Besondere mense

Die Himbas van Kaokoland is geharde mense.Hulle leef na aan die aarde en in uiterste eenvoud.Hulle is veeboere en trek rond agter weiding vir hul diere.Gelukkig is dit moontlik,want Damaraland en Kaokoland is gemeenskaplike grond en nie afgebaken in besitreg nie.Daarom is dit ook moontlik vir die toeris om haas enige plek te ry en kamp op te slaan.

Daar is al soveel oor hierdie besondere groep geskryf,dat ek nie meer kan byvoeg nie.Ek was egter gelukkig om hierdie groepie raak te loop en hulle was heel inskiklik dat ek foto’s neem.Dis uiters ongeskik om sonder hul toestemming hul woonplekke te besoek of foto’s te neem.

Na die uitruil van ‘n pakkie suigtablette vir keelseer en oogdruppels vir die kleintjies,was hulle die ene glimlagte en bereid om model te speel.

img_8408_edited-1

img_8421_edited-1

Hierdie vrou was duidelik die leier en die babatjie was amper vas aan die slaap.Die twee jong dogters was baie skaam en die kleinste het beduie haar keel is baie seer.

img_8411_edited-1

Hier is die outjie al effens wakker,maar nog valerig.Let op hoe ontsteek is sy ogies.Die hitte en stof eis sy tol op ‘n oog.

img_8410_edited-1 Die vrou op die agterste donkie se baba se ogies was ook erg ontsteek.

img_8412_edited-1

img_8413_edited-1

img_8418_edited-1Die interessante haarstuk van naby.Die rooibruin kleur van die vrouens,is ‘n mengsel van   oker en dierevet,wat aangesmeer word.

img_8415_edited-1                                                Vrolike vaarwel na die fotosessie!

Lees gerus hier vir verdere baie interessante inligting en foto’s.

http://www.dailymail.co.uk/femail/article-2607647/Incredible-photos-reveal-elaborate-hairdos-Himba-tribe-created-using-goat-hair-MUD.html

 

 

 

57 Replies to “Besondere mense”

    1. Interessante reaksie dat jy soos alle moderne mense reageer.Dit was my eerste gevoel ook om hulle te bejammer,maar hierdie is sterk,gelukkige mense wat na aan die aarde leef en beslis nie naastenby soveel stres en probleme soos ons ervaar nie.Dankie vir inloer,Knipperdeknip.

      Liked by 1 person

      1. Ik kan geen nieuwe reactie plaatsen dus doe ik het maar hier.
        Dina ik ben onder de indruk van deze prachtige foto,s en mooie mensen.
        Het lijkt of ze met modder ingesmeerd zijn. Zonbescherming ?
        De haardracht is ook prachtig.
        Ongetwijfeld hebben ze een hard bestaan.
        Wat een mooie ontmoeting!
        Allemachtig wat een mooie reis hebben jullie gemaakt.

        Liked by 1 person

    1. Baie dankie.Ja,ons het maar so beduie.Dit was kostelik om te sien hoe hulle die pakkie Halls suiglekkertjies bekyk en bespreek het.Die kleinste dogter het beduie haar keel is seer en ek dink hulle het medisyne verwag.Naderhand het ek die pakkie oopgemaak en vir haar een in die mond gestop..toe gaan daar lig op.Die oogdruppels was maklik,want die beduiery was voor die handliggend.😄

      Liked by 1 person

  1. Interessant en goeie foto´s, soos gewoonlik. Daar was ´n paar jaar gelede, ´n artikle oor die blanke man, jammer dit is nou seker polities onkorrek, wat met een van hulle getroud was en tussen hulle gewoon het. Toe ek nou dié lees, toe wonder ek, wat het van hom geword. Volgens daardie berig, bad hulle nie eintlik met water nie, maar hulle “was” bestaan uit ´n stof bad.

    Liked by 1 person

  2. Eintlik is dit baie mooi…. die hare en juwele ens. Wonder of daardie insmeerdery ‘n daaglikse ding is? Die fotos is almal pragtig maar daardie laaste een sê iets spesiaals.

    Liked by 1 person

  3. Mooie reportage..
    Uw reacties zie ik regelmatig bij diverse bloggers waar ik ook lees. Ben geïnteresseerd in de Zuid-Afrikaanse taal. Hoop dat ik het een beetje leer spreken, ik ga eind januari 2017 voor 6 weken naar Margate, Zuid-Afrika. Vrijwilligerswerk doen in een opvanghuis voor alleenstaande kinderen, waar weer een gezin voor wordt gezocht. http://www.gcf.org.za/. Kom nog wel eens vaker langs!
    Lieve groetjes, Trees

    Liked by 1 person

    1. Hier is elf tale wat gespreek word en waar jy gaan sal Zoeloe en Engels waarskynlik die meeste gepraat word.Afrikaans word min gebruik in daardie deel van SA.Dit klink na ‘n wonderlike projek en ek dink jy gaan dit geweldig geniet!

      Liked by 1 person

      1. Elf talen in heel SA? Tja dat wordt moeilijk. Dan wordt het Zoeloe haha.. Ik hoop toch dat ik iets kan leren.
        Het project is prachtig. Kinderen horen niet in een kindertehuis, maar in een gezin. Heb er heel veel zin in en zal op mijn blog ook regelmatig verslag doen.

        Liked by 1 person

        1. Oh ja, denk ook wel dat Zoeloe heel moeilijk is. Ik hoop dat ik wel iets meekrijg. De voertaal is ook Engels, dat is geen probleem.
          Bedankt dat je me bent gaan volgen. Jouw blog staat nu ook in mijn Feedly! Het duurt nog even voor ik ga, als ik daar ben zal ik zeker verslag doen, ik hoop een paar keer per week..

          Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +