Vloekskoot!

Soms neem ‘n mens ‘n foto sonder om baie moeite te doen.Gewoonlik kom dit dan ook maar redelik gemiddeld uit.Maar daar is die een in duisend skote,wat ‘n vloekskoot genoem kan word.Dit het niks met vloek te doen nie,maar wel met geluk!

So ‘n kans het my te beurt geval op ons onlangse besoek aan die Kwando Core Area,dóér bo in die boonste hoekie van Namibië.

Eers het ek blitsig teen die lig ,hierdie foto geneem,want ons was nie seker wat in die bek van die Troupant was nie.Gewoonlik neem ek sulke foto’s,nie vir die estetiese nie,maar vir latere uitkenning.

Eers het dit só gelyk…teen die skerp lig en niks verwerk nie:

img_1057_edited-1

Verwerk kan mens nou al sien wat aangaan…steeds nie ‘n goeie foto nie:

img_1058_edited-1

Gelukkig bly Meneer Troupant sit en kon ek hom van ‘n beter posisie kliek.Dit moes blitsig geskied en dit was die resultaat:

img_1064_edited-1

 

Advertisements

59 thoughts on “Vloekskoot!”

    1. In Engels staan dit bekend as Lilac-breasted Roller (Coracias caudatus)
      Die Afrikaanse naam is baie interessant.In die ou dae in Suid-Afrika,het die setlaars wat van die Kaap af getrek het die wildernis in,hierdie voëltjie se vere gebruik as ‘n pant om in die huwelik te tree.Ringe was nie beskikbaar nie en die pragtige gekleurde veertjies was ‘n goeie plaasvervanger.😄

      Like

  1. Foto’s teen lig neem is ‘n bietjie roulette: die resultaat is moeilik om te voorspel. Gelukkig kan jy met onderlicht meer doen as met belichte. Onbelichte foto’s bevat baie inligting.
    Die onderste foto is interresant dat bokeh doen ‘n spesiale objektief vermoed.
    Dit lyk wat op ons ijsvogel. Mooi foto.
    (translated from dutch bij Google 🙂 )

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie Stef.Ek waardeer jou inset.Die probleem in die wildernis is dat mens soms maar vinnig moet fotografeer en nie altyd op die regte plek kan wees nie,vanweë die rowwe terrein en bosse.Jy is heel reg dat onderbeligte foto’s mens soms verras as jy dit verlig.

      Liked by 1 person

      1. goed om te hoor. Ja ek blog nog maar is alweer vir twee weke weg van my rekenaarverbinding. Ek kan net op oomblik op my vriendin se laptop antw want my fotos ens is op my eie laptop wat nie hier aangesluit is nie. Ek sal seker van volgende week weer begin plan maak.

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s