in die woestyn.
Vroegoggend pak ons op om verder noord te ry.Ek stap solank vooruit terwyl die mans die laaste goed op die voertuig se dak vasmaak.Dis ‘n entjie in die rivierbedding op en dan oor die wal tot in die pad.Dis ‘n salige wandeling en ek sien naderhand die uitgang en stap ewe rustig die rivierwal uit.Net om doodseker te maak,trap ek aspris diep duidelike spore,sodat hulle kan sien waar ek gestap het.
Naderhand is ek in die groot pad.Dis so verlate en stil…net ek en die wydsheid..nie eers ‘n bossie of grassie in sig nie…net ek,miertjieklein, in ‘n massiewe uitspansel van sand,klip,berge en blou lug!In my gedagtes maal dit oor die wonder van hierdie onbeskryflike ervaring.’n Mens word selde so met jouself gekonfronteer en dis nogal ‘n angswekkende ervaring om alleen met die eie ek te wees.
Ek stap en stap en ek begin naderhand warm kry.Ek het geen water of hoed by my nie.Ek sou mos net vooruit stap en netnou weer in die voertuig klim.Ek klim op ‘n sandwal langs die pad en maak seker dat ek in die regte rigting stap.Ek probeer luister of ek die gebrom van die voertuig kan hoor.Waar is die manne tog?
Skielik begin visioene van realiteitsprogramme,waar mense verdwaal en hande-viervoet kruip na watermirages,in my gedagtes opkom!Onrustig begin ek oorlewingsplanne bedink.’n Mens bly op die pad,al kom daar net elke ses dae ‘n voertuig verby.Bly op een plek om energie te spaar.Soek ‘n rots om agter te skuil as die son netnou meedoënloos begin neerbrand.Trek jou hemp uit en draai dit om jou kop en gesig.Soek brandhout om vuur mee te maak…nee,daai ene gaan nie werk,sonder enige bome in sig en geen vuurhoutjies nie!Suig ‘n klip vir die dors.Moenie paniekerig raak nie.Iewers sal hierdie naald in die die groot woestynhooimied gevind word!
Net toe my hart al so groot soos ‘n klip in my borskas begin voel,sien ek hulle aankom.My vreugde is groot en ek probeer my angs wegsteek en maak of ek heeltyd nog ewe houtgerus,net flinkies noordwaarts gestap het!
Intussen het die manne self benoude oomblikke beleef en gedink hulle het die Perdeby in die woestyn verloor!Die pad uit die rivierbedding was heelwat verder aan,as waar ek uitgestap het.Niemand het spore gekyk nie en toe hulle my nie kry nie,was hulle self lekker geskrik.Gelukkig het hulle omgedraai en my groot diep merkers teen die wal uit gesien…nou ja..end goed alles goed.
Dit wys net weer,dinge kan baie maklik skeefloop!
‘n Foto van die omgewing waarin ek my bevind het!
Sjoe dis darem vreeslik mooi!
Moet sê, jy is baie brawer as ek om daardie sand en son sommer so alleen aan te durf!
LikeLiked by 1 person
Dit was vroegoggend en heerlik koel!
LikeLiked by 1 person
whew! I’m glad you didn’t get lost, Dina! How terrifying that would be in this huge expanse.
LikeLiked by 1 person
It just shows how careful one must be in nature!We are so used to keeping outselves safe with modern equipment,that we don’t always realize how fallable we can be.
LikeLiked by 1 person
Sien ek reg – is dit olifantspore so in die grootpad?? ‘n Ongelooflike foto! Ek herhaal: dapper vrou, jy!
LikeLiked by 1 person
Ja,daardie olifantspore het vyftien kilometer vêr gestrek,waar die ou toe omgedraai het…ongelooflik!Ek dink nie ek was dapper nie,eerder dom!!
LikeLiked by 1 person
Hmm, goed – kom ons tref ‘n kompromie: domastrant? 😀
LikeLiked by 1 person
Dis presies die woord waaraan ek gedink het!😄
LikeLiked by 1 person
Wat spannend!
Mijn gevoel zou dubbel zijn: ik zou overdonderd zijn door het indrukwekkende landschap (het lijkt wel buitenaards) en anderzijds heel bang om niet levend terug gevonden te worden.
LikeLiked by 1 person
Dit is baie oorweldigend…gelukkig het ons ‘n goeie gids gehad wat die wêreld daar ken!
LikeLike
Praat jy. As kind het ek mos so lelik verdwaal. Wil mos nie stilsit in die karavaanpark TV kamer nie.
Het plekke gaan verken wat ek nie geweet het waar ek was nie!
Goed pak slae gekry daai aand!
BLy jy is weer gevind though.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig is ek te oud vir ‘n pakslae!Eintlik moes ek die slae uitgedeel het,want die manne is baie goed wanneer hulle ‘n leeu se spoor sny,maar vroutjie doutjie se “crocs”spore was onsigbaar vir die menere!😜😄
LikeLike
Hulle was darem bekommerd oor jou! As ek sulke groot spore gesien het, sou ek liewer langs die pad geloop het 😀
LikeLiked by 1 person
Daardie spore was op ‘n ander pad,maar waar ek gestap het,het dit amper net so gelyk!
LikeLiked by 1 person
Ek sou maar ‘n bietjie bang gewees het.
LikeLiked by 1 person
Dis waarvan nagmerries gemaak word.
LikeLiked by 1 person
Ek het eintlik geweet dis nie ‘n probleem nie,want ek was op die pad…die enigste pad.
LikeLike
Well jy weet ek is bang ek verdwaal, die eerste meer toe ek in Jhb Kom het ek kilometers wes van Rosebank opgeland, die AA het my terugbelei. Nog nooit oorsee verdwaal nie behalwe eerste keer in Parys toe ek en my vriendin die padkaart onderstebo gelees het maar dis n ander storie want jy wil nie weet waar ons opgeland het nie. O ha en die afdraai na die Parys lughawe, ook n nagmerrie…
LikeLiked by 1 person
Haha,mens verdwaal nie net in die wildernis nie,né!
LikeLike
Dit kan mens seker ´n noue ontkoming noem. Ek het nie kennis van Namibië nie, was net tot by Ai-Ais, daar het ek ook die gevoel van nietigheid gekry, toe ek besef, dat buite daardie diep rivierloop, is daar geen menslike wese vir baie kilometers nie.
LikeLiked by 1 person
Eintlik was dit nie so erg nie,Danie.Ek het geweet ek is op die regte pad,want dis al pad en ek is goed met rigting en op koers gewees.Dis net die manne wat hulle misgis het met waar ek uit die rivierbedding uit is.Jy is reg met die alleenheid.Ons het in 6dae net twee ander voertuie gesien!
LikeLike
De volgende keer een GPS op de voorhoofd plakken!
Beangstigend gevoel, dit…
LikeLiked by 1 person
GPS sal jou daar nie eers help nie Thomas…sommige van daardie paaie is nêrens op kaarte nie!
LikeLiked by 1 person
Nee, nee, nee as julle nou weer weg gaan sal ek die hele tyd oor jou worry!
LikeLiked by 1 person
Stel ‘n versameling van rintinggewende goeters op jou Sondagkopies bekend Tina sodat Dina nie kan dwarsdraai en domastrant wees en Eina kry nie
LikeLiked by 2 people
Hehehehe dis ‘n plan ‘n Kompas Waterbottel ‘n nood geweer (of wat noem mens die ding wat sulke rooi goed die lug op spuit … of ‘n babylock dat sy nie kan uitklim sonder toesig?
LikeLiked by 2 people
In Engels ‘n flare gun. Voeg sommer ‘n bal en ketting en enkelboeie by vir die by 🙂
LikeLiked by 2 people
Julle tweetjies speel nou op dun ys…of moet ek liewer sê,julle speel nou met woestynsand!!
LikeLiked by 1 person
Ek dink die daai Bytjie vlieg met die boeie en al net waar sy wil! 🙂
LikeLiked by 2 people
Baie waar niks kry haar onder(toe) nie behalwe as sy afvlieg om fotos te neem
LikeLiked by 2 people
Ek gaan persoonlik by julle twee kom rondzoem!Dit gaan nie net by zoem bly nie…perdebye is gevaarlik.😬
LikeLiked by 1 person
O gaats Tina sy gaan ons skiet. Maar ek is nie bang solank dit met haar kamera is!
LikeLiked by 1 person
Ek het ‘n nare verrassing vir julle!
LikeLike
Tina klink vir my asof Dina iets gaan doen wat heeltemal kontra haar aard is! Die foto van ons 2 gaan seker geblur wees…
LikeLiked by 1 person
Ek werk nog daaraan!!
LikeLike
Beslis ‘n baie spesiale vrou!
LikeLiked by 2 people
Haloooo…ek is nog hier julle tweetjies!Balle en kettings né?Oppas vir angels!
LikeLiked by 1 person
Ek is baie versigtig !
LikeLiked by 1 person
‘n Kompas gaan niks help nie,want in al vier windrigtings is daar NIKS!Die waterbottel sal werk…dit moes ek outomaties geweet het😜
LikeLiked by 1 person
Abrie is al by enkelboeie … nee wat die baby lock is jou voorland – dan laat hulle jou uit as hulle weet dit is veilig!
LikeLiked by 1 person
Daardie voertuig het nie kiddy locks nie,wat nou?
LikeLiked by 1 person
Moemie my uitdaag nie
LikeLiked by 1 person
😂😂
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLike
Die noodgeweer sal ook nie help nie…niemand in ‘n radius van driehonderd kilometer is in daardie omgewing nie.Die babylock…mmm nou ja,ek sê niks verder nie!
LikeLiked by 1 person
Die geweer is vir die ander mens/e wat in die kar ry saam met jou!
LikeLiked by 1 person
Ohooo…die storie raak al hoe spannender!
LikeLiked by 1 person
Jou mond is lekker groot
LikeLiked by 1 person
Dit sal jollie goeie produkte moet wees,want die woestyn laat hom nie voorskryf met rigtings nie!
LikeLiked by 1 person
Ag jy hoef regtig nie bekommerd te wees nie,Tina.Ons is eintlik baie versigtig…onthou hier moes ek ook bietjie aandik om ‘n goeie storie te maak😂
LikeLiked by 1 person
Gha… worry gaan ek worry! Weet jy hoe gevaarlik is dit? Sê nou jy trap skeef en lê daar in die son?
LikeLiked by 1 person
Ek is bly iemand is bekommerd oor my😜😄
LikeLiked by 1 person
Ik dacht dat je een droom aan het vertellen was. Een nachtmerrie beter gezegd.
LikeLiked by 1 person
Hahaa,Anna..dit was darem nie so erg nie.😀
LikeLiked by 1 person
Soos die ou wat op die rots geklim het wat soos ‘n krokodilkop lyk (darem breër), maar seerder “byt” as mens daar sou afval, nie daarop sou geklim het as sy vrou by was nie, wil dit my voorkom of die merrieby ook ‘n paar dinge doen waneer die hingsby nie by is nie…
Maar dankie jy het my herinner aan ‘n verdwaalstorie of 2 van my eie. Gaan nou nota maak in my drafts.
LikeLiked by 1 person
Hierdie gedoente was die manne se skuld…hulle het geweet waarheen ek loop,maar het nie my spoor gevolg nie.Hulle is uitstekend met leeuspore,maar nie met Perdebyspore nie!
LikeLike
Maar ‘n Perdeby laat mos nie spore nie!
LikeLiked by 1 person
Haha…hierdie perdeby het crocs aangehad en pragtige duidelike spoortjies gelaat!
LikeLiked by 1 person
Ik ben niet vlug bang maar dit zou ik niet graag alleen beleefd hebben…;-))
LikeLiked by 1 person
Dit was darem nie so erg nie…ek moes bietjie dramaties skryf om ‘n goeie storie te maak!
LikeLike
Hoe verzin je het om alleen op lad te gaan!
Vreselijk ik zou er nooit aan begonnen zijn.
O ik kan me zo goed indenken hoe angstig je bent geweest.
Hout zoeken om vuur te maken? Welk hout, er is alleen zand.
Brrrrr.
LikeLiked by 1 person
Ek loop somtyds vooruit vir bietjie oefening,Eveline..omdat mens soveel ure in die voertuig ry.Gewoonlik is dit nie ‘n probleem,want daar is net een pad.Die moeilikheid het ontstaan omdat ek op ‘n ander plek uit die rivierbedding geloop het as waar die mans gery het.Ek was darem op die regte hoofpad.Die storie klink erger as wat dit was.😀
LikeLike
Een heel avontuur daar
Indrukwekkend die grootheid
LikeLiked by 1 person
Die grootheid is asemrowend,Merel!
LikeLike
Ons sou jou vreeslik gemis het terwyl jy daar in die Namib biltong geword het, Dina!
LikeLiked by 1 person
Skerp,Dries!😂
LikeLiked by 1 person
Ek het al sommer in die begin al ‘n benoudheidjie ervaar. Rigting is nie my beste maat nie! So bly alles het nie skeef geloop nie!
LikeLiked by 1 person
Gelukkig het ek ‘n skerp sin vir rigting,Toortsie…dus was ek nie te bekommerd nie!
LikeLiked by 1 person
Eintlik moet ‘n mens self die ervaring hê van vlugtig verdwaal en alleen in die woestyn wanneer jy weet die ander is naby, hulle sal jou kry want jy Is op die regte spoor… Maar op daardie oomblik is jy stoksielalleen, die woestyn is groot, o so groot en jy is skielik bewus van jou kwesbaarheid. Jy het dit presies reg beskryf! Daardie gedagtes wat deur jou flits ten spyte van die versekering… Daardie oomblik wanneer dit wat seker is, nie meer so seker is nie…… Puik geskryf.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie,jy het dit nou presies reg beskryf!
LikeLike
Wunderschöne Tiere wünsche einen schönen Tag lieber Gruß Gislinde
LikeLiked by 1 person
Wat een angstwekkend verhaal in een eenzame zandwereld.Oef ben ik blij dat alles goed gekomen is..Niet te overmoedig worden hé’ de schrik sloeg om mijn hart dat je zou verdwalen.
LikeLiked by 1 person
Dit was darem nie so erg nie,Marylou.Ek moes darem die storie bietjie erger laat klink vir nodige effék!😳😜
LikeLike
Zo’n dag die heerlijk begint kan sowieso anders lopen dan je denkt.
Wat een avontuur! Gelukkig goed afgelopen!
LikeLiked by 1 person
Dinge kan beslis gou verkeerd loop!
LikeLiked by 1 person
Is niet echt leuk, maar wel echt!
LikeLiked by 1 person
Gits, dis scary… so bly jy het hulle gekry
LikeLiked by 1 person
Was nogal,maar ek het geweet ek is op die regte pad!
LikeLiked by 1 person
Nee wat liewe Perdebytjie bly volgende keer maar by die manne… so vroualleen klink vir my nie goed nie. En ek was bekommerd oor jou toe ek net die tentjie in die wye wêreld gesien het.
LikeLike
Sjoe……dankbaarheid!!!!!! Net voor jy kon opgestyg om ‘n lug soektog te begin 😉
LikeLiked by 1 person
Hehe,ek wens ek kon regtig vlieg!
LikeLiked by 1 person
Mooi geschreven, maar ook heel beangstigend. Zo onwerkelijk ook om op de foto geen enkele plant of dier te zien. Dina, wat is een klip, een steentje? groetjes, Hanneke
LikeLiked by 1 person
Dis voorwaar verlate daar,Hanneke. ‘n Klip is ‘n klein rots…gewoonlik lê dit los.
LikeLike