‘n Reis op ‘n agterpad..

neem mens dikwels na ‘n era wat verby is.Dis soms ook skokkend en dit laat mens wonder oor die verbygaande aard van alles,wat elke dag so vanselfsprekend lyk.

Verlede week het ons so ‘n agterpad gevolg.Dit het ons geneem op ‘n roete in die Oos Kaap…’n grondpad deur die Kamdeboodistrik .. IMG_0012

na die dorpie,Aberdeen met pragtige geboue..IMG_0015_edited-1

die hoogste kerktoring in Suid-Afrika,waarvan die boonste deel 4,5cm van senter af is..IMG_0014

en ‘n poskantoor ,wat veronderstel was om die magistraatshof in Grahamstad te wees!Hoe die fout ingesluip het,weet niemand nie,maar toe die fout ontdek is,was die bouery op Aberdeen al vêr gevorderd!IMG_0018

‘n Besoek aan die stasie,laat mens met skok en baie vrae…IMG_0023

Die konstruksie aan ‘n spoorlyn vanaf Port Elizabeth het op 9 Januarie 1872 begin en het met voltooiing op 26 Augustus 1879,Graaff-Reinet bereik.Aberdeenweg (Aberdeen Road) was een van die stasies op weg…IMG_0022

‘n Afgekapte bloekomboom met ‘n enorme stam,’n platvorm vol bossies..IMG_0021

‘n Ou stoor langs toegegroeide spore..IMG_0020

Die stewige gebou het steeds al sy pragtige plankvloere en daar is drie vertrekke met kaggels in,waar vure gesellig gebrand het tydens yskoue wintermaande…IMG_0029_edited-1

Die hartseerste is die tekens van ‘n eens goedbedryfde stasie..stapels papiere lê tussen voël- en rotmis in ‘n eens gesellige kantoor ,versprei..IMG_0028a_edited-1

Papierwerk van ‘n era wat verby is..IMG_0025_edited-1

‘n Naby skoot veroorsaak ‘n lag met ‘n traan…wat het daarvan (dissipline) geword?IMG_0026_edited-1

Netjiese stewige in-hokkies,verklap ‘n sisteem,wat heeltemal deur rekenaars vervang is..IMG_0033a_edited-1

Vandag dien dit net as ‘n gerieflike nesmaakplek vir ‘n duif..IMG_0034

Die kaartjieskantoor met luik in die linkerkantste hoek,toon nog papierwerk en droewe verwaarlosing..IMG_0032_edited-1

Ongelooflik,’n ou brandkluis,steeds stewig op ‘n sementblok vasgeanker en…IMG_0030_edited-1

gesluit!!!IMG_0031a_edited-1

Die spoorlyn na die Noorde…vir ewig stil en sonder ‘n trein..IMG_0024_edited-1

Net die wind suis deur die aangeplante bome en spore verdwyn na vêr Karooberge in die blou newels…

Advertisements

79 thoughts on “‘n Reis op ‘n agterpad..”

      1. Mijn man is landmeter, we zijn in 1984 geëmigreerd naar SA, hier was het toen crisis… Ik was pas 20. En heb toen aan UNISA gestudeerd. Onze zoon is in Johannesburg geboren in 1985. Op zondag gingen we naar Zoo Lake. Roeien en een ijsje eten, naar de dansende fonteinen kijken…Of naar Velskoen, de drive in. Onder een hemel met meer sterren dan ik ooit zag 😊

        Liked by 1 person

  1. Ai! So mooi en tog so (hart)seer… my H3 se pa was desjare stasiemeester. Blykbaar altyd erg verknog aan tuinmaak en het telkemale trofee gewen vir die mooiste stasietuin. Die H3 stop by elke en enige stasiegebou wat ons op ons roadtrips teëkom. En ek weet dis vir hom erg nostalgies. Dankie vir die deel hiervan.

    Liked by 1 person

    1. Julle kan gerus hier ‘n draai gaan maak.Klipplaatstasie is egter bietjie “dodgy”en ons het liewer nie daar uitgeklim nie.Aberdeen s’n op my vorige blog,is ver van alles en jy kan veilig daar rondhang.

      Liked by 1 person

  2. Yes, I think you went on a road trip in Aberdeen, in S. Africa? I just got back from one too, in central Oregon, US, where the towns are very tiny, and I too saw lots of interesting old buildings and history. I love the bird’s nest in the cubby hole.

    Liked by 1 person

  3. Dit wat was…. maar ‘n mens voel tog jy wil ‘n traan pik vir die lekker ou dae. Ek wens altyd sulke mure wil vir my die stories vertel wat daar afgespeel het.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s