‘n Reis op ‘n agterpad..

neem mens dikwels na ‘n era wat verby is.Dis soms ook skokkend en dit laat mens wonder oor die verbygaande aard van alles,wat elke dag so vanselfsprekend lyk.

Verlede week het ons so ‘n agterpad gevolg.Dit het ons geneem op ‘n roete in die Oos Kaap…’n grondpad deur die Kamdeboodistrik .. IMG_0012

na die dorpie,Aberdeen met pragtige geboue..IMG_0015_edited-1

die hoogste kerktoring in Suid-Afrika,waarvan die boonste deel 4,5cm van senter af is..IMG_0014

en ‘n poskantoor ,wat veronderstel was om die magistraatshof in Grahamstad te wees!Hoe die fout ingesluip het,weet niemand nie,maar toe die fout ontdek is,was die bouery op Aberdeen al vêr gevorderd!IMG_0018

‘n Besoek aan die stasie,laat mens met skok en baie vrae…IMG_0023

Die konstruksie aan ‘n spoorlyn vanaf Port Elizabeth het op 9 Januarie 1872 begin en het met voltooiing op 26 Augustus 1879,Graaff-Reinet bereik.Aberdeenweg (Aberdeen Road) was een van die stasies op weg…IMG_0022

‘n Afgekapte bloekomboom met ‘n enorme stam,’n platvorm vol bossies..IMG_0021

‘n Ou stoor langs toegegroeide spore..IMG_0020

Die stewige gebou het steeds al sy pragtige plankvloere en daar is drie vertrekke met kaggels in,waar vure gesellig gebrand het tydens yskoue wintermaande…IMG_0029_edited-1

Die hartseerste is die tekens van ‘n eens goedbedryfde stasie..stapels papiere lê tussen voël- en rotmis in ‘n eens gesellige kantoor ,versprei..IMG_0028a_edited-1

Papierwerk van ‘n era wat verby is..IMG_0025_edited-1

‘n Naby skoot veroorsaak ‘n lag met ‘n traan…wat het daarvan (dissipline) geword?IMG_0026_edited-1

Netjiese stewige in-hokkies,verklap ‘n sisteem,wat heeltemal deur rekenaars vervang is..IMG_0033a_edited-1

Vandag dien dit net as ‘n gerieflike nesmaakplek vir ‘n duif..IMG_0034

Die kaartjieskantoor met luik in die linkerkantste hoek,toon nog papierwerk en droewe verwaarlosing..IMG_0032_edited-1

Ongelooflik,’n ou brandkluis,steeds stewig op ‘n sementblok vasgeanker en…IMG_0030_edited-1

gesluit!!!IMG_0031a_edited-1

Die spoorlyn na die Noorde…vir ewig stil en sonder ‘n trein..IMG_0024_edited-1

Net die wind suis deur die aangeplante bome en spore verdwyn na vêr Karooberge in die blou newels…

81 Replies to “‘n Reis op ‘n agterpad..”

  1. Die stories vasgevang in jou fotos! As ń mens net ń paar van die verhale kon hoor wat in daardie geboue afgespeel het. Ou , verwaarloosde stasies sal altyd vir my ń bekoring inhou.

    Liked by 1 person

        1. That is a lovely possibility. We did too, when we lived in Kenya. Probably went to the bush once every fortnight or a little less? I’m glad to hear that still exists.

          Liked by 1 person

        1. Well that answers my previous question. S.A. is a place I’d like to visit. (And Botswana) But my back now dislikes long car-rides. 😦

          Like

        2. Mijn man is landmeter, we zijn in 1984 geëmigreerd naar SA, hier was het toen crisis… Ik was pas 20. En heb toen aan UNISA gestudeerd. Onze zoon is in Johannesburg geboren in 1985. Op zondag gingen we naar Zoo Lake. Roeien en een ijsje eten, naar de dansende fonteinen kijken…Of naar Velskoen, de drive in. Onder een hemel met meer sterren dan ik ooit zag 😊

          Liked by 1 person

  2. Ai! So mooi en tog so (hart)seer… my H3 se pa was desjare stasiemeester. Blykbaar altyd erg verknog aan tuinmaak en het telkemale trofee gewen vir die mooiste stasietuin. Die H3 stop by elke en enige stasiegebou wat ons op ons roadtrips teëkom. En ek weet dis vir hom erg nostalgies. Dankie vir die deel hiervan.

    Liked by 1 person

    1. Julle kan gerus hier ‘n draai gaan maak.Klipplaatstasie is egter bietjie “dodgy”en ons het liewer nie daar uitgeklim nie.Aberdeen s’n op my vorige blog,is ver van alles en jy kan veilig daar rondhang.

      Liked by 1 person

  3. Merkwaardig die internasionale gehoor wat jy het al wil die pannekoek jou aan die werk steek, ja ja. ek dou by die ou geskrifte vasgehaak het en begin blaai en lees het totdat my hooikoors my rangeer het.

    Liked by 1 person

  4. Yes, I think you went on a road trip in Aberdeen, in S. Africa? I just got back from one too, in central Oregon, US, where the towns are very tiny, and I too saw lots of interesting old buildings and history. I love the bird’s nest in the cubby hole.

    Liked by 1 person

  5. Dit wat was…. maar ‘n mens voel tog jy wil ‘n traan pik vir die lekker ou dae. Ek wens altyd sulke mure wil vir my die stories vertel wat daar afgespeel het.

    Liked by 1 person

  6. Wil jy hê ek moet een van hierdie blogs vir jou stuur vir die tydskrif? Ek was lank van die lug af en het nie gevolg wat aangaan nie.Ons het huis verkoop in Namibië en getrek met ons pakaas besittings. Baie besig gewees.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +