Benoude oomblikke…

Terwyl die kleingoed nog rondrol en speel,maak al die meerkatte sulke gerusstellende tjirpgeluidjies.Skielik verander die getjirp in ‘n waarskuwende gegrom.Almal spaander in die gate in en sommige van die kleingoed wat nie gou genoeg na veiligheid kan hardloop nie,duik tussen die bene van die ooms en tantes in..

img_8973_edited-1

Almal kyk verskrik rond,maar die grotes sien dit was net ‘n vals alarm!

Die klompie in die gate kruip weer uit en kyk nuuskierig rond.Tant Kaatjie verslap nie vir ‘n oomblik haar waaksaamheid nie,want vals alarms moet nooit onderskat word nie!

img_8929_edited-1

Maar wat sien sy daar?’n Jakkals by die watergat,een van die meerkatte se grootste vyande!

Gelukkig slaan Jakkie Jakkals ‘n ander koers in,weg van die benoude familie.

1272

Almal is nog steeds nie heeltemal gerus nie en die kleingoed klou aan mekaar en bly naby tant Kaatjie.

img_8963_edited-1

img_8962_edited-1

Die outjies begin weer ontspan en streke uithaal,terwyl almal gemoedelik begin tjirp en skoffel en grawe in die sand.

img_8961_edited-1

Skielik blaf die kiertsregop Oom Maansie en nou is die gort gaar!!

‘n Roofarend(Tawny Eagle) verskyn uit die niet en duik op die benoude spulletjie af.

_mg_3761_edited-1

Gelukkig word niemand gevang nie en Kgala en Gadi bly saam met Sus Betjie,liewer naby Mamma Mietjie.

img_8956_edited-1

Betjie rittel van die skok,maar Gadi sit handjie by om te troos..

img_8948_edited-2

Sy wil-wil huil,maar ‘n tere soentjie en drukkie is net die regte medisyne.

img_8942_edited-1

img_8941_edited-1

Die les wat die kleingoed leer is om te konsentreer en altyd paraat te wees!

img_8978_edited-1

Advertisements

49 thoughts on “Benoude oomblikke…”

  1. Blouape het verskillende alarm geluide afhangende waar die gevaar geleë is – van bo in geval van roofvoëls of grondlangs vir slange, luiperds en so meer.

    Sou die meerkatte dit ook hê?

    Liked by 1 person

      1. Ek ken hierdie meerkatte baie goed. In die “goeie ou dae” (??) het baie mense in ons wêreld hulle aangehou as troeteldiere. Deesdae word hulle welsyn streng beheer en jy sal ‘n permit kry om een groot te maak, net in uiterste omstandighede. Hulle word hondmak, maar hulle hoort by hulle families.

        Liked by 1 person

  2. Mooi om te sien hoe die meerkatte optree in die vrye natuur.
    Pragtige foto’s. Baie mooi storie en wonderlik om te sien hoe die natuur elders tog nog vry en ongeskonde kan wees. Hul neefs in die zoo het dit makliker maar of dit daar regtig beter is …

    Liked by 1 person

  3. Ag naas ‘n kameel wat my altyd laat glimlag lief ek meerkatte…. hulle is vir my so humoristies. Dankie vir die storie, maar kon jakkals nie maar diè keer nie in die storie verskyn het nie? Het nou al aande Jakkals en Wolf stories vir my twee kleinkinders gelees…. en is skoon moeg vir jakkals en sy slinksheid.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s