe- en Zambezi-riviere bymekaarkom. Reuse vragmotors het vir kilometers tougestaan, want net vier voertuie en een vragmotor kon op ‘n slag oorgaan. Van die vragmotorbestuurders het gesê hulle staan al tien dae in die ry! Dit was juis in die tyd van Zim se tweede verkiesing en almal oppad na die DRK of enige Afrika-land is toe by hierdie grens. Gelukkig was die gewone voertuie se ry baie kort en ons het so na drie ure se gewag in vreeslike hitte aan die beurt gekom. Intussen is ons oorval deur sogenaamde “runners” wat namens jou alle papierwerk aan die Zambië-kant uitsorteer. Hulle doen dit kastig teen R10,maar op die ou end het dit ons baaaaie meer gekos, want mens is naderhand so moeg vir die rompslomp en algehele chaos dat jy net betaal om van die manne ontslae te raak!

Die pont is enige Amerikaner se droom … ons het lekker gespot en gewonder vir wie hulle sou “sue” as iets gebeur! Al wat ek kan sê is dat daai plat “skippie” in ‘n bedenklike toestand was! Met vier ander voertuie plus ‘n reuse tenker met sleepwa vol gifstowwe en omtrent 300 voetgangers, is ons toe oor. Elke voetganger het ‘n pakkaas der pakkase gehad … tien-liter dromme vol brandstof, bokse Autumn Harvest, komberse, kruideniersware en en en … Die enigste veiligheidsmaatreël waarop hulle baie gesteld was, was dat jy nie in jou voertuig mag sit tydens die oorgang nie. Ek het maar naby die reëling gestaan en my opsies oopgehou vir ‘n vinnige ontruiming!

Om ‘n lang storie kort te maak, ons het twee dae by die Victoriawaterval deurgebring … fantasties! Vandaar met die hoofpad na Lusaka om later af te draai na die Laer Zambezi Nasionale Park. Die eerste 75 kilometer tussen die Vic-valle en Zimba het ons drie ure besig gehou! Mense, dis die hoofpad na Lusaka en die enigste pad! Dit was een groooot slaggat op die ander. Aan entrepeneurskap het dit die landelike bevolking ook nie ontbreek nie. Orals langs die pad staan hulle met grawe en as hulle jou sien aankom, gooi hulle sand in die gate dat die stof so staan en vra dan vir ‘n aalmoesie!

Met ons kruising oor die Kafuerivier het ons benoude oomblikke beleef. Ons twee voertuie was die enigstes op die pont. Toe ons opgaan, het ons nog gespot oor ‘n yslike hoop ghriesbesmeerde gereedskap wat sommer daar op die dek lê … selfs foto’s geneem. Amper anderkant, helse slag en daar dryf ons met ‘n spoed rivier af oppad Mosambiek toe! Op een of ander manier slaan ons die oorkantste wal … biesies, riete, voëlneste en als wat leef in hulle maai in! Natuurlik skep die ou “skippie” toe water en ‘n klein twee-perdekrag pompie spook verwoed om ons van algehele sinking en verdrinking te red. Een ou stroop sy klere af … handige baaikostuum onder aangehad … duidelik ‘n alledaagse gebeurtenis. Die knaap is in die koue, krokodil- en seekoeibesmette waters in en voila! ‘n Halfuur later poef-poef ons rustig stroomop en land ongedeerd anderkant.

Die rede vir hierdie verskriklike lang skrywe is om te demonstreer dat Afrika absoluut uniek is. Met ons Westerse ingesteldheid kon ons nou galbraak oor alles wat “verkeerd” is. Wie sê dit is verkeerd? Op hulle rustige en vriendelike manier het die Zambiërs gesorg dat ons oral welkom is … miskien nou nie altyd so veilig nie. Sonder haas en met MIN impak op die omgewing, doen hulle ook hulle ding! Dit laat mens dink.

Groetnis
Perdebytjie

38 Replies to “Vir Toeka-Tokkel:Safari”

  1. Dat was een bewogen avontuur.
    Een werelddeel waar ik weinig van weet behalve wat ze ons in de media tonen. Ik werk momenteel met iemand uit Afrika samen en heb al heel wat geleerd over die jongen en zijn manier van denken.

    Liked by 1 person

  2. Ek het hierdie safari nou saam met jou geniet. Afrika, ja. Ek dink as jy dit kan regkry om jou horlosie op Afrikatyd te stel, dan is die lewe baie rustig. Ek begin nou gewoond raak aan hierdie “laid-back” lewenswyse.

    Liked by 1 person

  3. Hoi Diana, wat een avontuur hebben jullie gehad, ik denk dat jullie dat nooit gaan vergeten. Ik kijk veel naar documentaires, ben zelfs al in Zimbabwe en Botswana (Chobe)geweest, de Vic Falls waren machtig en dan die regenbogen! In de Zambesi River lodge ‘s avonds een nijlpaard op de oever, we hebben ons vlug in veiligheid gebracht! Vertrek binnenkort naar Vietnam, dat zal weer kleurrijk zijn! Tot later

    Liked by 1 person

  4. Je zult toch drie dagen in de hitte moeten wachten tot je op een bedenkelijk vaartuig kunt stappen.
    Ik hoop dat je foto,s hebt gemaakt want ik zou graag met eigen ogen zien hoe dat er toe gaat.
    Jullie hebben echt een droomreis gemaakt.

    Liked by 1 person

    1. Dit was darem net drie ure,Eveline!Daardie tyd het ek nog nie ‘n kamera gehad nie,dus het ek geen foto’s geneem nie.My suster het wel ‘n paar geneem,wat ek by haar sal kry om te wys hoe dit gelyk het.

      Like

    1. Hehe,Abrie,ek weet nie of ek die gal het om wéér hierdie trippie te doen nie.By tye was dit redelik angswekkend,veral toe ons in die rivier afgedryf het oppad see toe!!😜

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +