Dis toe nie…

bobbejaan wat die berg klim nie,maar….een van die woestynleeus van Namibië!Hierdie is besondere diere en word gemonitor,vandaar die halsband.Hulle aanpassingsvermoë is ongelooflik en hierdie wyfie het ‘n vertoning soos min gelewer.Dit was ‘n hoë berg en sy het stappie vir stappie versigtig afgeklim,terwyl ons asem ophou en die kameras laat kliek!

img_8199_edited-1img_8214_edited-1img_8216_edited-1img_8222_edited-1img_8257_edited-1img_8249_edited-1img_8239_edited-1img_8254_edited-1

Ek was vir  tien dae dae in die woestyn in Damaraland en Kaokoland.Dis Namibië se noord-westelike streke,wat strek vanaf die Skedelkus tot by die Kunenerivier,wat grens aan Angola.

Dit was ‘n wonderlike ervaring,wild,woes en mensloos.

47 Replies to “Dis toe nie…”

  1. Sjoe dis mooi!
    Ek het nou Weg! Agetrpaaie begin kyk. Hulle reis deur Namibië. Die laaste episode wat ek gekyk het was hulle by een of ander canyon. Daai plek roep my siel.

    Ek het nogal my man gevra of mens net daar kan gaan sit sonder om bang te wees iemand val jou aan. Of iets.

    Ek wil so graag gaan.

    Liked by 1 person

    1. Daar is niemand wat jou sal aanval nie.Dis egter raadsaam om nie alleen te gaan nie.Die paaie is nie maklik nie en jy moet weet wat jy doen.Ons het dit nou al ‘n paar keer gedoen en ek verkies dit duisend maal bo ‘n oorsese reis.

      Liked by 1 person

    2. Baie mooi foto’s! My hart trek n lang punt soontoe. Ons kon net skrams om Kaokoland ry omdat ons reisgenote se voertuig nie die paaie sou kon baasraak nie. Gelukkig van die woestyn olifante by Palmwag raakgeloop, maar ons gaan terug vir die leeus…sommer baie binnekort!

      Liked by 1 person

    1. Jy mag enige tyd enige iets vra!Hierdie wyfie was in die Hoanibrivierbedding.Ons het haar die vorige dag onder ‘n bos gekry by die drinkplek by Dubispoort.Hierdie oggend was sy bo in die berg wat langs die rivierbedding opstrek.

      Like

      1. Baie dankie, dit gaan onmiddelik op my wenslysie! Dit is sommer digby Sesfontein waar ons omgedraai het. Ek het geraai dit sal effens meer Noord wees, by Omanye of Orupembe.

        Liked by 1 person

        1. Ja en as jy ‘n lekker 4×4 het ry jy daar in die Hoanib in net verby Sesfontein,soek spore en kamp iewers sommer net daar…die sterre is jou dak en die veld jou huis!

          Like

  2. Een leeuw die een berg afdaalt in de woestijn!
    Er zijn dagen dat ik dat niet zie.
    Wat geweldig!
    Jullie zijn echte avonturiers zeg. Je tent opslaan in de woestijn, geweldig.
    Zoals je het moment beschrijft kan ik het helemaal meevoelen.

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie Eveline!Dis ‘n wonderlike manier om weer perspektief te kry op die lewe.Dan kom mens agter jy het nie baie water en geriewe nodig om tog gemaklik en gelukkig te wees nie.

      Like

        1. Wat ‘n jammerte ne…. Hoekom kan die mens nie bietjie minder word nie, daar is regtig te veel van ons, veral as mens sien hoe mense diere sinneloos dood maak

          Like

  3. Dit is nou werklik n belewenis om nostalgies oor te raak. Sjoe die dame het darem lekker kans gegee vir fotos. Sy lyk nogal heel rond en gesond. Maggies ek kan nog nie daaroor kom dat jul so gelukkig was om haar te sien nie. Dankie vir die deel met ons,

    Liked by 1 person

    1. Sy het so gekonsentreer om van daardie hoë krans af te kom,dat ek nie dink sy het veel notisie van ons geneem nie.Die leeus raak ook nou rustiger met voertuie in die omtrek,want deesdae is daar meer mense wat hier kom.Sewe jaar gelede toe ons ook hier was,het die leeus weggehardloop.

      Like

  4. ‘wild woes en mensloos’…
    Ek hou daarvan!!!!
    Indrukwekkende foto’s, bly vir jou part dat die geluk jou te beurt geval het om die pronkende koningin se staptog te kon vaslê
    Julle laat my dink aan die program wat ek lank terug op ‘n natuur kanaal op tv gevolg het, van die man en vrou wat vir dae aaneen in die veld vertoef om die gedrag van diere op film vas te lê. Behalwe dat dit ongerep so in die natuur is, dink ek dit kan ook goed romanties raak….net jy en jou maat en die natuur…water my mond nou…. 😉

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +