Uit my dagboek deel 2

Voort na Jena,in die ou Oos Duitsland.Dis my seun se bly- en werksplek in die week.Dis ook nie ‘n toeristestad nie,maar ‘n plek met ‘n baie interessante geskiedenis.

Jena se geskiedenis begin iewers in 1182 en dit het ‘n klein dorpie gebly tot in die negentiende eeu,toe industrieë ontwikkel het.Tydens die twintigste eeu was Jena die wêreldsentrum van die optika-industrie.Bekende maatskappye soos Carl Zeiss,Schott en Jenoptic is hier geleë.

‘n Straatjie in Jena uit ons hotelvenster,met seunskind se woonstelvenster,skuins oorkant:

IMG_0049_edited-2

Jena is ‘n sentrum vir navorsing en opleiding en huisves die Friedrich Schiller Universiteit asook die Ernst-Abbe-Fachhochschule Jena.Daar is ‘n heerlike atmosfeer van jongmense en saans is die strate vol lewe.

Die teleskoopvormige Jentoring is die hoogste gebou in Jena en die tweede hoogste in oos Duitsland.Ons het die aand hier gaan eet…nie net hoogste in die stad nie,maar hoogste pryse in die stad…LOL!IMG_0136_edited-1

Uitsig oor Jena,vanuit die toring.IMG_0141_edited-1

Later die aand,toe dit donker was…my een reisgenoot met hoogtevrees het hierdie mooi foto geneem!IMG_0159_edited-1

Die volgende dag is reënerig en koud,maar ons doen ‘n daguitstappie na Dresden.Die mense ry vinnig…teen 160kpu voel dit of ons parkering soek!IMG_0059_edited-1Gelukkig bestuur die seuns baie versigtig en die paaie is in tip-top-toestand.Flikkerligte werk hier soos dit moet…as iemand wil oorskuif,gee jy pad.Dit werk uitstekend!

Dresden is ook ‘n pragtige stad,maar dis redelik miserabel en koud. Dit sorg egter vir mooi swart-en-wit foto’s,sonder manipulasie:IMG_0082_edited-1

IMG_0100_edited-1

Ons is redelik verkluim,maar glimlag darem nog…dis juis die dag wat ek nie my warm baadjie saamgevat het nie en besig was om die moeder van alle verkoues te ontwikkel!IMG_0093

Een van die stadspleine vanonder ‘n afdakkie,van ‘n restaurantjie waar ons geëet het.Ek wou binne sit,maar sommige mense(ek noem geen name)wou buite sit,want dis dan so gesellig onder die verwarmertjie bokant ons koppe en die reëndruppeltjies wat so half op ons spat!Dit was die eerste keer wat ek moerig was…heerlik,heerlik!IMG_0121_edited-1

Ek neem toe maar hierdie simpele karretjie af,om my bui te laat sak.As ek nou stout wil wees,dan klink Rundfahrten mos nou vir my soos rondp..p.Dis hoe knorrig ek was!IMG_0124_edited-1

Een van die pragtige muurskilderye..ek weet nie waarvan nie,maar ek kon dit waardeer:IMG_0112_edited-1

Detail:IMG_0116_edited-1

Dit was alles in Dresden.Vergelyk hierdie meer moderne skildery wat ek in Jena afgeneem het:IMG_0057_edited-1

‘n Mooi straat in Dresden:

IMG_0090_edited-1

Advertisements

47 thoughts on “Uit my dagboek deel 2”

  1. Jou m__rmeter was duidelik in die rooi vriendin maar gelukkig ken ek jou as iemand wat vergewingsgesind is! Dankie vir die deel van jou wedervaringe.

    Liked by 1 person

    1. Hehe,dis die enigste keer wat ek kwaad was,maar dis meer omdat ek so siek soos ‘n hond gevoel het.Niemand het eers agtergekom dat ek vies was nie…ek kan dit goed wegsteek!

      Like

  2. Weet jy wat my eerste tref van al die fotos – die algehele NETHEID van die strate en omgewing. Kyk nou maar net by daardie stalletjies! Waar sal jy dit hier rond kry? O ja en ek dink jou vertaling van Rundfahrten werk vir my ook 😀

    Liked by 1 person

  3. I enjoyed all the vistas of Jena and Dresden, Dina. The coldness and wetness in Dresden are evident in the photos, but still, there are many beautiful parts. I also liked seeing the city Jena where Zeiss and other optic companies are. Great tour~~

    Liked by 1 person

  4. Ek ne ‘n vrien het eenmaal Tafelberg geklim en Energade gekoop by ‘n kafee so km vanaf die berg vir R9.00 vir 500ml (wat in elk geval toe duur was. Bo-op die berg by hulle winkel het dieselfe Energade R33.00 gekos. Dit is dus ‘n empiriese feit dat pryse toeneem met hoogte bo se-spieel!

    Liked by 1 person

  5. O nee wag, hierdie is my gunsteling foto’s! En ek is natuurlik MAL oor sulke onweer (alhoewel ek vermoed ek GEEn idee van koud het nie!)

    Dis sommer lekker om jou gesig na AL die jare te sien Perdebytjie!

    Ek wonder wat hulle daar van my gemiddelde 100km/h sal dink 🙂

    Liked by 1 person

  6. Ons was in Dresden tydens ‘n onnatuurlik warme somer, alles was sommer verlep. Ek onthou egter die beste ‘n baie arme visdam by ‘n fort of museum of iets waar die arme visse so gesnak het na suurstof in die groen, lou water. Dit was vreeslik 😦

    Like

  7. Knorrig in/en Rundfahrten – seker twee van die minder aangename aspekte van reis, soos verkoue wat meestal volg na die onafwendbare 10-14uur van ander mense se knorrigheid en rondp_p inasem op pad na jou bestemming! Maar het dit my nou lekker laat lag en herinner aan my soortgelyke ervarings?! Dankie!

    Daar muurskildery is inderddad iets om te aanskou…

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s