Kgala en Gadi…

is twee meerkatjies wat saam met hulle familie in die Kgalagadi-Oorgrenspark woon.Die tweetjies is deel van ‘n groot groep meerkatte wat op en af rondtrek op die oewers van die Aubrivier.

Hulle is baie ondeund en Pappa Pietjie en Mamma Mietjie,moet gedurig hard praat om die tweetjies in toom te hou.

Terwyl Pappa Pietjie ‘n wakende ogie hou,vanuit sy uitkykpos in ‘n bos…

_mg_3311_edited-1

Stoei en speel die kleingoed,dat die Kalaharistof so staan!

_mg_3330_edited-1

Mamma Mietjie hou ook ‘n wakende ogie,terwyl Kgala en Gadi mekaar goed karnuffel!

_mg_3340_edited-1

Snippie het intussen ‘n smullige koggelmanderhappie  beetgekry en knibbel vraatsig daaraan.

_mg_2928_edited-1

Tant Kaatjie bespied ook die omgewing vir nare indringers soos slange en arende.

_mg_2924_edited-1

Wippie staan langs tant Kaatjie en kyk  grootoog na die wêreld om hom.

_mg_3394

‘n Klompie nuuskierige kleingoed kom loer ook wat aangaan..

_mg_3390_edited-1

Al die tantes en oompies in die familie bespied die omgewing.’n Meerkat kan nooit versigtig genoeg wees nie!

img_8903_edited-1

Oom Maansie kry skielik ‘n slegte gevoel en loer in die lug in..

_mg_3769_edited-1

Word vervolg…

Advertisements

28 thoughts on “Kgala en Gadi…”

    1. Ons het hulle drie keer raakgeloop,Dries.Hulle trek heeltyd rond in ‘n wye omgewing…natuurlik om veiligheidsredes.Die goedjies is so slim!Dis maar die tweede keer dat ons meerkatte gekry het.Hulle is baie skaars en aanmeldbaar op die besigtigingskaarte in die groot kampe.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s