Luiperd,luiperder,luiperdste

Die pas afgelope week het ons ‘n fees van luiperds ervaar…nie minder nie as sewe verskillendes,waaronder twee kleingoed van drie maande!

IMG_1258_edited-1
Vier-vier mannetjie…uitkenning geskied volgens die boonste ry kolletjies van die snor.In hierdie geval het die luiperd aan weerskante van sy snoet,vier kolletjies.Ongelukkig kan mens nie die anderkant sien nie.
IMG_1619_edited-1
Drie-twee mannetjie,ook bekend as die Piva mannetjie.Let op die bosluise op beide ore en zoemende goggas om sy kop.
IMG_1926_edited-1
Jong wyfie…sy is nog net vyftien maande oud en al klaar selfversorgend!
IMG_2522_edited-1
Die Anderson-mannetjie…’n massiewe luiperd..in ‘n maroelaboom.
IMG_7678_edited-1
Nuuskierige katertjie…loer oor die rand van ‘n termiethoop.Drie maande oud!
IMG_7745_edited-1
Die ander kleinding is amper aan die slaap in die mik van ‘n maroelaboom.
Advertisements

39 thoughts on “Luiperd,luiperder,luiperdste”

    1. Hierdie diere is in die Sabie-Sandwildreservaat.Dit grens aan die wêreldbekende Krugerwildtuin.Daar is nie grensdrade tussenin nie,dus kan diere vryelik heen en weer beweeg.Dis omtrent ses ure per motor van my huis,maar ons probeer soveel as moontlik soontoe gaan.Dankie vir inloer, Eveline!

      Like

    1. Baie dankie Linda.Nee,ons gee nie die name nie.Die Sabie-Sand Reservaat waar hierdie diere voorkom,word besit deur ‘n hele aantal grondeienaars en soos wat diere waargeneem word,word hulle vernoem na plek van geboorte en soms sy gebied waar hy meeste gesien word.Wetenskaplik word hulle aangeteken as bv. 4/4 mannetjie,3/2 wyfie ens.Die laaste ry kolle op die bolip word getel en so geskied uitkenning.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s