Humor op vêr paaie…

Die woeste Kaokoland is nie net besonders en vêr van alles af nie.Om elke draai is ‘n aangename verrassing.As dit nie klipmanne is nie,is dit humoristiese padaanwysers,met grapjasse se spore wat daar gelaat is.

Die eerste een wat ons teëgekom het,was drie groen dromme.Om mooi die prentjie te kry,moet mens verstaan,dis myle en myle van die beskawing af op ‘n kaal vlakte,waar jy sewe dae die toekoms in kan sien!

img_8156_edited-1
Die prentjie is afgerond met iemand se pet,’n ou rekenaarskerm,sleutelbord en muis!
img_8157_edited-1
Elkeen wat verbykom,plak sy plakker op die skerm.Items vir oorlewing:’n potjie Ingram’s Campherroom(groen houertjie links)vir ‘n dor vel.’n Botteltjie Jaegermeister(langs die room)vir die groot dors.’n Aansteker om vuur te maak met geen hout in sig nie.’n Paar Namdollars vir kos,met die naaste winkel 500km ver en ‘n boekie sonder ‘n pen,om in te skryf dat jy dit tot hier gemaak het!

Die Rooi drom is die oudste en staan op ‘n kruising van vier windrigtings.Mens moet maar weet waarheen jy gaan,want hier is nie naambordjies nie!

img_8372_edited-1
Vol gate geskiet en klippe met verbygangers se name op..heelwat deur die jare.Die storie gaan dat dit nog ‘n drom is uit die dae van die grensoorlog tussen Suid-Afrika en Angola.

Die interessantste drom is die blou een.

img_8370_edited-1
Perdeby wou bel,maar…..
img_8364_edited-1
soos Caesar en Candice,moes sy met ‘n skok besef,dat die foon buite werking is!
img_8365_edited-1
Miskien is daar ‘n satelietsein??
img_8363a_edited-1
Toe nou nie!

 

img_8366_edited-1
Van die anderkant af.
img_8367_edited-1
Die vete tussen Toyota Landcruiser en Landrover sal vir ewig voortduur.”Off course”,moet natuurlik “of course” wees.Miskien moet die Landcruisers eers hul Engels bietjie optop!

Daar is nog dromme.maar ons het net by hierdie drie uitgekom.Dit maak ‘n lang reis baie prettig!

 

 

 

 

49 Replies to “Humor op vêr paaie…”

  1. 😄😄😄. Heerlijk dit😄😄😄
    De humor ligt in Amsterdam op straat Heb ik van horen zeggen maar humor aantreffen in de totale verlatenheid is helemaal top.
    Toch maar goed dat jullie een radio mee hadden want die telefoon vertrouw ik niet.😉

    Liked by 1 person

  2. Brilliant – all the primary colours RGB, and a wonderful illustration of ingenuity and the pointless nature of technology in the face of such vast natural space… makes one think in philosophical terms but for the intrusion of humour, which reminds one of the absurdity of it all? 😉

    Liked by 1 person

  3. En dit maak die rit net soveel meer uniek!!!! Mense wat dieselfde ‘taal’ praat se ‘geselsies’ met wie ookal voel om te ‘antwoord’. Memories wat verewig staan vol nostalgie. So lekker seker om jou eie storie te bou rondom die padwysers en stories wat wie ookal daar agter gelos het vir ander om oor te wonder. Uniek voorwaar!!!!! Baie geniet dankie Angeltjie

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +