Uit my dagboek

Deesdae reis mense so rond,dat dit eintlik nie meer besonders is nie.Maar vir die individu is elkeen se eie ervaring uniek.Ek gaan julle dus ‘n rukkie lank verveel met dinge wat julle heel waarskynlik al honderd keer op foto’s gesien het of self beleef het.My blog is egter vir my soos ‘n dagboek en ek doen dit vir myself.

Diegene wat wil saamreis ,is welkom…die res kan maar gaap van verveling en verbygaan.

Eerste stop,vêr van toeristeroetes,is die dorpie Aalen.Dis die blyplek van my seun en dis ‘n rustige stil plek.Ons bly twee dae hier en word aan huis deur Duitsers getrakteer op heerlike wyn en Duitse kos..te heerlik! IMG_0001_edited-1

Ons reis van Aalen,na die pragtige dorpie,Rothenburg ob der Tauber.Dis die beste bewaarde ommuurde dorp in Duitsland.Wat my betref ,was dit een van die hoogtepunte.Gelukkig was ons buite seisoen hier,want duisende toeriste besoek jaarliks hierdie pragtige plek.

Wanneer mens deur die stadspoort gaan,is die verrassing groot,want skielik is mens in ‘n ander eeu,lank terug.IMG_0010_edited-1

Die nou,kobbeltjie straatjies met ou geboue,is ‘n fees vir die oog.IMG_0042_edited-1

IMG_0028_edited-1

Skielik is ons op ‘n pragtige oop plein,met vrolik-geverfde geboue.Ek waag dit selfs om saam met manlief op ‘n foto te verskyn!IMG_0020_edited-1

Een van die hoogtepunte is die Festspiel Der Meistertrunk,wat elke jaar sedert 1881 plaasvind.Die legende lui so:In 1631,na bitter gevegte tydens die Dertigjarige Oorlog,neem die Katolieke Imperiale troepe,onder leiding van Graaf Tilly,die Protestantse dorpie,Rothenburg in.Die dorpsmense het ontsettend weerstand gebied en die woedende graaf het beveel dat die dorp verwoes en geplunder word en dat die stadsvaders gehang moet word.

Intussen is hy die beste Franconian wyn aangebied in ‘n reuse houer van 3.25 liters.Hy belowe toe dat hy die dorp sou spaar as een van die stadsvaders in een sluk so ‘n hele beker wyn kan afsluk.Oud-burgermeester,Nüsch,sluk toe ‘n hele houer binne tien minute af.Graaf Tilly het sy belofte gehou en die stad en sy mense gespaar!

Hierdie kloktoring beeld die toneel van die drinkers uit:IMG_0043_edited-1

‘n Wandeling op die stadsmuur…IMG_0033_edited-1

sorg vir pragtige landelike tonele:IMG_0031_edited-1

‘n Glasie wyn by een van die vele straatrestaurantjies,rond die hele prentjie mooi af!IMG_0039_edited-1

Advertisements

57 thoughts on “Uit my dagboek”

  1. Dis die eerste keer wat ek moet toegee dat ‘n geoefende drinker ‘n aanwins kan wees in jou vriendekring 😀 Dis pragtige fotos. Soveel geskiedenis (ek kan my tog te lekker in die verlede inleef). Dankie dat ek kon saamtoer.

    Liked by 1 person

  2. Blij eindelijk kennisgemaakt te hebben met jou en manlief.
    Tja, Europa is ‘Europees’. Die typische oude Duitse stadjes hebben iets kitscherig, maar tegelijkertijd tonen ze aan (met hun ligging, hun vestingen,…) hoe ze destijds hebben moeten vechten om zich te verdedigen tegen de inval van ‘de vijand’ (Turken, Zuid Afrikaanse toeristen,…).
    Je zult me nooit vervelend met die verslagjes, maar een komische noot nooit veraf is!

    Liked by 1 person

    1. Toerisme is maar kitch,Paul!Orals dieselfde slegte kos,massas mense,kaggelkakkies te koop as aandenkings,toue en nuuskierige agies met selfiestokke…lol.Mens moet heeltyd keer dat so ‘n selfistok nie tussen jou bene beland nie😂😂

      Liked by 1 person

      1. De kunst is om eens naast de platgelopen toeristische paden te lopen. Zo is Brugge toeristisch uitgebuit, behalve die prachtige plekjes waar bijna geen toerist komt. Die toon ik graag aan mensen die er op bezoek komen (maar die zondag dat jij er was kon ik helaas niet…)

        Liked by 1 person

      1. Dis juis oor die geskiedenis wat ek wil gaan. Ek dink daar is soveel om te sien daar, en ek het rerig dikwels al gewonder hoe dit iemand soos my emosioneel sal raak om daar te loop. Maar ek dink dis nogsteeds pragtig daar.

        Liked by 2 people

  3. Pragtige fotos, veral die kobbel-straatjies en geboue. Julle het ook gelukkig mooi weer gehad. Dit is lekker om ‘n foto van julle albei te sien. Iets wat my opvallend is, hoe skoon die strate is.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s