Skapie mê!

Verlede week gesien op ‘n pad in die Vrystaat.Die verkeer moes stilstaan,terwyl honderde skape oor ‘n brug loop.Die boer se bakkie was langs die pad en deur my oop venster kon ek hoor hoe hy met sy werkers kommunikeer om die skape aan te jaag.Die arme man was omtrent gestres en die sweet het op sy voorkop gepêrel!

Toe ons kans kry om verby te gaan,het die ou vierde van voor af(op die eerste foto en met die oranje baadjie) gesien ek neem hulle af. Skreeu toe so ewe vir my:”Shoot my miesies!”Ons het heerlik gelag.

Alles het darem goed afgeloop.Ek kon nie goeie skote kry nie,maar dit was omtrent ‘n gesig!

img_0008img_0007

Advertisements

48 thoughts on “Skapie mê!”

  1. De stress is te begrijpen als je de omvang van deze kudde ziet.
    Ik zou er niet graag verantwoordelijk voor zijn.
    Doorgaan lees ik mijn man Ton voor wat jij schrijft.
    We genieten zo van jullie taal. Het is zo bijzonder dat mensen duizenden kilometers bij ons vandaan een taal spreken die wij verstaan.
    Gezien jou naam heb je Nederlandse voorouders. Is jou daar meer over bekend?
    Meestal zie ik in t.v.programma,s over zuid Afrika dat er Engels gesproken word , jammer want het zuid Afrikaans is zo mooi.

    Liked by 2 people

    1. Afrikaans is die derde grootste taal van elf tale in SA,Eveline.Meeste van die blanke voorouers het van Nederland en Frankryk gekom en Nederlands het mettertyd verander met invloede van Maleisiese en Hottentot tale ook.Hulle was weer slawe en plaaslike inwoners in die destydse Kaap.
      My eie vader het in 1936 van Nederland af gekom en met my Afrikaanse moeder getrou…hy was Arie Perdijk van Rotterdam.

      Liked by 2 people

      1. 1652 het Jan van Riebeeck vir die VOIC ‘n halfwegpos gestig op die roete na Indië.Daar begin die koloniale geskiedenis.Die Franse was vlugtelinge van godsdiensvervolging in die tyd van die Franse Rewolusie.

        Like

  2. Mooie foto’s en zeker niet gemakkelijk met zo veel schapen op de weg
    Interessant om je reactie bij Eveline te lezen en ze heeft gelijk jullie taaltje is zo mooi

    Ik ben vrijdag naar een optreden van Stef Bos geweest die ken je misschien ook woont 6 maanden bij jullie en 6 maanden bij ons in België … zingt in Nederlands en in zuid Afrikaans
    Hij vertelde oa en help me als ik het fout zeg dat wat wij een touchscreen noemen jullie een streelpaneel noemen …. heb ik het goed onthouden ?

    Liked by 1 person

    1. Stef Bos is baie gewild hier by ons.Jy het die woord heeltemal reg.Afrikaans het pragtige beskrywende woorde.Ongelukkig begin ons taal ook deurspek te raak met Engelse woorde en raak sommige mooi woorde vergete!😞

      Like

      1. Dis nie ‘n woord wat algemeen gebruik word nie,Merel.Dit is een wat ons ‘n nuutskepping noem.Daar is soms kompetisies waar mense gevra word om ‘n woord te skep bv vir ‘n smartphone en dan word die beste woord aanvaar.Daarna hoop die taalmense dat die woord in die volksmond gevestig raak.Ongelukkig gebeur dit nie altyd nie.

        Like

  3. Gebeut twee keer per jaar hier by ons. In die herfs bring die herders hul skape na die valleie, en in die lente lei die herders hul skape terug die Pyrenees berge in vir die somer. Jy kom skielik om ‘n draai en daar is net skape oral waar jy kyk.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s