Agge nee toggie!

Sus Katryntjie wag geduldig onder ‘n boom.Mammie is besig om te jag en sy sal ‘n teken gee,wanneer die kleingoed nader kan kom vir ‘n heerlike fees._MG_4900_edited-1

Boet Snorrie lê oop en bloot op ‘n termiethoop.Hy is so verveeld en gaap dat mens sy longe kan sien!_MG_5124_edited-1

Mamma Kolkat bespied die wêreld… _MG_5057_edited-1

en sluip dan die lang gras binne om ‘n troppie rooibokke te bekruip._MG_5416_edited-1

Skielik is daar ‘n helse kakofonie van bokke wat blaf en ‘n gedonder van hoewe oor die vlakte.Mamma Kolkat het ‘n eenhoring rooibok gevang.Terwyl sy die lewe uit die arme dier wurg,moet sy vinnig dink aan ‘n wegsteekplek._MG_4937_edited-1

Die bok weeg maklik tagtig kilogram en met haar skamele gewiggie van vyf-en-veertig kilogram,is dit ‘n reuse taak wat voorlê.Sy sleep en rus,sleep en rus en loer kort-kort oor haar skouer om te sien wanneer gevaar gaan toeslaan!_MG_4942_edited-1

Dis ‘n stewige bok en vereis al haar kragte om hom te sleep._MG_4947_edited-1

Sy verdwyn in die lang gras en die volgende oomblik…._MG_4946_edited-1

is daar ‘n afgryslike gegrom en geluid van takke wat breek!Helsim die Hiëna, het net daar ingewals en sommerso die swaarverdiende buit afgeneem.Sy stewige kake knars dat jy net bene hoor kraak!_MG_4948_edited-1

Arme mamma Kolkat,Snorrie en Katryntjie slaap honger vanaand!

 

55 Replies to “Agge nee toggie!”

    1. Een Hiëna is heeltemal genoeg!’n Hiëna se bytkrag is so sterk,dat hy maklik ‘n luiperd kan doodbyt.As dit ‘n trop hiënas is,is dit natuurlik nog erger.Die luiperd probeer nie eers protesteer nie..los net alles en hol weg!

      Liked by 1 person

  1. Perdebytjie, sit ń hiëna hulle werklik ore aan? So sy veg nie terug vir haar vangs nie? Ek wens jy wil ń kinder storieboek skryf. Met werlike karakters en fotos, maar die waarheid op ń sagter manier oorvertel. Soos jy hier doen.

    Liked by 1 person

    1. Ja,’n luiperd veg nie eers terug nie.Ek het eenkeer drie luiperds gesien(ma en twee uitgegroeide kleintjies)wat hul kos net so opgee vir een hiëna!Mense dink hiënas is lafaards,maar dis ‘n mite.Hulle is eintlik baie gevaarlik.
      Ek sal vir my kleinkinders ‘n boekie skryf..lol!

      Liked by 1 person

  2. As kind mag ek nie die foto-verhaal boekies gelees het nie. Ruiter in Swart, Die Wit Tier ens. Ruiers in Swart was my gunsteling (weet nie hoe dit gebeur het nie, ek mag dit dan nie gelees het nie). Dit is dus met nostalgiese genoee dat ek hier foto-verhale lees. Die verskil is die fotos en inhoud is beter!

    Liked by 1 person

  3. Die natuur kan wreed wees. My grootste bekommernis deesdae is dat ons diere vermenslik. Soos wat jy hierdie foto’s plaas, dis hoe die natuur werklik is en ons moet dit nooit vergeet nie. Dankie vir jou pragtige stories Jul het fyne ogies!

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +