de Leeu,woon in die Kgalagadi-Oorgrenspark.Die twee kleingoed is al redelik opgeskote,maar steeds baie afhanklik van Mamma Vuilbaard.Familiebande is baie heg en hierdie gesin staan deur dik en dun bymekaar.
Terwyl Mamma Vuilbaard heerlik lê en slaap…
lig tante Truitjie darem soms haar kop op,om die wêreld te bespied!
Lientjie kom aangestap en ..
plof neer langs die slapende vuilbaardgesinslede.
Jinne,dis ‘n lui spulletjie!Dis net pote in die lug en ‘n gesnorkery wat mens wie weet waar kan hoor!
Af en toe,maak een van die volwassenes ‘n lui oog oop en staar in die niet.Hulle doen wat leeus baie goed doen….slaap!!
Pappa Vuilbaard se neusvleuels tril soos hy snork!
Lientjie staar verveeld rond..
en Loukie vervies hom vir ‘n vlieg op sy neus.
Sy oortjies is pragtig bekleed met ‘n boskasie hare.Dit help darem om die lastige grassade en nare insekte uit sy gehoorgange te hou.
Skielik spring die tweetjies op en onder mamma se wakende oog stap hulle watergat toe,waar ‘n suipseltjie water hulle dors les.
Dis nou sommer tyd vir kattewales en stoeiery.So word die kleingoed sterk en leer hul plek in die vuilbaardhiërargie vasstel.
Lientjie kyk vies toe terwyl Loukie aangehardloop kom om haar te karnuffel.
Een gryp ‘n stok om aan te knaag en die ander een is sommer snor-in-die-lug en rimpellippies-kwaad hieroor!
Die tweetjies is deel van die nuwe geslag Kgalagadileeus wat binne die volgende paar jaar amok gaan maak in hierdie wildernis.
Pasop,hier kom ons!
Ohhh wat een prachtige plaatjes met tekst. Zo jammer dat ik geen leeuwen heb gezien.. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek was net so spyt toe ek hoor jy het nie leeus gesien nie.Volgende keer kom jy saam met my en ek vat jou so naby dat jy hul asems kan ruik!😂😂
LikeLiked by 1 person
Wauwwwww dat is nog eens een voorstel. 👍
Zoals het er nu uitziet denk ik niet dat ik nog een keer naar Zuid-Afrika zal gaan, maar zeg nooit nooit hè..
Dankjewel!
LikeLiked by 1 person
Ag is dit nie pragtig nie Me4ns wil net die gesiggies druk … sal dit egter nie waag nie
Pragtige foto’s soos altyd
LikeLiked by 1 person
Ons was so gelukkig.Hulle het teen die pad gelê.Mens kon aan hulle vat,maar daai slapende mammies sou ‘n hand amputeer binne ‘n oogwink!
LikeLiked by 1 person
Wat een liefjes ….
Diervriendelijke groet,
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer,Rob.
LikeLike
Suipseltjie, vuilbaardhieragie, rimpellippies – oulik en dan is daat nog die fotos ook!!
LikeLiked by 1 person
Dankie Abrie…ek waardeer jou altyd mooi woorde…so tussen die groenigheid deur!😂
LikeLiked by 1 person
Het verwondert me dat je al die leeuwen kent bij naam.
Mooi fotoverhaal, dank je wel hiervoor!
LikeLiked by 1 person
Ek het ‘n groot vriendekring onder die vuilbaarde.😄
LikeLiked by 1 person
Ek ben jaloers!
LikeLiked by 1 person
Oe, ek’s skoon verlief! Pragtige, pragtige diere. En slaap die dag om, nes kietiekatte 😉
LikeLiked by 1 person
En kan hulle slaap…dankie vir inloer,Karin.
LikeLike
Wat een schitterende serie. Vooral de tweede foto vind ik prachtig.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Eveline.
LikeLike
Darem nog die jong royalties van die diereryk en pragtige fotos
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer.
LikeLike
Weer geweldige foto’s Dina! Die van het pootje vind ik leuk.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir jou mooi woorde.
LikeLike
Een heerlijke serie om te bekijken en te lezen. Mooie dieren. Toch dapper dat je zo dicht bij ze komt. groetjes, Hanneke
LikeLiked by 1 person
Dis darem heel veilig,Hanneke…in ‘n toe motor met ‘n lang lens!
LikeLike
Klein goedjies is altyd so dierbaar!
LikeLiked by 1 person
Ja ek is mal oor klein diertjies.Dankie vir inloer,Toortsie.
LikeLike
Baie mooi fotos. Hoe lank sou die hele gesin nou bymekaar bly voordat die kleintjies die trop verlaat?
LikeLiked by 1 person
Die wyfies bly gewoonlik lewenslank in die trop en die mannetjies word so op 3 tot 4jarige ouderdom uitgeskuif.Hulle vorm dan ‘n koalisie en soek ander troppe op waar hulle met die wyfies sal paar.Daar moet hulle dan ook eers veg vir ‘n plek,teen ander mannetjie koalisies.Dis hoekom leeumannetjies gewoonlik so vol letsels is!
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n lewe! Maar dit beteken sekerlik dat die strukture van die troppe behoorlik gereguleer word (survival of the fittest), want daar is gewoonlik ‘n hele paar wyfies in ‘n trop.
LikeLiked by 1 person
Ja en diee mannetjies byt kleintjies dood wat nie aan hulle behoort nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het dit al iewers gelees ja *gril*, maar ek neem aan die natuur weet hoe om balans te hou (anders as die mens).
LikeLiked by 1 person
Ek hoop dit is jou lens wat hulle so naby gebring het, Dina. Mag ek ook asseblief eendag saam met jou gaan?
LikeLiked by 1 person
Hulle het reg langs die pad gelê,maar my lens was darem ook lank.Soms was hulle so naby,dat ek met my kort lens moes neem.Ons is darem heel versigtig..hou maar vensters toe.Ek sal jou graag saamneem😄
LikeLiked by 1 person
Soos gewoonlik, baie mooi.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Danie.
LikeLike
wat een fantastische fotoreportage
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Marylou.
LikeLike
Ag hulle is te oulik! Mens kan nnie eintlik glo dat hulle so groot kan word nie!
LikeLiked by 1 person
En dat hulle so gevaarlik is nie!
LikeLiked by 1 person
Dit is verseker! 😀
LikeLiked by 1 person
Fantastic and striking photos, Dina. 🙂
LikeLiked by 1 person
Thank you very much,Jet.
LikeLiked by 1 person
Such a wonderful photo series, and how great the close up are! 🙂
LikeLiked by 1 person
Thank you,Inger.
LikeLiked by 1 person
Knappe foto’s, wat een indrukwekkende dieren!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer en jou mooi woorde.
LikeLiked by 1 person
awwwww Lientjie het die oulikste oortjies…. pragtige fotos… so moi geneem… nou wens ek ek kan weer ‘n leeuwelpie vashou….
LikeLiked by 1 person
Dankie Wolfie…hulle lyk so sag en spelerig,maar pasop maar!
LikeLiked by 1 person
Ja lol eendag hou ek dalk ‘n leeu vas en verloor ‘n oog. Ek is te dapper soms…
LikeLiked by 1 person
Jy sal meer as ‘n oog verloor…lol!
LikeLiked by 1 person
hehehehe
LikeLiked by 1 person
Fantastiese fotos, veral die “close ups” !
LikeLiked by 1 person
Baie dankie,Linda!
LikeLiked by 1 person
Wat een mooie foto’s!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie,Joke.
LikeLiked by 1 person
So schön liebe Grüße und einen schönen Tag Gruß Gisliinde
LikeLiked by 1 person
Danke schön!
LikeLike