Loukie en Lientjie..

de Leeu,woon in die Kgalagadi-Oorgrenspark.Die twee kleingoed is al redelik opgeskote,maar steeds baie afhanklik van Mamma Vuilbaard.Familiebande is baie heg en hierdie gesin staan deur dik en dun bymekaar.

Terwyl Mamma Vuilbaard heerlik lê en slaap…_MG_3857_edited-1

lig tante Truitjie darem soms haar kop op,om die wêreld te bespied!_MG_3786_edited-1

Lientjie kom aangestap en .._MG_3805_edited-1

plof neer langs die slapende vuilbaardgesinslede._MG_3910_edited-1

Jinne,dis ‘n lui spulletjie!Dis net pote in die lug en ‘n gesnorkery wat mens wie weet waar kan hoor!_MG_3889_edited-1

Af en toe,maak een van die volwassenes ‘n lui oog oop en staar in die niet.Hulle doen wat leeus baie goed doen….slaap!!_MG_5421_edited-1

Pappa Vuilbaard se neusvleuels tril soos hy snork!_MG_4385_edited-1

Lientjie staar verveeld rond.._MG_3870_edited-1

en Loukie vervies hom vir ‘n vlieg op sy neus._MG_3834_edited-1

Sy oortjies is pragtig bekleed met ‘n boskasie hare.Dit help darem om die lastige grassade en nare insekte uit sy gehoorgange te hou._MG_3876_edited-1

Skielik spring die tweetjies op en onder mamma se wakende oog stap hulle watergat toe,waar ‘n suipseltjie water hulle dors les._MG_3954_edited-1

Dis nou sommer tyd vir kattewales en stoeiery.So word die kleingoed sterk en leer hul plek in die vuilbaardhiërargie vasstel._MG_3972_edited-1

Lientjie kyk vies toe terwyl Loukie aangehardloop kom om haar te karnuffel._MG_4006_edited-1

Een gryp ‘n stok om aan te knaag en die ander een is sommer snor-in-die-lug en rimpellippies-kwaad hieroor!_MG_4021_edited-1

Die tweetjies is deel van die nuwe geslag Kgalagadileeus wat binne die volgende paar jaar amok gaan maak in hierdie wildernis._MG_3907_edited-1

Pasop,hier kom ons!_MG_3823_edited-1

55 Replies to “Loukie en Lientjie..”

    1. Die wyfies bly gewoonlik lewenslank in die trop en die mannetjies word so op 3 tot 4jarige ouderdom uitgeskuif.Hulle vorm dan ‘n koalisie en soek ander troppe op waar hulle met die wyfies sal paar.Daar moet hulle dan ook eers veg vir ‘n plek,teen ander mannetjie koalisies.Dis hoekom leeumannetjies gewoonlik so vol letsels is!

      Liked by 1 person

    1. Hulle het reg langs die pad gelê,maar my lens was darem ook lank.Soms was hulle so naby,dat ek met my kort lens moes neem.Ons is darem heel versigtig..hou maar vensters toe.Ek sal jou graag saamneem😄

      Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +