Net om te sê…

ek is nog hier.Ek het besluit om my bietjie te distansieer van die kuberruimte.My I-pad en laptoppie, was vir tien dae in die kluis toegesluit en ek moes elke keer myself inhou om die implemente daar uit te haal.

Vanoggend kon ek nie meer nie en alles is gekonnekteer en weer aan die gang.Ek oorweeg dit egter om weer alles toe te sluit,want dit was nogal bevrydend om weer dinge te doen wat agterweë gebly het.My stapel boeke is nou al deurgelees tot by boek vyf en daar is nog wat wag.My stram vingers is weer losgemaak op my klavier en ek kan nie glo dat ek alles so verwaarloos het nie!Ek stap weer,speel met my honde,luister musiek en gesels weer met regte egte mense!

Selfs my kameras is weggesit en ek kyk met regte oë na alles om my!

Tot wederom liewe blogvriende…hierdie goedjies gaan nou weer terug kluis toe!

NS.Geniet julle feestyd en familietyd terdeë.

48 Replies to “Net om te sê…”

  1. geniet van je rust en ik wens jou en je familie hele fijne feestdagen toe. Maar het fotograferen niet opgeven hoor ze zijn zooo mooi

    Like

  2. jy kan gerus alles toeslut. Die selfoon het mos amper alles op wa jy nodig het om blogs te lees, gou na stats te loer, kommentaar te lewer, foto’s op te laai….. dis net d tikwerk wat meer moeite is ( en langer vat, dus wonder mense oor daardie aparaate in die kluis….. Geseende Kersfees!

    Liked by 1 person

  3. Geniet jou aftydjie, ek glo meer van ons kan doen met so ‘n wegbreek, en die lewe weer belewe soos dit veronderderstel is om te wees. Vandag vir my kleinkinders gesê hulle word in ‘n baie slegte tyd groot…. ken net van skerms. Geseënde feestyd vir julle.

    Liked by 1 person

    1. Ekstem saamat die kinders sleg grootword met al die skerms.Op straat loop almal met een geknakte elmboog wat ‘n selfoon vashou en die oë staar afwaarts.Ek wonder hoeveel van die wêreld gaan by hulle verby?
      Baie dankie Kameel…geseënde feestyd vir julle ook!

      Like

  4. Oooo, ek weet hoe jy voel! Ek skakel party dae nie my rekenaar aan nie. My telefoon is ook nie my leesplek nie. Net chat met my kind en as daar n belangrike boodskap is. Geniet jou “vrye” lewe. Die lewe is te kort om so voor die rekenaar te sit en agter die kamera te wees. Dis soos jy sê werklike gesels en mense in die oë kan kyk is BAIE belangriker en lekkerder. Mooi feestyd vir jou en jou familie.

    Liked by 1 person

        1. O dis wonderlike nuus…jy gaan die kleinkind so geniet!!Ons tweede enetjie maak einde Januarie sy opwagting en ek sien baie uit daarna.Sterkte en mag alles goed verloop!

          Like

        2. Ek kan omtrent nie wag nie! Dankie vir goeie wense ek waarder dit baie! Die twee kinders is al heel opgewonde noudat alles besig is om agtermekar te kom. Jul moet n n heerlie feestyd hê. Ek is va 23e tot 8ste sonder internet. Sien uit daarna, ek pas n plaas op!Hoog in berge gaan fotos neem na hartelus.

          Liked by 1 person

  5. Lekker speel, en speel en speel!
    Mag julle ook ‘n goeie Kerstyd geniet! Moet aseblief nie die kamera heeltemal wegsit nie… jou fotos is te speciaal daarvoer! Ek mis jou draaie hier by my blaatjie! 😉 (Maak asb die spelvoute reg vir my!) Dankie!

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +