Uit my dagboek deel 5

Ons vlieg vanaf Berlyn na Amsterdam.Dis ‘n hele dag se storie…taxi lughawe toe,sit en wag op die lughawe,vervelig,vervelig…kom eers laat by ons blyplek aan.Dis nie ‘n baie lekker plek nie en met ‘n verstopte stort,kan ek sommer hoor hoe groei die voetskimmel tussen my tone!

Die kamer en beddegoed lyk ook nie te aantreklik nie,maar vir iemand wat tien dae sonder ordentlike geriewe in ‘n tent in die woestyn kan uithou,is Perdeby en kie gou heel tevrede…knyp net oë toe.

Die Air-bnb is heel sentraal geleë met ‘n mooi uitsig oor ‘n kanaal en binne stapafstand van alles.

Die slaapkamer,met die vreemde manier van beddens opmaak,wat ons nou al oral raakgeloop het…’n matraslaken en twee enkel duvets met twee kontinentale kussings op die bed:IMG_0413

Uitsig uit ons “apartement”…heel mooi!Ons bly egter bokant ‘n “koffiewinkel”,wat sterker goedjies as koffie verkoop.Die seuns slaap in die sitkamer op die bank en moet deurnag luister na die lawaai van horriesdronk en daggabenewelde mense!Vanuit ons slaapkamer word hulle ook deur die gesnork van twee leeus geteister…ons grom en prut  heerlik,ons weet van niks!IMG_0415

Die hoogtepunt is ons besoek aan Keukenhof.Wat ‘n ongelooflike skouspel!Ek sê niks verder nie..IMG_0326

IMG_0376

Hier het ek per ongeluk die kamera se knoppie gedruk,maar toe lyk dit nogal vir my heel interessant:IMG_0390

IMG_0388

IMG_0375

IMG_0399

Ek is spyt ek het nie veel foto’s in Amsterdam geneem nie,want teen dié tyd was ek al so snotterig van ‘n vreeslike verkoue dat dit my lus gedemp het.Wie kan in elk geval foto’s neem met snotdoekies in die een hand en ‘n kamera in die ander een?

Ons bly net twee dae en doen ook ‘n bootvaart op die gragte en kanale om ‘n idee van die stad te kry:IMG_0426

Manlief met ons pakkaas,wagtend vir ons gehuurde voertuig,waarmee ons Brugge toe sou ry:IMG_0423Let wel,weereens…die swart koffer was nie myne nie!

Behalwe vir miljoene sigaretstompies (kyk op die foto) en ‘n paar fietse wat tussen my bene geparkeer het,het ek dit baie geniet in hierdie besondere plek!

Advertisements

28 thoughts on “Uit my dagboek deel 5”

  1. Wyle Sir Terry Pratchett, my gunsteling skrywer ooit, het die volgende te sê gehad oor Amsterdam…

    “My experience in Amsterdam is that cyclists ride where the hell they like and aim in a state of rage at all pedestrians while ringing their bell loudly, the concept of avoiding people being foreign to them.
    My dream holiday would be a) a ticket to Amsterdam b) immunity from prosecution and c) a baseball bat.”

    Liked by 1 person

    1. Hy was so reg…ek het selfs gesien hoe ‘n fietsryer haar klokkie vir ‘n motor gelui het,omdat dit oor die fietsbaan moes ry om in die straatverkeer in te gaan.Ek was totaal verstom.Ons het ook gesien hoe ‘n trem brieke moes aanslaan en amper ‘n groep fietsryers getref het!Ek was ook amper maalvleis..hule het geen saak met jou nie!
      As jy ooit soontoe gaan,vat jou “bat” saam…lol!

      Like

      1. Haha, dis presies wat ek van hulle taal dink! As ek Nederlands lees, sien ek ou voortrekkers en presidente met keilhoede, onderbaadjies en sakhorlosies voor my. Hulle aksent is mooi, minder “hard” as Afrikaans, dink ek.

        Liked by 2 people

  2. 😄😄😄 heerlijk zoals we elkaars taal begrijpen ,ondanks de verschillen.
    In Amsterdam is air B&B een groot probleem aan het worden hoorde ik onlangs. Jan en allemaal verhuurd kamers ,niemand controleerd de kwaliteit. Bovendien hebben de bewoners veel last van toeristen die s.nachts beginnen te leven.
    Zo.n rondvaart door de gracht is echt de moeite waard he. Fijn dat jullie genoten hebben.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s