‘n Reis op ‘n agterpad (2)..

neem ons na nog ‘n interessante plekkie..IMG_0065

Die naam is te danke aan groot plat rotsplate oral in die omgewing.Dis ‘n armoedige stowwerige plekkie,maar was vroeër jare ‘n besige vooruitstrewende dorp,met sy belangrike spoorwegaansluiting vanaf Port Elizabeth na Graaff-Reinet.Daar was ook ‘n aansluiting na Oudshoorn via Willowmore.

Hier en daar is nog goed bewaarde geboutjies soos Klipplaat Polisiestasie.Dis ‘n pragtige geboutjie in Victoriaanse styl..die bokke onderhou die tuin…IMG_0041

Dié effe verwaarloosde Anglikaanse Kerkie,se hoeksteen is op 12 Junie 1910,deur Rev.J.K.Mather, gelê..IMG_0042

Die kerkklok in die omheinde ogiesdraaderfie,roep steeds Sondae die kudde nader..IMG_0043

Amper reg langsaan is die Wesliaanse Metodistekerkie,waarvan die hoeksteen op 1November 1904 deur Charles Lee gelê is..IMG_0044

Langs ‘n vaal stofstraat doem hierdie ou ysterreus uit vervloeë dae op…IMG_0046

‘n Draai by die eens florerende stasie,is ‘n yslike skok…IMG_0049

Koningin Elizabeth wat toe nog ‘n prinses was,het in 1947 saam met haar ouers ‘n deftige treinreis deur Suid-Afrika onderneem.Op hierdie einste Klipplaatstasie het haar adellike voetjies grond geraak.Gedurende S.A. se goue tydperk van treinreise,was hierdie stasie ‘n nes van bedrywighede.Treine van PE na Oudtshoorn,na Kaapstad,na Graaff-Reinet het geknars oor hierdie ou spore wat vandag lê tussen wuiwende gras en stukke sement..IMG_0048

Na die skok van soveel verwaarlosing,ry ons na die dorp se enigste hotel…waarskynlik vernoem na Charles Lee,wat ‘n handelstasie hier begin het…IMG_0050

vir ietsie sterkers in die kroeg..IMG_0055

met verspotte sê-goed..IMG_0060

Dis ‘n “blast from the past”en ek was skoon geskok oor al die “versierings” teen die mure en dak..IMG_0059

Die res van die hotel lyk heel skoon…weereens koedoehorings..uggghhh!IMG_0057

Ou skoolfoto’s agter glas,van Klipplaat Middelbare Skool,uit die sewentigerjare,versterk die gevoel van ‘n era wat verby is..IMG_0058

Die interessantste is hierdie ou kamerdienssisteem bokant die kroeg se deur..ek is seker dit werk nog..IMG_0061

Buite in die hoofstraat hardloop ‘n troppie bokke verby die hotel…IMG_0062

‘n Stilte sak oor die omgewing,die son verdwyn agter ‘n wolk…dis tyd om aan te beweeg…

43 Replies to “‘n Reis op ‘n agterpad (2)..”

  1. Ek was seker net ‘n glinster in my pa se oog toe daardie skool fotos geneem was.
    Maar ai, die ou dorpies en hulle geboue is vir my die mooiste dinge om na te kyk, foto’s gewys.
    Jy is baie bevoorreg om so te kan travel, dame!
    Ek klap ‘n toon oor twee weke Dubai toe, maar ek sal SO Graag ‘n toer van die klein dorpies en dies meer wou doen!

    Liked by 1 person

      1. Wel, ek is ge-issue in ’76 so dalk is ek te jonk vir daai fotos! 🙂 Ek sien uit na die Dubai storie, vir seker. Maar die gebeentes van my gil vir die rustigheid van ‘n klein dorpie.
        My Oupa het mos op Senekal gebly, ook so klein dorpie. Ek mis dit nogals!

        Liked by 1 person

        1. Hehe..ge-issue..eerste keer wat ek daarvan hoor..oulik!Eendag as dit rustiger gaan met jou,reis jy na so ‘n klein plekkie..hier is darem heelwat sulke dorpies in SA waar kunstenaars en skrywers woon.

          Like

  2. Oeg, daar is net iets aan sulke klein dorpies.

    Wens so ek kon in daardie tyd geleef het – net om te sien hoe als was. Daar is so “iets” aan daardie tye, iets wat vandag nie daar is nie. Als is so plastic en leeg.

    Liked by 1 person

  3. Ag hoe interessant! Ek is ook mal daaroor om sulke plekkies te besoek. Hou ook natuurlik nie van al die dooie horings en diere nie. Maar van hulle is nogal baie netjies nog.
    Jou kroeg foto met die 2 bokkoppe is vir my die mooiste.

    Liked by 1 person

  4. Jy sien, dit is hoekom ek saam met jou wil rondrits…al is dit dan ook net op jou blok. Jou kamera-oë sien raak wat die res van ons mis! Hierdie is die pragtigste klompie fotos.

    Liked by 1 person

  5. Interessant! Hier in die vreemde het ek ‘n groot foto van so ‘n ou stasie, Jongensklip (tussen Riviersonderend en Caledon), teen ons muur. Ons het eendag daar gestop op een van ons reise op agterpaaie. Die goeie ou dae!

    Liked by 1 person

    1. Yes I was just telling about the decay of a once prosperous railway system,that is now derelict.The rest is about the towns next to the railway…some well kept,others steeped in poverty…like the one in my next blog.

      Like

      1. Right, that makes sense. I like the photo of the old train, and that long hallway. We were in an area that saw better days too, but people still have large cattle ranches there. There was a fascinating little museum about two Chinese men who arrived with a wave of immigration in the late 1800’s to work in mines. One was an herbalist, who kept a medical business in a small house where he also lived for many years. He got ill, moved away, the house was shuttered, and twenty years alter, it was opened to reveal everything just as he left it – all his herbs, his altars, everything. Incredible!
        https://www.google.com/search?q=john+day+kam+wah+chung+museum&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0ahUKEwjg9diL-NvTAhUS3GMKHR4LBZsQ_AUICCgD&biw=1704&bih=940&dpr=1

        Liked by 1 person

  6. Heerlijk om zo via de foto’s mee te mogen wandelen. Nee, die opgezette dieren vind ik ook triest. De bokken die de ‘tuin’ onderhouden doen me helemaal glimlachen. groetjes, Hanneke

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +