Spinnekopnuus

Spinnie is vanoggend na baie wik en weeg,uit haar ellende verlos.Die manier waarop die natuur sy gang gaan,is nie altyd vir ons as mense verstaanbaar nie.Omdat ‘n mens ‘n empatiese wese is,wil ons altyd help,waar ons soms nie moet nie.Ons redenasievermoë en wil om in beheer te wees,sorg ook soms vir verkeerde besluite,waar dit die natuur aangaan.

In hierdie geval,was dit ook uit nuuskierigheid dat ek vir Spinnie in my sorg geneem het,want dis nie aldag dat ‘n mens hierdie wesentjies so van naby kan dophou nie.Ek kon heerlik met my vergrootglas kyk na die harige beentjies.Die stekeltjies onder haar pote het my laat besef hoekom dit moontlik is dat ‘n spinnekop orals kan loop…dis sulke taai voetsooltjies wat maklik vasklou.Dan was daar die vet agterlyfie en die zebrastrepies op haar beentjies.Die heel mooiste was haar pikswart ogies wat soos ‘n outydse Ford se koplampe lyk…blink en helder.

Nadat sy gister begin vervel het en vanoggend steeds in die greep van haar ou liggaam vasgestrengel was,het ek besluit,genoeg is genoeg!Omdat sy verlam was,kon sy nie haarself loswikkel uit die ou lyf nie en was genadedood die enigste oplossing.

Ek het haar vroegoggend saggies onder ‘n klip  in my tuin begrawe.

Dankie Spinnie,ek het baie by jou geleer.

30 Replies to “Spinnekopnuus”

  1. Baie jammer om te hoor. Jy sê nou jy moes dit vroeër gedoen het, maar dis altyd makliker om na die tyd dit te dink. Die tyd is reg wanneer dit daar is.
    Ek het altyd op laerskool groot begrafnisse vir die goue wawielspinnekoppe in ons tuin gehou, by die skool. Nie almal het dit verstaan nie (ok, eintlik niemand). Elke lewende wese moet met respek behandel word. Niks mal daaromtrent nie!

    Liked by 2 people

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +