Reën,reën,lieflike reën

Suid-Afrika gaan al die laaste klompie jare gebukkend onder ‘n erge droogte.Die natuurlike droë areas,soos die Kgalagadi-Oorgrenspark,het geweldig swaar gely.Met die aanbreek van hierdie jaar se reënseisoen,glimlag almal weer.Ons was bevoorreg om daar te wees op 13Februarie,toe ‘n wolkbreuk op Mata-Mata uitgesak het.Gewoonlik is mens nie beïndruk met wolkbreuke nie,maar in hierdie dor wêreld,was dit iets besonders!

In die Kgalagadi vloei twee riviere.Vloei is ‘n relatiewe begrip,want die een rivier(Nossob),vloei eenmaal in honderd jaar en die ander een(Aub),vloei miskien gedeeltelik eenmaal in tien jaar.Om die Aub gedeeltelik te sien vloei,het ons amper uit ons velle laat spring van blydskap.

_mg_7839Gewoonlik lyk die Aub só…

Na die wolkbreuk was dít die gesig wat ons begroet het!

img_8844_edited-1Die pad was heeltemal onbegaanbaar,want ‘n gedeelte loop in die rivier…

img_8854

img_8852_edited-1

img_8842_edited-1

Op my volgende blog wys ek hoe die landskap verander na sulke goeie reën.

Advertisements

40 thoughts on “Reën,reën,lieflike reën”

  1. Hier in die Kaap hunker ons na reen met die damme wat die gevaar loop om leeg te loop. Ek is bly oor julle pad vol water dit herrineer dit my aan my skoonpa se plaas in die Noordkaap naby Kakamas. Daar is juis ervaring op Kakamas wat ek nog wil blog oor (een sonder water)

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s