‘n Reis op ‘n agterpad(3)…

neem ons verder op ‘n interessante roete…

‘n strook beton in  die middel met genoeg uitdraaiplek na weerskante,vir wanneer ‘n ander voertuig van vooraf kom..IMG_0066_edited-1

Die betonpad neem ons na Willowmore,waar ons net lank genoeg vertoef om hierdie ou petrolpomp raak te sien en te fotografeer..IMG_0070_edited-1

Die R332 neem ons na Baviaanskloof…’n juweel tussen die Baviaanskloof- en Kougabergreekse..IMG_0002

Die eerste pas waar ons die berge binnery,is die Nuwekloofpas..IMG_0074_edited-1

Interessante afdraaipaaie is oral,maar die tyd haal ons in en ons ry verby..IMG_0076_edited-1

Die omgewing is pragtig en in goue lig rys stewige kranse bokant ons uit…IMG_0078_edited-1

Die pad gaan skielik deur ‘n nou poort..dis die sleutel na die pragtige Baviaanskloof..IMG_0080_edited-1

Oppad is plase en winkeltjies…IMG_0081_edited-1

en pragtige natuurtonele…IMG_0082a_edited-1

en uiteindelik teen skemeraand die ingang na ons blyplek..IMG_0170_edited-1

‘n Baie gasvrye egpaar bedryf hierdie lodge al vir dertien jaar lank.Hulle was stadsmense wat alles gelos het en hierdie plek klip vir klip opgebou het…IMG_0220

Die huisies skakel pragtig in by die natuurlike omgewing en elkeen kyk uit op ‘n asemrowende kloof…IMG_0093_edited-1

Die binnekant is pragtig en so romanties,met die buitestort se uitsig oor die pragtige vallei…(kliek op die sirkelfoto’s om te vergroot).

Die onthaalarea is intiem en doelgeskik vir ‘n klein groepie mense en kyk uit  oor nog ‘n…IMG_0099

pragtige vallei..IMG_0100a_edited-1

Soggens hoor mens die bobbejane in die berge en besef hoekom hierdie plek Baviaanskloof heet..baviaan=bobbejaan..IMG_0097_edited-2

Die volgende oggend neem ‘n baie goed-opgeleide gids ons op ‘n staproete in die Sederkloof..IMG_0110_edited-1

Helder water vloei oral en mens kan dit drink.Die eienaars van die plaas, bottel die water vir hul gaste en dis verseker die lekkerste water wat ek nog ooit gedrink het..IMG_0116a_edited-1

Dis ‘n heerlike leersame wandeling en die gids wys ons op verskeie interessante natuurverskynsels…

Word vervolg.

Advertisements

31 thoughts on “‘n Reis op ‘n agterpad(3)…”

    1. Dries was jy al daar?Dis natuurlik ook ‘n natuurreservaat,maar moeilik om diere te sien,vanweë die berge en klowe.Daar heers ook ‘n droogte,maar die fonteine loop steeds.Die Kougadam is egter leeg en dit lyk hartseer.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s