Benoudheid…

in die woestyn.

Vroegoggend pak ons op om verder noord te ry.Ek stap solank vooruit terwyl die mans die laaste goed op die voertuig se dak vasmaak.Dis ‘n entjie in die rivierbedding op en dan oor die wal tot in die pad.Dis ‘n salige wandeling en ek sien naderhand die uitgang en stap ewe rustig die rivierwal uit.Net om doodseker te maak,trap ek aspris diep duidelike spore,sodat hulle kan sien waar ek gestap het.

Naderhand is ek in die groot pad.Dis so verlate en stil…net ek en die wydsheid..nie eers ‘n bossie of grassie in sig nie…net ek,miertjieklein, in ‘n massiewe uitspansel van sand,klip,berge en blou lug!In my gedagtes maal dit oor die wonder van hierdie onbeskryflike ervaring.’n Mens word selde so met jouself gekonfronteer en dis nogal ‘n angswekkende ervaring om alleen met die eie ek te wees.

Ek stap en stap en ek begin naderhand warm kry.Ek het geen water of hoed by my nie.Ek sou mos net vooruit stap en netnou weer in die voertuig klim.Ek klim op ‘n sandwal langs die pad en maak seker dat ek in die regte rigting stap.Ek probeer luister of ek die gebrom van die voertuig kan hoor.Waar is die manne tog?

Skielik begin visioene van realiteitsprogramme,waar mense verdwaal en hande-viervoet kruip na watermirages,in my gedagtes opkom!Onrustig begin ek oorlewingsplanne bedink.’n Mens bly op die pad,al kom daar net elke ses dae ‘n voertuig verby.Bly op een plek om energie te spaar.Soek ‘n rots om agter te skuil as die son netnou meedoënloos begin neerbrand.Trek jou hemp uit en draai dit om jou kop en gesig.Soek brandhout om vuur mee te maak…nee,daai ene gaan nie werk,sonder enige bome in sig en geen vuurhoutjies nie!Suig ‘n klip vir die dors.Moenie paniekerig raak nie.Iewers sal hierdie naald in die die groot woestynhooimied gevind word!

Net toe my hart al so groot soos ‘n klip in my borskas begin voel,sien ek hulle aankom.My vreugde is groot en ek probeer my angs wegsteek en maak of ek heeltyd nog ewe houtgerus,net flinkies noordwaarts gestap het!

Intussen het die manne self benoude oomblikke beleef en gedink hulle het die Perdeby in die woestyn verloor!Die pad uit die rivierbedding was heelwat verder aan,as waar ek uitgestap het.Niemand het spore gekyk nie en toe hulle my nie kry nie,was hulle self lekker geskrik.Gelukkig het hulle omgedraai en my groot diep merkers teen die wal uit gesien…nou ja..end goed alles goed.

Dit wys net weer,dinge kan baie maklik skeefloop!

img_8086

‘n Foto van die omgewing waarin ek my bevind het!

 

83 Replies to “Benoudheid…”

  1. Wat spannend!
    Mijn gevoel zou dubbel zijn: ik zou overdonderd zijn door het indrukwekkende landschap (het lijkt wel buitenaards) en anderzijds heel bang om niet levend terug gevonden te worden.

    Liked by 1 person

  2. Praat jy. As kind het ek mos so lelik verdwaal. Wil mos nie stilsit in die karavaanpark TV kamer nie.
    Het plekke gaan verken wat ek nie geweet het waar ek was nie!
    Goed pak slae gekry daai aand!
    BLy jy is weer gevind though.

    Liked by 1 person

    1. Gelukkig is ek te oud vir ‘n pakslae!Eintlik moes ek die slae uitgedeel het,want die manne is baie goed wanneer hulle ‘n leeu se spoor sny,maar vroutjie doutjie se “crocs”spore was onsigbaar vir die menere!😜😄

      Like

      1. Well jy weet ek is bang ek verdwaal, die eerste meer toe ek in Jhb Kom het ek kilometers wes van Rosebank opgeland, die AA het my terugbelei. Nog nooit oorsee verdwaal nie behalwe eerste keer in Parys toe ek en my vriendin die padkaart onderstebo gelees het maar dis n ander storie want jy wil nie weet waar ons opgeland het nie. O ha en die afdraai na die Parys lughawe, ook n nagmerrie…

        Liked by 1 person

  3. Dit kan mens seker ´n noue ontkoming noem. Ek het nie kennis van Namibië nie, was net tot by Ai-Ais, daar het ek ook die gevoel van nietigheid gekry, toe ek besef, dat buite daardie diep rivierloop, is daar geen menslike wese vir baie kilometers nie.

    Liked by 1 person

    1. Eintlik was dit nie so erg nie,Danie.Ek het geweet ek is op die regte pad,want dis al pad en ek is goed met rigting en op koers gewees.Dis net die manne wat hulle misgis het met waar ek uit die rivierbedding uit is.Jy is reg met die alleenheid.Ons het in 6dae net twee ander voertuie gesien!

      Like

  4. Soos die ou wat op die rots geklim het wat soos ‘n krokodilkop lyk (darem breër), maar seerder “byt” as mens daar sou afval, nie daarop sou geklim het as sy vrou by was nie, wil dit my voorkom of die merrieby ook ‘n paar dinge doen waneer die hingsby nie by is nie…
    Maar dankie jy het my herinner aan ‘n verdwaalstorie of 2 van my eie. Gaan nou nota maak in my drafts.

    Liked by 1 person

    1. Ek loop somtyds vooruit vir bietjie oefening,Eveline..omdat mens soveel ure in die voertuig ry.Gewoonlik is dit nie ‘n probleem,want daar is net een pad.Die moeilikheid het ontstaan omdat ek op ‘n ander plek uit die rivierbedding geloop het as waar die mans gery het.Ek was darem op die regte hoofpad.Die storie klink erger as wat dit was.😀

      Like

  5. Eintlik moet ‘n mens self die ervaring hê van vlugtig verdwaal en alleen in die woestyn wanneer jy weet die ander is naby, hulle sal jou kry want jy Is op die regte spoor… Maar op daardie oomblik is jy stoksielalleen, die woestyn is groot, o so groot en jy is skielik bewus van jou kwesbaarheid. Jy het dit presies reg beskryf! Daardie gedagtes wat deur jou flits ten spyte van die versekering… Daardie oomblik wanneer dit wat seker is, nie meer so seker is nie…… Puik geskryf.

    Liked by 1 person

  6. Nee wat liewe Perdebytjie bly volgende keer maar by die manne… so vroualleen klink vir my nie goed nie. En ek was bekommerd oor jou toe ek net die tentjie in die wye wêreld gesien het.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +