Uit my dagboek deel 4

Nog in Berlyn…die stad het ‘n vreemde atmosfeer.Dis asof daar steeds ‘n wolk van hartseer hang.Dalk is dit die emosie in myself,omdat ek weet wat alles hier gebeur het.Oral loop jy jou vas in die geskiedenis.Mens kan jou hoed afhaal dat dit nie toegesmeer is,soos wat gewoonlik gebeur met die oorname deur ‘n nuwe bewind nie.

Ek het die argitektuur pragtig gevind en op ‘n bootvaart het ek my verkyk aan die asemrowende geboue.IMG_0226_edited-1

Oud en..IMG_0236

IMG_0237_edited-1

nuut…dieselfde idee as die vorige een,net met moderne lyne:IMG_0238_edited-1

My gunsteling..IMG_0243_edited-1

Soos ons verbyvaar word dit al mooier..steeds dieselfde gebou:IMG_0249_edited-1

Vanuit ‘n ander hoek…argitektoniese skepping uit die boonste rakke!IMG_0250_edited-1

Hierdie gebou is onder konstruksie en…IMG_0264_edited-1

Kyk waar loop die werkers…nie vir mense met hoogtevrees nie!IMG_0268_edited-1

‘n Vrolike hotel langs die water.IMG_0271

Nog twee mooi moderne skeppings:IMG_0263

IMG_0254

Ongelukkig kom mens nie weg van Duitsland se lelikste geskiedenis nie.Ons beland skielik op hierdie plein,sonder dat ons daarna gesoek het.Die starheid is soos ‘n vuishou tussen die oë.Eers weet mens nie waarna jy kyk nie ,maar hierdie klipsteen sê wat dit is:IMG_0311_edited-1

2,711 betonblokke,elkeen 2,8 meters lank en 4,7m hoog,is met uiterste presisie 95cm van mekaar,op hierdie area neergelê.Dis veronderstel om ‘n gevoel van uiterste eensaamheid,magteloosheid en wanhoop,uit te beeld.Vir my was dit is ‘n aaklige plek!IMG_0313_edited-1

‘n Mens kan tussen die blokke rondloop en dit verdiep die gevoel van lelik en hopeloos.Ek het hierdie foto sonder kleur geplaas om die atmosfeer vas te vang:IMG_0309_edited-1

Op ‘n vroliker noot…My reisgenote by ‘n skatlike karretjie….enIMG_0314_edited-1

‘n geduldige fietsryer wag op sy volgende passasier..IMG_0290_edited-1

Advertisements

27 thoughts on “Uit my dagboek deel 4”

  1. Sjoe dis darem indrukwekkende geboue hoor. Ek kan nie besluit of ek die meeste van die ou geboue of die nuwes hou nie, almal is ewe mooi.

    Daardie plein met die beton blokke – ek moet dit gaan sien en voel. Dit lyk vir my vreeslik interessant.

    Liked by 1 person

    1. Dis altyd vir my verstommend wat mense kan skep…oud en modern!
      Onder daardie reuse blokke,is ‘n ondergrondse museum,toegewy aan die Jode se uitwissing.Ons het nie ingegaan nie,want daar was ‘n lang tou.As jy eendag daar uitkom,moet jy dit besoek.

      Liked by 1 person

  2. My hart het sommer saamgetrek toe ek na die fotos van die sementblokke kyk. Ek wil dit nooit sien nie, Perdebytjie. Niks van dit nie. Vir my is dit ń geskiedenis wat net te erg is om selfs aan te dink. Die geboue is indrukwekkend. Maar veral die oues is vir my pragtig.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s