Spinnekopnuus

Met weinig inmenging hou ek nou al twee weke lank die verlamde reënspinnekop dop.Ek het haar in die blombak in my sitkamer tussen die plante gebêre en loer net elke dag hoe dit gaan.Gister het sy haar beentjies woes beweeg toe ek haar op my hand neersit op haar rug.As ek haar omdraai,het sy steeds geen beheer oor haar ledemate nie en strek ek versigtig die beentjies reguit sodat sy in ‘n gemaklike sitposisie is.

Vanoggend breek my hart toe ek haar sien.Dit lyk of een of ander gedrogtelike gedierte haar in die nag gevang het en vasgeknoop het.Skielik het sy twee koppe en haar bene is vreemd vasgeknoop.Ek was net oppad om haar te verlos uit haar ellende,toe ek besef sy vervel!!

Ek weet nie hoe eties dit is om hierdie wese se lyding so lank uit te rek nie.Omdat sy lam is,weet ek ook nie of sy die vel sal kan afskud nie.Ek wag tot môre en dan neem ek ‘n besluit.

Lyk of iets haar vasgebind het!

img_0227Naderby lyk dit of sy twee koppe het.

img_0229

Ek het gou getel…sy het veertien pote…al wat ek nou kan sien!Gewoonlik het hulle agt pote.

Lees die volle verhaal hier: https://perdebytjie.wordpress.com/2017/01/26/spinnekop-tragedie/

39 Replies to “Spinnekopnuus”

  1. Ai, wat ‘n moeilike situasie! Wens ek kon raad gee, maar spinnekop physio is nie my sterkpunt nie ;). Ek hoop sy herstel.
    Ek dink nou net daaraan – soms sien mens ‘n spinnekop met net vyf bene of so. As mens die been kan amputeer, sal sy mos nogsteeds oor die weg kan kom. Frons, vraagteken, mmmm?

    Liked by 1 person

      1. Ek weet nie ,Karen.Op die oomblik is sy so ‘n vreemde bondel bene,koppe en knypers…alles deel van die ou lyf en ek kan nie uitmaak watter die nuwe lyf is nie.Ek het nog nooit iets gesien vervel nie,behalwe sywurms.😜

        Like

    1. Die probleem is nie die aantal pote nie.Ek dink sy het 8 pote,maar ek kan nie almal sien nie.Met die vervelling is die hele spul deurmekaar gekoek en kon ek net veertien pote tel…die oues en die nuwes saam.Dis so ‘n vreemde spul,dat ek self nie kan uitmaak wat aangaan nie!

      Like

    1. Ek voel eintlik sleg Tina,maar ek is besig om dit heel wetenskaplik te benader en ‘n studie te maak van wat in elk geval in die natuur sou gebeur.Ek troos my daaraan dat ‘n verlamde spinnekop niks voel nie.

      Liked by 1 person

    1. Ja Una,dis vir my iets heel vreemd,maar dis wat daagliks buite in die wereld van die kleintjies gebeur.Ons as mense sien dit net nie raak nie,omdat dit so onsigbaar is.Ek gee net kans tot more,dan gaan ek maar haar graffie grawe en haar stilletjies neerle.

      Liked by 1 person

      1. Dis ‘n hartseer storie, ek wonder nou net as sy nou nie in jou blombak was nie wat sou sy doen, kan hulle dood gaan daarvan of pas hulle net hulle lewe aan soos iemand in ‘n rolstoel. Hier was lank ‘n daddy longleg in my badkamer met twee pote afwesig. Nou wonder ek al hoe meer……..

        Liked by 2 people

    1. Ongelukkig het sy nou vir twee weke niks geëet nie.Ek wou nie inmeng in die natuur nie en het eintlik net waargeneem wat gebeur.Eintlik raak dit nou ontstellend en môre gaan ek maar ‘n besluit neem.Ek sal laat weet vir my blogvriende.Dankie dat jy kom inloer het.

      Like

    1. Eveline,ongelukkig is dit die wreedheid van die natuur in al sy felheid.Ek neem bloot waar wat gebeur en meng nie in nie.Ek vermoed egter sy gaan nie oorleef nie,want die verlamming,maak dat sy nie ontslae kan raak van die vorige vel nie.Die pote en alles moet letterlik uitgetrek word,soos ‘n jas,om die nuwe liggaam vry te stel en dit lyk my sy kry dit nie reg nie.Ek gaan môre haar verlos uit ellende,as dit nie oornag reggekom het nie.

      Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +