Speel-speel

Die hele Leo-familie lê vanmiddag en slaap.Sondagmiddae is só vervelig as die groot vuilbaarde dik gevreet is en net wil skuinslê.Klein Liefie,besluit sy het genoeg gehad van die stilte en gaan karnuffel bietjie vir ouboet Stinkbaard.Aanvanklik is hy nie te ongeneë nie en lig darem ‘n lui poot so effe op.._MG_5471_edited-1

Ag nee,nou raak sy darem te geniepsig met daardie skerp naeltjies en ‘n groot poot druk haar parmantige koppie styf vas,sodat sy magteloos daar lê…_MG_5473_edited-1

Loffie sien haar penarie en kom nader om ook kragte met ouboet Stinkbaard te meet.Hy lyk maar effe versigtig,want daardie klou is soos ‘n bokshandskoen en kan ‘n allemintige snotklap uitdeel,as ‘n kleinding nie oppas nie!_MG_5474_edited-1

Dit woel en stoei,maar ouboet doen dit versigtig en met deernis,om nie sy drie maande oue broertjie en sustertjie seer te maak nie.Hy is self vier jaar oud en begin al tekens van ‘n lieflike rooi maanhaar toon.Een van die dae sal hy en sy ander groot boeties die trop moet verlaat en hul eie gesinne begin.Intussen geniet hy die liefde en samesyn…_MG_5477_edited-1

Na daardie stewige kopklem in ouboet Stinkbaard se pote,besluit Liefie om liewer die aftog te blaas…_MG_5597_edited-1

Sy en Loffie stoei dat die klippe spat en jy net naels sien…_MG_5540_edited-1

Terwyl die res van die trop snork soos hulle slaap,bedink hulle alweer ‘n volgende onnutsigheid.._MG_5625_edited-1

Honkie en Helkie..

is deel van ‘n groot familie hiënas,wat in die Sabie-Sand Reservaat bly.Die lewe behandel hulle goed,want familiebande is sterk en almal sorg vir mekaar.Hulle bly heerlik in ‘n uitgeholde termiethoop,vol tonnels en gange,waar hulle kan wegkruip as gevaar dreig.

Bedags slaap die spulletjie,maar skemeraand kruip hulle uit,speel en bespied die omgewing.._MG_6266_edited-1

Honkie en Helkie is baie onnutsig en soek alweer ‘n plek om kwaad te doen!IMG_0673

Maar eers is dit drinktyd en die tweetjies raas en baklei oor ‘n vasgrypplek aan mamma Hettie se lekker melkgevulde spene.Tante Hilda spring in en wys tande om die tweetjies op hul plek te sit!Haar waarskuwingsgromme is deel van die algemene dissipline om die kleingoed hul plek te laat ken in die hiënahiërargie…_MG_6279_edited-1

Uiteindelik het elkeen sy eie knibbelplekkie en dit knaag en suig dat die skuim so spat.._MG_6301_edited-1

Mamma Hettie gooi ‘n liefderike poot oor elke kleinding en kyk trots na haar spikkelskattebolletjies…_MG_6313_edited-1

Skielik is daar weer ‘n onderonsie en mamma Hettie kruip weg agter  haar poot,uit pure moedeloosheid en skaamte.._MG_6310_edited-1

Intussen heers daar doodse vrede en orde by tant Hannetjie en haar twee suigelinge..beslis meer dissipline hier!_MG_6274_edited-1

Helkie het beslis die moontlikheid om ‘n klein helsimpie te word,wanneer hy eendag groot is..IMG_0666

Spektakel op ‘n Maandagoggend

Hier is drie honde aan huis…skatlike Schnauzers.Die optelbrak van die DBV,(Diere Beskermings Vereniging)kuier al van Donderdag af by hulle.Hy is ‘n kruis tussen ‘n hiëna en ‘n ysbeer….spierwit lang hare,breë gesig,gehapte oor en ‘n regteroog wat hang.Sy bek hang heeltyd oop en hy glimlag regtig.Sy naam is Chuckles.

Nou siende die Schnauzers al drie jaar lank ‘n trop op hul eie is (honde is mos maar eintlik afstammelinge van wolwe),was hierdie troppie nie te geneë met die vreemde wit gedierte nie!Dus was dit heeltyd knor,beenlig,skrop en ‘n geskarrel vir dominansie en posisies,al was die hiëna hoe vriendelik en net lus vir speel.

Soos die naweek aangaan word dinge al hoe beter en die atmosfeer verbeter ook heelwat.Natuurlik was dit yskoud en nat buite en die spulletjie was maar effentjies as dit kom by uitgaan vir plassies en sponsdorings in die tuin.Die gevolg was heelwat glipse in die huis…tot my yslike ergenis!

Vanoggend neem die Perdeby ‘n welverdiende stortbad (na ‘n woeste naweek…dit was mos MoedersWERKSdag)en die volgende oomblik breek alle hel los.Al vier honde gryp mekaar en jy sien net baarde,sterte,tande en spierwit hare waai.

Perdeby storm papnat uit die stort uit,die gang af,met die enigste wapen…’n goedkoop Pep Stores kombers,met Luiperdpatrone op.Sy slaat in die bondel in met die kombers,terwyl haar naakte lyf skud en dril.Gelukkig skrik hulle so,dat elkeen druipstert onder ‘n stoel inkruip!’n Aanval deur ‘n luiperd én ‘n seekoei op ‘n Maandagoggend,is darem een te veel vir ‘n brak!

Jimmel dit moes ‘n gesig gewees het en ek neem hulle nie kwalik dat daar op die oomblik doodse vrede heers nie…

‘n Reis op ‘n agterpad(6)…

neem mens deur die hek van die Baviaanskloof Natuurreservaat..IMG_0222

Die omgewing is droog,maar ons ry tog verskeie kere oor die Rietrivier met pragtige helderskoon water en mooi plante..IMG_0224

Ons kom by ‘n piekniekplek,met goeie inligting op ‘n groot bord.Die Kougadam waarvan die water hier sigbaar moet wees,is heeltemal opgedroog!Die damwal is ‘n ent verder aan,maar ons het nie soontoe gegaan nie.IMG_0229

Ons sien heelwat boksoorte en die elegante agterkant van ‘n bedonnerde buffelbul..IMG_0240

Die pad klim die steiltes uit en sorg vir pragtige tonele..IMG_0225_edited-1

Net 4×4 voertuie word aanbeveel.Dóér onder kronkel die pad op en af..IMG_0228_edited-1

Sommige plekke raak die pad baie nou en gaan dit maar broekskeur,wanneer ander voertuie van vooraf kom.Dan is dit versigtig agteruit ry,totdat daar genoeg verbykomspasie is.By erge steiltes lê ‘n tweespoor betonstrook,vir tye wanneer die pad nat en glyerig raak..IMG_0243

Die uitsig is asemrowend..IMG_0241

Ongelukkig is ons tydjie te kort om meer te sien en doen,maar ons het ‘n goeie idee van al die skatte in hierdie wonderlike plek…

‘n Reis op ‘n agterpad(5)…

neem ons na ‘n wildevy-sprokieswoud!IMG_0182a_edited-1

Hierdie stukkie paradys is weggesteek van die hoofpad af en mens kan net met spesiale toestemming daar kom.Die plaas behoort aan ‘n gemeenskap en is ons gasheer se bure.Hy help hulle baie met projekte en hulle laat hom toe om sy gaste na die woud te neem.IMG_0183_edited-1

Ten spyte van die droogte,borrel daar oral kristalhelder water uit die grond uit en die area heet Sewe Fonteine..IMG_0203_edited-1

‘n Hout loopgang beskerm die sensitiewe woud teen menslike vertrapping.Op een plek moet jy laag buk om onderdeur ‘n omgevalle woudreus te kom…IMG_0191_edited-1

Sommige van hierdie bome is eeue oud en elke keer wanneer een omval,spruit nuwe takke uit en groei hemelwaarts.Die gevolg is ‘n skouspel van ineengestrengelde wortels en takke wat kruis en dwars oormekaar lê.Orals hang trossies wildevye…IMG_0194_edited-1

Tussendeur loop die water…IMG_0199_edited-1

Hierdie klein area is in skrille kontras met die bar landskap in die omgewing.Die wit lig wat agter die bome deurskyn,is die fel sonlig wat buite die woud,die aarde verskroei!IMG_0185_edited-1

Hierdie wonderlike dag word afgesluit met ‘n aandete onder ‘n oorhangende krans. Boesmantekeninge teen die rotswande,dui aan dat oermense duisende jare terug ook hier vuurgemaak en gelag en gesels het..IMG_0207_edited-1

‘n Reis op ‘n agterpad (4)…

neem mens op ‘n besondere wandelpad in die Sederkloof…IMG_0135_edited-1

Interessante verskynsels word deur ons gids uitgewys…’n sampioen wat uit ‘n termiethoop groei..IMG_0113_edited-1

Water wat uit ‘n bad loop,kolk linksom in die Suidelike halfrond en regsom in die Noordelike halfrond.Netso krul slingerplante anti-kloksgewys om ‘n boom in die Suidelike halfrond en kloksgewys in die Noordelike halfrond..

IMG_0137_edited-1

Lae kalksteen tussen sandsteen en ander harder rots..IMG_0152_edited-1

sorg vir ‘n verskeidenheid kleure..IMG_0155_edited-1

Verstommend watter kragte meegewerk het om oor miljoene jare heen,hierdie formasies te vorm..IMG_0158_edited-1 IMG_0160_edited-1

Die kloof heet Sederkloof en hier is een van die sederbome,waaraan die kloof sy naam te danke het..IMG_0138_edited-1

Interessante mensagtige bome groei oral teen die berghange en naby die rivier.Dit staan bekend as Riviermelkbos (euphorbia triangularis) ..IMG_0129_edited-1

Word vervolg..